Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » terugdruk
terugdruk [boodskap #153538] Do., 12 November 2026 11:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27108
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
terugdruk
Afbreking: te•rug•druk
Samestelling: terug + druk


Werkwoord: druk terug, terugdruk
Verlede tyd: het teruggedruk

Betekenis:
• Om iets deur druk na sy oorspronklike plek of posisie te skuif.
• (figuurlik) Om weerstand te bied.

Gebruik:
• As die lewe jou druk, dan druk jy terug!
• As die tandepasta uit die buisie is, kan hy dit nie weer terugdruk nie.
• Die soldate het die aanval afgeweer en die vyand teruggedruk.

Sinoniem:
• terugdryf
• terugplaas
• terugskuif
• terugstamp
• terugstoot

Afgelei:
• terugdrukking

Vertaling:
Engels: to push back, force back, repel
Nederlands: terugduwen, terugdringen, afweren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do., 12 November 2026 11:37]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: soutpilaar
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Nov. 12 13:09:56 UTC 2026