Ons het al voorheen hieroor gepraat, maar die stringe raak te lank en ek kan
nie onthou waaronder wat is nie!
Soos jy weet het ek so 'n effe van 'n probleempie met joernaliste en terwyl
jy beskikbaar is, sal ek baie graag die volgende van jou wil weet: Wat
kwalifiseer 'n joernalis vir 'n spesifieke rigting? Kyk, ons almal weet
dat 'n gekwalifiseerde joeranlis gaan universiteit toe en daar leer hy
sekerlik dinge ivm met die media, onder andere taalgebruik, samestelling,
ens. Gaan hy uit in die lewe en hy begin werk by 'n koerant of tydskrif
dan neem ek aan hy word aangestel in 'n afdeling waar sy belangstelling lê
en so deur die jare raak hy meer ervare in 'sy' veld en uiteindelik kry jy
'n sportjoernalis of 'n motorjoernalis, of wat ook al? Later dalk
sportredakteur, ens.
Nou, lees jy die koerante of tydskrifte, dan sien jy orals joernaliste
wat meings uitspreek oor die betrokke sport en baie van hierdie menings kan
verskriklik kontroversieel wees. Kom ons vat 'n voorbeeld: Sê 'n
motorjoernalis skryf oor motorsport en Formule 1. Sekerlik kyk hy die
sport baie op TV, lees baie nuusbronne daaroor en kry dalk ook geleenthede
om Grands Prix oral oor die wêreld by te woon en dit maak hom wonderlik om
oor die sport en die gebeure verslag te doen.
Maar nou is ons joernalis nie tevrede nie. Sensasie verkoop koerante
en sensasie gaan maak dat sy naam dalk op die voorblad verskyn, gewone
beriggewing plaas hom in die middelblaaie. As hy enigiets kontroversieel
kan opdiep, of skep, hoe beter vir sy toekoms dus. Wat maak dit bv saak of
Schumacher en sy span 'n GP met 'n meesterlike poging wen, as ons joernalis
toevallig gesien het hoe krap Schumacher dalk sy hol en hy het 'n foto, dan
het hy die voorblad. As hy sy woorde so kan omvorm dat hy die een of ander
kontroversie kan veroorsaak in verband met die bestuurders en hul aksies,
nog te beter. Die pen is magtig......en hy moet darem sy lewe verdien, hm?
Nou wil ek van jou weet: Hoeveel joernaliste ken jy wat 'n absolute
kenner is op 'sy' veld. Iemand wat oor Formule 1 skryf wat al self al
deelgeneem het daaraan. Of iemand wat oor rugby skryf wat self al
kompeterend op 'n hoë vlak gespeel het, ens. Iemand wat die 'inside' van
'n sport ken....wat wéét hoe dit voel om deel te neem en hoe moeilik dit is
om op 'n hoë vlak te presteer. Iemand wat nie net bloot sit en teoretiseer
nie, maar werklik weet wat aangaan. My probleem is dat hierdie mense, via
die media, 'n te groot invloed uitoefen op die publiek. 'n Invloed wat
hulle eintlik nie waardig is nie.
Moenie vir my kom sê van die vryheid van die pers nie. As die klas
ding toegelaat word, dan sê dit nie veel van die integriteit van die
joernalistiek en sy mense nie! Vat byv. die Rapport op Sondae. Die
sportredakteur sit Sondag na Sondag en skryf rugby en sy spelers stukkend in
'n sarkastiese rubriek wat HY en sy mense dalk dink is snaaks of pittig,
maar hy doen meer skade vir rugby as wat enige kak afrigter kan doen.
Dis waarom ek ook vir jou vra: Het joernaliste enige
verantwoordelikheid teenoor die publiek? Of steek julle dit onder die
vryheid van die pers weg? Wil jy nog weet oor hoekom ek nie van
joernaliste hou nie?
HELP! I am looking for a record of Ge Korsten and Nellie du Toit singing
"will you remember". Can anybody help. Sorry My Afrikaans is not good enough
to write
NOTE: This message was sent thru a mail2news gateway.
No effort was made to verify the identity of the sender.
--------------------------------------------------------
Moerfie, staak jy ook vandag? My man moes sy medisyne gaan haal toe's die
apteek toe. Ek ondersteun julle vir wat dit werd is want onse slim
government het weer nie gedink nie.
