Nuusgroep toegang
Ma., 15 Maart 2004 12:01
Ek gebruik my Bellsouth lidmaatskap om toegang te kry to die nuusgroepe.
Dit werk egter net in dit 9 suidelikke state van Amerika.
Aangesien ek baie reis vir my werk bevind ek myself meeste van die tyd in
die "Caribbean", sonder toegang tot die nuus groepe.
Kan iemand dalk iets aanbeveel wat beter toegang kan verskaf?
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Alles rustig?
Ma., 15 Maart 2004 07:03
Alles is rustig, dis nou behalwe die verkiesings, bomme, rugbyoorwinnings en
gevangde veiligheidswagte, begin regter Siraj Desai se hofsaak vandag in
Indië. Miskien verskil die Indiese regstelsel 'n bietjie van ons s'n.
--
Annette
)
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Die stoute "veiligheidswagte"
Ma., 15 Maart 2004 06:54
Lyk my daar is baie meer ophef oor die storie hier as in Angola en Namibië,
alhoewel daar meer mense van daardie twee lande is wat gevang is.
Almal het egter SA Paspoorte gehad.
Ons Dept van Binnelandse sake slaap nie:))
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
13 kommentare
Hoekom so straf?
Ma., 15 Maart 2004 05:10
Verlede Donderdag is 4 fietsryers op pad na die Argus fietstoer oorlede.
Drie van hulle was die enigste kinders van 'n gesin . Al drie die kinders,
tussen 23 en 27,het nog by hul ouers gebly.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Wie is die Sportkommissie?
Ma., 15 Maart 2004 04:16
Wie is die sportkommissie - wie dien daarop en word hulle voltyds betaal?
Na 10 jaar wil hulle steeds die Springbok verwyder. Waarmee hou hierdie
regering hom besig? Waarom fokus hulle nie op die werklike probleme soos
gesondheidsorg/onderwys/misdaad nie?
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare
Spierwit = Muscle White?
Ma., 15 Maart 2004 03:23
Hi,
I'm learning about Afrikaans and I came across "spierwit" on a list of
color words. It supposedly translates into "muscle white", but I just can't
figure out how the color white associates with muscle. The picture I form in
my mind is of a bicep completely drained of blood, which is a bit gruesome.
Assuming "spierwit" isn't a completely made up term, how did it come into
being?
Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe |
10 kommentare
Wat laat jou dink dis verkiesing? Die sprinbok kop moet al weer waai ...
So., 14 Maart 2004 18:57
Ja - net soos ons geleer het om te verwag van die liewe Regering,
sodra die verkiesing aankom word die springbok weer op die altaar
geplaas vir stemme! Blykbaar het Songezo Nayo SARFU Chief Executive
(WDFIH?) dit in Sydney gaan staat en aankondig. Praat van ons naam gat
maak ... blykbaar moet die protea op baadjies en caps gedra word maar
die spingbok mag op die trui veskyn? Huh?!
Kom ons laat daai bok se doppie nou klap en raak vir eens en altyd van
die blerrie dem ding ontslae - vandag se 'springbokke' is in elk geval
nie werd om bokke genoem te word nie. So of hulle bok of protea genoem
word hulle is in elk geval maar useless want tussen Sarfu en die
afrigters se geknoei en al die primadona spelers se najaag van hulle
volgende kontrak kan ons nie 'n hond haaraf maak nie. Dan kan die spul
in beheer tog 'n ander plek soek om in te krap - dit jeuk lankal nie
meer om die springbok wapen nie. Verander sommer die kleure van die
truie na die regering se kleure - dan het hulle rede om so swak te
speel.
Kry tog nou verdomp klaar en hou op om die ou koeie uit die sloot op
te grawe en te melk vir nog 'n paar stemme (En daar laat ek darem nou
'n hele paar idiome sneuwel :d ).
Cheers
Lou
Sport & ontspanning |
5 kommentare