Wie se geld betaal vir die volkleur volblad advertensies in al die groot
koerante die afgelope naweek - waar die familie almal bedank vir die
ondersteuning tydens die dood van Dullah Omar? Die landswapen en Dept van
Vervoer onderaan gee 'n goeie aanduiding.
--
Annette
Ten spyte van die media en bakleiery vir aandag, blyk dit dat die Merrim en
haar gewillige span prossies blykbaar die gewildste aanbieding is onder die
manne wat die KKNK bybring;))
Dis nou manne met mannemoed:)) Ons sien net by die Met manne wat avontuurlik
aantrek - by geen ander geleentheid nie. Waar anders gaan jy 'n manlike
paartjie kry wat rondpronk in pakkies wat van geblomde gordynstof gemaak is?
--
Annette
Happy Sindane is weer in die nuus - die keer omdat hy in 'n kritieke
toestand in die hospitaal is omdat hy blykbaar eers deur 'n taxi, en toe
deur 'n ander motor raakgery is.
Dit is nie seker hoe hy in die pad voor sy blyplek beland het nie - daar is
bespiegelings van dronkenskap of selfs 'n epileptiese aanval.
Miljoene mense gaan deur die lewe sonder dat hul naam een keer in die media
verskyn. Hierdie 19-jarige het nou al 2 keer binne 'n jaar die
hoofnuusbuletins gehaal.
--
Annette
Annette - ek kon in die afgelope week geen beriggewing kry in die regering
se media oor die insident waarin die twee vroue verkrag is nie.
Dit sal seker nie goeie verkiesingspublisiteit wees nie. (Maar sou die
lydende partye swart gewees het sou die SABC 'n prys vir die dekking daarvan
gekry het...)
Is die Liedboek van die NG kerk op CD beskikbaar? Indien wel waar? Ek het
'n email probeer stuur na lied...@mailer.luxverbi-bm.co.za waar dit het
onafgelewerd terug gekom.