Loodsing van eie Geldstelsel
Di., 27 April 2004 12:06
Loodsing van eie Geldstelsel
Die amptelike loodsing van Orania se eie geldstelsel vind op Donderdag 29
April om 18:30 plaas in Orania se Gemeenskapsaal.
Om hierdie geleentheid te vier word die eerste 100 reeksnommers in 'n
netjiese gedenkverpakking beskikbaar gestel. Elke verpakking bestaan uit
vier note (Ora10, Ora20, Ora50 en Ora100) met dieselfde reeksnommer.
Met die loodsing sal daar 'n veiling van die eerste tien gedenkstelle (met
reeksnommers een tot tien) plaasvind. Enigeen kan 'n bod plaas vir een of
meer van hierdie waardevolle stelle. Persone wat nie die
loodsingsgeleentheid kan bywoon nie, maar wel 'n bod op van die eerste tien
stelle wil plaas, kan met die kantoor van die Orania Beweging skakel om die
nodige reelings te tref.
Reeksnommers 11 tot 99 word verkoop vir R250 per stel. Reeksnommer 100 is te
koop vir R500.Hierdie gedenkstelle kan aangekoop word by die kantoor van die
Orania Beweging. Skakel gerus die Orania Beweging by 053 - 207 0062 indien u
daarin sou belangstel om so 'n gedenkstel te bekom.
Ekonomie & geldsake |
2 kommentare
Al weer 'n paar SA Spelers ge-'site' - is on STUPIT of wat?
Di., 27 April 2004 07:34
Corne Krige geskors, AJ Venter (weer) in die moeilikheid ens ens ens.
Vir ouens wat profesionele salarisse kry is dit bloot nie aanvaarbaar
nie!
Geen wonder die ander lande sien ons as vuil, ongedissiplineerde
spelers nie.
Dit is een van twee dinge:
1) Of al die spanne speel vuil en die SA spelers is dom genoeg om dit
openlik te doen.
2) Of slegs die SA spanne speel vuil en die ander spanne is net beter
daarmee om ons spelers kop te laat verloor.
'n Vraag - waarom site die SA spanne nie oorsese spelers nie - mens
sien genoeg voorbeelde van vuil spel wat deur die skeidsregters gemis
word - die 'Cowboys don't cry' houding van SA rugby veroorsaak dat ons
spelers eleke keer aan die kortste end trek - byvoorbeeld die vuishou
van Deallio wat Tinus Delport se oogbank opgeslaan het in die Engeland
/ SA toets was m.i. erg genoeg vir skorsing. Ek is seker die spul
Enegelse sou seker gemaak het dat ons speler verkla is as die rolle
omgeruil was.
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
doe de test
Ma., 26 April 2004 18:06
Als je echt wil weten met wie je getrouwd bent klik dan op de site hieronder
Soos julle weet is daar etlike mense, wat toe hulle nuwe ID's of paspoorte
gekry het, agtergekom het dat hulle getroud is met 'n volslae vreemdeling.
Ons paspoortinligting is op die internet beskikbaar - gaan kyk en maak seker
dat jy nie 'n nare skok kry nie.
http://www.humnri.com/enter/passport
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Kanadese robbe vir Gloudina
Ma., 26 April 2004 13:31
Ou antie, jy ignoreer nog heeltyd die vraag, maar aangesien jy so graag jou
neus in ons sake steek doer uit Kanada uit, hoekom vertel jy nie bietjie vir
ons wat julle doen ivm die massiewe slagting van robbe hierdie jaar in jou
voorbeeldige land nie? Wat doen jy om dit teen te staan, of sê bietjie
vir ons hoekom jy dit goedkeur? Stilswye is ook goedkeuring!
Koeitjies & kalfies |
35 kommentare
Inglesias
Ma., 26 April 2004 04:38
Inglesias Jr kom vandag in Kaapstad aan - met Kournikova op sleeptou - sy is
glo deel van die konsert. Gaan jy dit daar by julle kyk Elaine?
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
9 kommentare