Die fliek begin vandag hier te draai. Gister in Argus was daar menings van 6
mense oor die fliek.Baie interessant.
Kort opsommings ( in Engels) 1)Filmkritikus: You will get some people who
will pay good money to watch nearly two hours of a man being beaten, flayed
and nailed to a cross. The film is not about good moviemaking. It is about a
man with enough money to bring his own vision to the sscreen. The film has
merit in that it is convincingly portrayed in Aramic and Latin, and
excellent cinematography.If you are not familiar with the story, you will
probably get a bit lost and confused.
2) The Atheist: The production is of superb visual quality. How can any one
fail to be moved by such a story? Clearly illustrated by the philosophic
remark: men never do evil so completely as when they do it from religious
conviction. The bible books Mark and Matthew, source of the crucifixion
story, does not have acknowledged authors, so the stories are by word of
mouth, speculative and most probably fictional to some extend. Dated about a
generation after the crucifixion, they were improved by the passing of time.
I dispute the violence as depicted in the film for it is not reflected in
the biblical accounts.
Mark 15:15 and Mathew 27:26 each note in one verse only that he was scourged
just prior to the crucifixion.
3) The Muslim ( Shafic Morton - Voice of Cape Radio): I was initially
sceptical. The three great monotheistic faiths are uninanimous about the
status of Abraham, they are not when it comes to the son of Mary. Stunning
camerawork, evocative soundtrack and raw suggestive emotion carry the day.
By limiting the time frame, the film stays fairly close to the Christian
interpretation. Muslims will disagree with its content. The Islamic faith
believes that Jesus was not crucified, another person being substituted on
the cross. Jesus is one of Islam's most loved prophets. He is regarded as a
Rasul. A Messenger. In the film, where Jesus cries that God has forsaken
him, most Muslims will recoil with horror. Men of God represent the ultimate
in faith.It is simply inconceivable that a kind and compassionate Creator
would ever abandon his beloved, or sacrilege that one of his beloved would
ever think this.
4) The Catholic ( Lawrence Henry - Archbishop)
I found the film very faithful to the gospel. I found it very uplifting.
What was shown is the way we understood it to have happened. Some people in
the audience was very emotional. The allegations that the movie is
anti-semetic, can also be levelled as anti-Roman. But we, as Catholics,
understand that we are all responsible for the suffering of the Lord. That
is our belief that he suffered for our sins. Everyone should see this film.
Even young people - to appreciate the gravity of the sin.
5) The Jew ( Milton Shain - Director Jewish Studies UCT) Those who attend
the film will bring with them a certain baggage, Committed Christians will
refract the movie through a different lens to that of Christians with a
secular cast of mind. Jews will vies it through a prism of centuries of
Christian persecution. The movie did not convey my worst fears, but is
nevertheless harrowing. It is 126 minutes of unrelenting violence and blood.
A 14th century Passion play in 21st century celluloid.
Mel Gibson ignores decades of scholarships, effectively challenges the
theological decisions of Vatican 2 . Jesus's death is attributed slolely to
bloodthirsty and vengeful Jews. Given the power of cinema, the more
egregious errors in the movie will not be easily corrected by theologians.
6)The Pastor ( Errol Naidoo - His People Christian Church) Having heard and
read the story hundreds of times, nothing could prepare me for the
incredible moving experience that is Mel Gibson's movie.
The scourging and crucufixion scenes are particularly disturbing. The
brutality of the crucifixion is dealt with factually rather than
gratuitously.
What is clear is that the narrative unfolds to scriptural authenticity. Only
someone with complete ignorance of the doctrine of salvation will seek to
apportion blame to any particular group for the death of Christ. The
undelying message of the story of salvation is that the very purpose for
which Jesus was born was to die on the cross. The movie is a powerfull and
thoughtprovoking cinematic experience. I left the theatre emotionally spent
and decidedly more grateful to the humble carpenter from Nazareth.
In Duitsland is daar 'n orkes wat sit met 'n probleem wat wêreldwyd kan
uitbrei. Die vioolspelers eis hoër betaling omdat hulle meer note moet speel
as enige ander groep. Gaan hulle nou noot vir noot betaal word? Dan kan die
blaasinstrumentspelers ook mos meer eis omdat hulle fisies meer insit, die
spelers van groot instrumente meer eis omdat hulle swaarder intrumente
hanteer en die slaginstrumentspelers meer eis omdat hulle so lank moet
stilsit en tel.
