Dit wil voorkom of die kommersiële boere in ons land besig is om hul eie gat
te grawe. Die 15 plase wat onteïeningskennisgewings gekry het, is deur
die regering 14 dae gegee om te reageer op die voorstel. Dit het hulle die
kans gegee om hulle saak te stel oor hoekom die grond nie onteïen behoort te
word nie. Soos bv te verduidelik die redes hoekom die plaas dalk nie té
groot is nie, dat die eienaar of verwante wel 'n Nam burger is, dat die
grond dalk nie so geskik is vir hervestiging as wat die regering dalk dink
nie, wat ook al. Dit wil voorkom of hulle die raad van prokureurs volg en
glad nie reageer nie en daardeur dalk hul saak veel erger maak. Waar
redelikheid dalk die dag kon red, gaan politiek nou sy kop uitsteek.
Sekerlik blyk dit dat van die onteïeningsbevele op plase gedien was uit
wraak vir arbeids- en ander probleme op die betrokke eiendom in die verlede,
weet ek nie of kliphardegat wees en direk hof toe gaan die antwoord gaan
wees nie.......
villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,
kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.
snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier
in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
Vleis Visagie - oud-Springbokslot, is uit op R1500 borgtog na 'n vreeslike
skietongeluk. Blykbaar het hulle onlangs twee voertuie agv diefstal op hul
kleinhoewe verloor. Toe sy vrou Sondagoggend om 5vm hul dogter se kar hoor
ry, het sy hom wakker gemaak, omdat sy seker was hierdie voertuig word ook
gesteel. Hy het glo deur die venster na die voertuig geskiet, en sy oudste
kind ( 19) , en enigste dogter, noodlottig in die nek gewond.
'n Ondersoek op die hoogste polisievlak is landwyd van stapel gestuur na
bewerings van bedrog en korrupsie in polisie-eenhede wat aansoeke om
vuurwapenlisensies ontvang, verwerk en met aanbevelings na die polisie se
hoofkantoor in Pretoria stuur.
bron:beeld
Vind je de site leuk en wil je helpen www.bekeken bekend te maken,
stuur dan dit mailtje door naar je bestand van vrienden, kennissen en
relaties in Nederland, België, Suriname, Antillen, Zuid Afrika, Australië,
Canada en Indonesië.
Hierdie jaar was daar 'n klomp nuwe goed te proe - gedroogde wors wat eers
in olyfolie gelê het. Volstruisbiltongpattee, Gepiekelde aspersies met peper
( my keuse) en roosmaryn. nuwe sjokolades, koekies, souse wat mens met
vleis, vis of roomys kan geniet, en natuurlik koffie. Daar is nou 'n ystee
op die mark wat in poeirvorm uitkom - baie lekker. Oatees ringetjies was ook
nuut, ek het my vereet aan die nuwe Harrismither kampioenkaas en ek het my
dag gister begin met 'n whiskyproe, mampoerproe, bierproe en wynproe om 'n
aptyt op te wek vir die calimarirepies en marog