Met die misdaad wat orals eskaleer, het ons buurdorp besluit om 'n buurtwag
op die been te bring. Daar is vir riglyne van die polisie gevra en die
volgende dokument is afgelewer....in suiwer Namlish!
1. Station Commander must inform per letter about the neighbor guard dutys
as well the Regional Commander Walvis Bay.
2. Neighbor guard can moved with licensed firearms and with identity card
attached on body to can be identified as a member of these squad.
3. They can also moved with dogs to defence himself but dogs must stay on
control.
4. Fire arms must only be used in time when life is in danger or these of
another person.
5. A arrest can be done by these guard when a crime is done in his
presence or also by instruction by a police officer.
6. A arrest can also be done when a person is suspected for a offence or
can be done a busy to do a offence.
7. Signs can be bring on at the outside by town to inform tourist to
inform him that these town will guard by neighbour guards.
8. The Station Commander must be inform immediately when something
seriously found place.
Red nou 'n volk met so 'n taalgebruik! Een ou vertel my van sy goete wat
gesteel was en die verslag wat die polisieman uitskryf het die assuransie
mense lank laat kopkrap en laat lag. Die ou het geskryf van
'wodrobs'..........wardrobes!
Sy is 'n baie oulike en belese persoon. Goeie aanstelling.
--
Annette
"TJ" skryf in boodskap news:c7htf4$89c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dianne Kohler Barnard appointed
> DA spokesperson on Arts and Culture
>
> Ex-Safm radio announcer Dianne Kohler Barnard - recently sworn in as a
> Democratic Alliance member of parliament - has been appointed their
> spokesperson for Arts and Culture.
>
> In a pre-election PANSA inter-party arts debate Kohler Barnard called for
> the establishment of a dedicated Arts and Culture Ministry - and one has now
> been created. She aims to tackle the development of a national arts data
> base, looking into the dearth of funding for artists and to call for action
> in relation to the ongoing dysfunction and non-delivery on the part of the
> National Arts Council.
>
> Kohler Barnard said as press freedom is being impinged upon, so is the
> freedom of expression on the part of our artists is being threatened.
>
>
> ENDS
>
> Issued by Dianne Kohler Barnard
> Cape Town
>
>
> www.artslink.co.za
>
Ken iemand `n ou gedig/lied met die naam van Josefslied? `n Ou antie
van my het die ding in haar kop, maar kan nie die woorde mooi onthou
nie en maak my nou klaar om dit uit te vind. dit moes seker vroeer
jare in nederlands gewees het. Hier is wat sy kan onthou:
Ver van Hebrons groene dale,
sien wij jonge Josef dwale
In het woeste veld alleen
in het woeste veld alleen
Ver van die huis van syne vader
hom een vreemd man kwam nader
in het woeste veld alleen
in het woeste veld alleen.....
Kan iemand dalk help? Die ding het blykbaar 12 verse gehad.
Ek het gister Middelburg toe gewees. Neen, ek praat nie oor die
Middelburg van Suid-Afrika nie; ek praat van Middelburg in Nederland.
Ek het daaroor met my digitale kameraatje 'n impressie gemaak en op my
tuisblad gepubliseer. Ag, dis niks bysonders nie. Dis sleg daglikse
ordinêre fototjies. Maar dis miskien wel mooi om eens te loer. Hier
staan alles: http://users.skynet.be/fa112974/for_myriam/pictures.html
(Moet wel weet: dis slegs vir mense wat breedband hê (ADSL of kabel)
want daardie foto is almal baie groot, 9,5 MB tesaam!!!!!)
Ek het wragtag gedog die dag sal nooit kom dat ek die nuwe bedeling sal
toejuig nie, maar nou het dit gebeur. Toyota is beboet vir ontwettige
praktyke ivm 'price fixing' by handelaars. Dis algemene kennis by kopers
van Toyotas dat die maksimum afslag wat jy op 'n Toyota kan kry 12,5% is.
Dit beteken dat jy vir 'n Toyota dieselfde prys in Pretoria, JHB, Kaap,
Walvisbaai, ens. betaal. Reg deur die land, presies dieselfde. Geen
handelaar mag jou laer kwoteer nie. Dit roep die regering blykbaar 'price
fixing' en onwettig.
Dit skep natuurlik 'n aaklige probleem vir die groot handelaars in die
groter sentra en 'n lekker ene vir die kleiner handelaars op die platteland.
Op die kleiner plekkies beweeg hul voorraad nie so vinnig nie, maar is hulle
bokoste dalk nie so hoog nie en kan die mense 'n groter afslag gee om sy
voorraad te skuif. Uiteindelik gaan dit beteken dat die koper in die stad
nie net in die stad moet soek vir sy nuwe kar nie.....vra kwotasies ook op
die platteland.
Hier by ons in Namibië het ons Minister van Grondhervorming en
Rehabilitasie, Hifikepunye Pohamba, gesê dat meer as 4 miljoen hektaar
ONONTWIKKELDE grond is beskikbaar vir hervestiging, maar die probleem is dat
die hervestigdes op ontwikkelde grond hervestig wil word. Dit skep
natuurlik een moerse probleem. Op die ontwikkelde plase sit boere wat
produseer om die mense te voed en as jy hom daar afvat en jy sit
hervestigdes daarop wat slegs 'n bestaanboerdery voer, dan vernietig jy die
land se vermoë om kos vir homself te produseer. Dis tog net logika.
Hierdie tipe van nonsens laat geen twyfel meer dat die hele hervestiging van
'voorheen benadeeldes' op plaasgrond, slegs 'n politieke speelbal in die
hande van visielose politici is.