Vanoggend op die nuus. Die VSA is in rep en roer en wil 'n Nederlandse
storieboek (vir kinders - ek weet ongelukkig nie watter ouderdom nie) verban
omdat die twee prinse met mekaar trou.
Is dit reg om kinders met homoseksualiteit te konfronteer, of moet mens
hulle daarteen "beskerm"? (Soos wat ons ouers gedoen het.)
Ek het niks teen homo's nie, maar wil nie my kinders grootmaak om homo's te
word nie... Het ek dan eintlik tog iets teen homo's?
Onlangs skryf ene Koivis-X op LitNet oor die gedagte dat Pretoria in
'n Afrikaanse stadstaat omskep behoort te word, kompleet met 'n
beskermende muur daaromheen. Dié stadstaat-idee stem ooreen met dit
wat al lankal in my agterkop broei. Lande soos België (10m mense) en
Nederland (16m) beskik slegs oor iets soos 33 000 vk km grondgebied,
so groot soos die Krugerwildtuin. In oppervlak verteenwoordig dit
slegs 2,5% van Suid- Afrika wat meer as 1,2 miljoen vk km beslaan. Vir
ons sal dit meer as genoeg wees: Pretoria en dele van die Rand, plus
'n stuk na die Oos-Transvaal toe waar daar eintlik geen mense woon
nie. Die oorspronklike Volkstaatraad het so 'n gebied geïdentifiseer
wat 'n meerderheid Afrikaners bevat. Ons moet 'n professionele studie
laat doen om presies te bepaal waar die grense van so 'n
Afrikanermeerderheidsgebied sal lê.
Indien nodig, kan ons anderstaliges vergoed om die gebied te verlaat.
Ek sien die proses om so 'n gebied te verkry as veel makliker en
haalbaarder as 'n dekadelange taal- en kultuurstryd wat nou reeds blyk
verlore te wees, want Engels het eenvoudig oorgeneem in Suid-Afrika en
die grondwet word glad nie toegepas nie. Eerder as wat ons aanmekaar
hofsake voer, betoog en stry om onsself te handhaaf binne hierdie
vyandige omgewing, sal 'n oplossing waar ons 30 000 vk km bekom, vir
ons en vir die res van Suid-Afrika die sogenaamde wen-wen-situasie
verteenwoordig.
Suid-Afrika sal ontslae wees van 'n klomp moeilike Afrikaners wat
aandring op veeltaligheid, Afrikaanse skole en universiteite, beter
polisiëring, ens, wat die land tans net geld kos en niks bydra om 'n
nuwe nasie tot stand te bring nie. Bevry van ons, sal die res van die
land met rasse skrede vooruitgaan, en Engels- eentaligheid kan
ingestel word soos die ANC  en die Demokratiese Party, let wel  in
1994 wou gehad het. Sonder Afrikaners sal regstellende aksie en swart
bemagtiging ook baie vinniger toegepas kan word sonder dat ons nog
poste beset. Grondhervorming kan deel wees van die
onderhandelingspakket, en in ruil daarvoor om afstand te doen van hul
plase, kan ons boere hul vryheid bekom. Agterna sal die Afrikanerstaat
hulle weer help om op hul voete te kom, en oor te skakel na
hidroponiese boerdery soos die Hollanders reeds op 'n groot skaal
beoefen met behulp van robotte en ander vorme van tegnologie.
Hoewel ons aanvanklik slegs 'n 70% meerderheid sal uitmaak in ons
gebied, sal die toestroming van Afrikaners vanuit die res van die
land, asook vanuit Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Engeland en oral
waar ons mense tans in ballingskap verkeer, na die Afrikaanse
Republiek aanstons 'n 85 tot 90% Afrikanermeerderheid verseker,
soortgelyk aan die meeste Wes-Europese lande wat as etnies homogeen
beskou word.
Jy het heeltemal gelyk om Switserland te betrek. Grenswerkers maak 25%
van die arbeidsmag van Switserland uit, en terwyl daar grensposte op
die Ben Schoeman tussen Midrand en Johannesburg sal wees, sal mense
vrylik heen en weer kan pendel tussen Azanië en die AR. Ek dink ons
moet die 1910-staat en sy kleurlose geografiese benaming maar finaal
die doodskoot gee; dis 'n oorblyfsel uit die koloniale tydperk waarvan
ons en die ANC maar te bly sal wees om van ontslae te raak. Azanië is
'n baie mooi naam, en toe ek destyds vir Beyers Naudé hoor praat het
toe hy nog ingeperk was deur die apartheidsregering het hy ook gesê
dat die nuwe land Azanië sal heet. Hier is 'n naamsverandering wat
reeds lankal moes plaasgevind het. Dis net konserwatiewes en mense wat
nie verandering kan hanteer nie wat vasklou aan "Suid- Afrika".
As jy al ooit per motor verby die Switsere grensposte beweeg het, sal
jy weet dat 'n mens 40 Switserse frank moet betaal vir 'n "vignette"
om die snelweë te mag gebruik. Buitelandse grenswerkers sal almal
toegerus word met 'n plakker op die ruit van hul motor om aan te dui
dat hulle 'n jaarlikse belasting betaal het om ons paaie te gebruik.
In ander opsigte, soos in Switserland, sal daar streng toegangsbeheer
wees. Enige buitelander wat hom aan 'n misdryf skuldig maak, sal
permanent as ongewenste immigrant verklaar word en net soos in Europa
sal ons goed opgeleide en besoldigde polisie konstant
identiteitskontroles uitvoer om seker te maak dat elkeen op ons
grondgebied die reg het om daar te verkeer. Alle nie-burgers sal
insgelyks jaarliks, driejaarliks of vyfjaarliks moet aansoek doen om
hernieuwing van die nodige werk- en verblyfpermitte. Te alle tye sal
almal in die land, sowel burgers as nie- burgers, ons onvervalsbare
identiteitskaarte moet dra, soos die geval is in die meeste Europese
lande.
Burgerskap van die Afrikaanse Republiek, wat in wese die enigste
OECD-land in Afrika sal wees, sal uiteraard geweldig gesog wees,
soortgelyk aan dié van Switserland waar mens tien jaar moet woon
voordat jy hoegenaamd vir burgerskap in aanmerking kom. Weens die hoë
pryse van eiendom en grond in ons klein landjie, sal dié voorreg
ongelukkig slegs vir 'n uitgesoekte élite beskore wees, behalwe nou
natuurlik mede-Afrikaners wat soos jy sê uitgesoek sal word op grond
van hul Afrikaanse taalvaardigheid, opleidingsvlak en potensiële
bydrae tot ons ekonomie. Om ons bevolkingsgroei te stimuleer sal daar
belastingtoegewings aan jong gesinne en mense met kinders wees. Ons
behoort ook aktief immigrante in Nederland, Vlaandere en Duitsland te
werf, want tradisioneel het sulke mense binne een geslag by ons
geïntegreer en geassimileer, en hul verwante tale maak dit ook soveel
makliker om Afrikaans aan te leer. Ons demografiese doelwit behoort te
wees om ons bevolking binne een geslag te verdubbel tot vyf miljoen,
soveel soos die Dene.
Ons grondwet sal alle internasionale menseregte- beginsels eerbiedig,
en ons sal die VN se konvensie teen rassisme, xenofobie, ens
onderteken. Dit sal Azanië of enige ander land vry staan om ons voor
die Internasionale Hof in Den Haag te daag indien ons versuim om
daardie of enige ander verdrag of menseregtebeginsel na te kom. Op ons
beurt sal ons streng optree teen lande in Afrika wat
menseregteskendings pleeg, deur ekonomiese sanksies en ander
maatreëls, in oorleg met die internasionale gemeenskap.
Ons buitelandse beleid sal, afgesien van 'n goeie verhouding met
Azanië, gerig wees op die VSA en die Europese Unie, met die klem op
die Benelux, Frankryk en Duitsland, ons stamlande waarmee ons ook
tradisioneel handel dryf. Waarskynlik sal sowel BMW as
Daimler-Chrysler se huidige Suid-Afrikaanse hoofkantore binne ons
gebied val.
In ons klein landjie sal Afrikaans bloei soos nog nooit tevore nie, as
gevolg van 'n geïntegreerde beleid sover dit taal, kuns en kultuur
betref. Waar nodig sal klassieke musiek, vertalings in en vanuit
Afrikaans, film, radio, TV en internet, gesubsidieer word ten einde
Afrikaans op gelyke voet met ander tale te stel. Die Universiteit van
Pretoria sal weer eens 'n Afrikaanstalige instelling word en enige
buitelandse student wat daar wil studeer sal eers 'n intensiewe
taalkursus moet volg, met 'n taaltoets voordat hy of sy toegelaat
word. Ons skole sal 'n klassieke kurrikulum aanbied met die klem op
Afrikaans en wiskunde, maar ook vreemde tale waar Engels geen "tweede
taal" sal wees nie, maar net een tussen ander, soos Duits, Frans of
Italiaans.
Azanië sal steeds die minerale rykdom van die huidige Suid-Afrika
beheer, maar tydens die onderhandelinge behoort ons aanspraak te maak
op die Krugerwildtuin wat ná alles deur Paul Kruger aangelê is en ons
behoort toe te kom. Afgesien van toerisme, veral kulturele toerisme
wat aan die 120 miljoen baie ryk Germaanse taalsprekers in Europa
bemark sal word, sal ons ekonomie gebaseer wees op vervaardiging, hoë
tegnologie, finansiële en mediese dienste, asook die militêre
nywerheid wat tradisioneel rondom Pretoria voorkom. Ek voorsien egter
dat ons die groot aantal Afrikaanse dokters in Kanada sal kan teruglok
hierheen en dat ons operasies en ander behandeling aan mediese
toeriste vanuit Brittanje gaan aanbied want daardie land se nasionale
gesondheidstelsel is besig om in duie te stort weens swak bestuur en
'n ouerwordende bevolking. Ons tariewe sal uiters mededingend wees,
vergeleke met dié op die Europese Vasteland of Switserland, en 'n
groot aantal Britte sal hierheen stroom vir behandeling in ons
privaatklinieke en -hospitale. Uiteraard sal die mediese skool by
Tukkies weer verAfrikaans word en 'n groot aantal van ons jongmense
sal hulle in die mediese beroep bekwaam sonder dat die woord "kwota"
ooit weer gehoor sal word.
Pretoria sal sy eie aandelebeurs hê en meeding met dié in
Johannesburg. Die groot aantal Afrikaanse aandelemakelaars in
Johannesburg sal oortrek Pretoria toe en in samewerking met een of
ander Europese beurs sal ons vryhandel in aandele aanbied sonder enige
vorm van belasting op finansiële transaksies, soortgelyk aan Hong Kong
of Singapoer.
Staatsamptenare in die Afrikaanse Republiek sal soos in Frankryk
mededingende eksamens moet aflê om poste te bekom. Toelatingsvereistes
tot die hoër poste sal geweldig straf wees en elkeen sal soortgelyk
aan die Franse model 'n intensiewe tweejaar-kursus moet loop aan 'n
hoër instelling. Ook ons politici sal hierdie vorm van opleiding moet
ondergaan omdat ons nooit weer wil toesien hoe ons deur onbekwame en
oningeligte mense regeer word wat heeltemal uit voeling is met die
internasionale politiek nie.
Die regeringsvorm sal 'n liberale demokrasie wees en ek vermoed dat
daar twee politieke faksies sal bestaan: 'n regse
Christen-Demokratiese party wat godsdiens op skool en 'n morele
ordening van die samelewing voorstaan, asook 'n Liberale Party wat
meer ingestel sal wees op sekulêre opvoeding en individuele vryheid.
My vermoede is dat die Liberale Party die verkiesings sal wen, hoewel
die Christen-Demokrate ook 'n groot invloed op beleid sal uitoefen
weens die groot aantal konserwatiewe en godsdienstige Afrikaners. Aan
die heel linkerkant sal daar 'n onbeduidende aantal klein partytjies
wees wat heraansluiting by Azanië bepleit, 'n Kommunistiese Party met
minder as vyftig lede en moontlik 'n kleinerige Groen Party.
Radiolisensies sal vrylik toegestaan word vir alle beskikbare
frekwensies, en 'n groot aantal Afrikaanse stasies sal op die lug
wees, anders as in Azanië in 2004 waar daar Stalinistiese beheer
toegepas word en geen nuwe Afrikaanse lisensies toegelaat word nie.
Daar sal 'n openbare TV-kanaal wees met hoë- gehalteprogramme, veral
aktualiteits- en kinderprogramme. Die Afrikaanse republiek sal egter
ook groot klem plaas op geletterdheid en die bevordering van geskrewe
Afrikaans in al sy vorme. Alle openbare kennisgewings, reklame,
restaurantspyskaarte en dergelike meer sal volgens wet slegs in
Afrikaans wees. Waar prakties nodig, sal vreemde tale naas Afrikaans
toegelaat word, maar soos in Québec moet dit streng in 'n
ondergeskikte posisie wees, en slegs 30% van die grootte van enige
Afrikaanse kennisgewing.
Die Afrikaanse Republiek sal verreweg die veiligste land in Afrika
wees, veiliger as die meeste groot lande in Wes-Europa en beslis baie
veiliger as die VSA of selfs Kanada. Ons polisie en ander
veiligheidsdienste sal die modernste toerusting ter wêreld hê, asook
konstante opleiding ondergaan in misdaadbestryding. Alle vorme van
georganiseerde misdaad, dwelmhandel, handel in gesteelde goedere,
motordiefstal en -kapings sal genadeloos beveg word en die publiek sal
met die polisie saamwerk om die hele samelewing op 'n ordelike
grondslag te plaas waar die eiendom, lewe en vryheid van elke burger
deur die staat gewaarborg word. Azanië sal heel waarskynlik sy posisie
behou as die grootste uitvoerder van dagga ter wêreld, maar die
Afrikaanse Republiek sal nie meer deel van daardie land se mark wees
nie. Hier en daar mag dwelmtoerisme na Azanië onder ons jeug voorkom,
iets wat deur die owerhede ontmoedig sal word.
Terwyl mure en ander strategiese versperrings, waar nodig, aan die
buitegrense aangebring sal word ten einde onwettige immigrante,
misdadigers en ander ongewenste elemente uit te hou, sal die regering
sy burgers aanmoedig om alle binnelandse mure af te breek sodat mense
vrylik kan sirkuleer en hul openbare ruimtes, veral stedelike ruimtes,
kan benut. Pretoria sal, benewens die sentrum van regering en
finansies, ook die wêreldwye Afrikaanse kultuursentrum verteenwoordig,
'n kunstefees sonder ophou, met teaters, bioskope vol Afrikaanse en
oorgeklankte films, straatkafees, boekwinkels vol Afrikaanse boeke,
museums, kunsuitstallings, boetieks, ens. 'n Eg- Afrikaanse modebedryf
sal in dele van die stad gedy, en besoekende toeriste sal die jongste
modes in die stad kom bewonder en hul dollars en euro's uitgee op
stylvol ontwerpte items, soortgelyk aan dit wat te vinde is in
soortgelyke buurte in Milaan, Parys of Antwerpen. Die sypaadjies sal
naweke krioel van die mense wat kom om die stadslewe te geniet, en te
deel in die voorreg om 'n burger van die republiek te wees: veilig,
Afrikaans en welvarend.
Binne die eerste paar jaar sal die Afrikaanse Republiek reeds die
tweede grootste ekonomie in Afrika suid van die Sahara hê, ná Azanië
en voor Nigerië. Binne tien tot vyftien jaar behoort ons Azanië vir
goed agter te laat en die vlak van Denemarke, Noorweë of Finland te
bereik. As die sterkste moondheid op die Afrikavasteland sal ons die
aandag en respek van die hele wêreld geniet. Oral ter wêreld by ons
ambassades sal daar Afrikaanse Institute gevestig wees waar ons taal
en kultuur uitgedra sal word, en duisende buitelanders sal dit
aanleer, ook in Azanië, in die hoop dat hulle eendag tot ons
utopie-in-die-kleine toegelaat mag word.
Maar in die raadsale van die republiek sal die aanvraag om in ons
voorspoed te kom deel, met groot omsigtigheid gehanteer word. Elke
aspek van staatsbeleid sal lank bestudeer en gedebatteer word, elke
internasionale uitspraak of verwikkeling sal met 'n arendsoog dopgehou
word, want voortdurend sal 'n nuwe geslag staatsmanne na die donker
jare aan die einde van die twintigste eeu verwys toe Afrikaners hul
vryheid verloor het en gebuk gegaan het onder die absurdste
diskriminasie, toe hul taal onderdruk is, hul identiteit aangeval is,
toe hulle selfs nie eens hul eie mense vrylik in hul eie ondernemings
kon aanstel nie. En in tye van nood of verdeeldheid in die land, sal
almal terug verwys na die "Donker Tyd" toe ons onvry was, en mekaar
wedersyds aanspoor om eerder kleinlike rusies by te lê as om ooit weer
die gevaar te loop om ons vryheid en soewereiniteit prys te gee.
Die afgelope naweek is 'n koeksister ter versoening aanmekaargeslaan.
Die koeksister was 30 m lank, die geleentheid was in Die Tuine hier in
Kaapstad, en die poging het bestaan uit die een helfte volgens die
Afrikaanse resep, en die ander helfte uit die Maleise resep. Albei kulture
maak die koeksister hul eie, op hul eie manier. Die maleise koeksister word
in klapper gerol, terwyl die afrikaanse koeksister drup van die stroop.