Ek het net 'n vragie vir jou Moerfie. Ek lees julle mag nou nie meer as 26%
mark-up op medisyne of R31 (wat ookal die minste is) wins maak nie. Is dit
nou op die bruto uitgawes, soos salarisse en winkelhuur of net op die
medisyne? As julle nie julle overheads kan inreken by die mark-up nie, hoe
gaan julle enigsins bestaan - newwermaaind van 'n profyt maak?
Van 'n ander kol:
AMSTERDAM - De landelijke campagne die jongeren
oproept condooms te gebruiken, heeft het woord
'vrijen' vervangen door 'naaien'. Op deze manier hoopt
Soa Aids Nederland een jongere doelgroep te bereiken.
De nieuwe campagne heeft als slogan 'wie laat zich dan
ook naaien zonder condoom'. Een duidelijke breuk met
het verleden, waarin onder meer gekozen werd voor
'vrij veilig of vrij niet'.
Vir 'n gesellige wintersaand met sielvolle musiek en 'n heerlike atmosfeer,
bespreek onmiddellik vir hierdie vertoning.
19 Junie 2004
20:00
Alice Kunsgalery
Dryfstraat 217, Ruimsig
met Anna Davel
Davel is weer verantwoordelik vir nuwe, oorspronklike musiek en lewer selfs
'n paar vuurwarm Latyns-Amerikaanse nommers uit Ashes, haar trefferproduksie
wat vol sale getrek het by vanjaar se KKNK.
Sy sluit ook bekende musiek van o.a. Sting en die Alan Parsons-projek in.
Vir dié wat voorheen 'n konsert van Davel bygewoon het, sal daar 'n paar
liedjies van haar 2 albums wees.
Haar 2de album 'Gypsy' is genomineer vir nie minder nie as 7 Geraas
Toekennings! Verder het sy 'n Vita- toekenning ontvang vir Beste Nuwe
Kunstenaar in 2002, sowel as 2 SAMA-nominasies vir beide haar albums ' Te
Diep'(2001) en 'Gypsy'(2004). Vir 'n voorsmaak van die musiek, besoek gerus
www.annadavel.com
Klavier: Matthys Maree
Kaartjies: R120 / R80 / R65
Vir besprekings: 011 793 2334
Kaartjies kan direk byCafé d'Art, die koffiewinkel in die Alice Kunsgalery
gekoop word.
So pas weer het 'n groep sogenaamde "Afrikaanssprekende sakelui" hul
steun aan president Thabo Mbeki toegesê. In geen ander demokratiese
land waarvan ek weet, is dit nodig vir sakelui om by die president
witvoetjie te soek nie.
In die eerste instansie wonder mens waarom hierdie ondersteunersklub
hulself geroepe voel om tot sulke openbare lofbetuiginge oor te gaan.
Die indruk word gewek dat die groep van 112 sakelui een en almal
ANC-ondersteuners is, hoewel daar ook onderlangs geteem word oor
"kritiese interaksie". Dit klink amper soos Suid-Afrika se
"konstruktiewe betrokkenheid" by Zimbabwe; 'n mens moet regtig met 'n
elektronmikroskoop na enige vorm van kritiek soek, want dit geskied op
die nanovlak waar geen mens dit sal raaksien nie.
Wanneer laas het die groep van sakelui 'n woord laat hoor oor die
dreigende grondhervorming, plaasmoorde, taaldiskriminasie,
regstellende aksie, Zimbabwe en dergelike meer? 'n Sinikus sou sê dat
die handelaarsklas hiermee wil sê dat hulle hulself versoen het met
wat deesdae feitlik as 'n eenpartystaat in Suid-Afrika gereken kan
word.
Geskied hierdie opwellinge van lojaliteit teenoor Mbeki en die ANC nie
moontlik uit vrees nie? Onder die geesdriftige toejuiginge van die
sakelui mag daar 'n meer realistiese ontleding skuil wat die gevolge
van radikale grondhervorming, rassetransformasie, die toenemende
emigrasie van gekwalifiseerde blankes, asook die insinking in die
onderwys, na waarde skat.
Volgens die sakelui, waaronder mnre. Ton Vosloo, Whitey Basson,
Mathews Posa, Russell, Loubser, asook dre. Steve Booysen en Johan van
Zyl, voel hulle "diep betrokke by ons land en al sy mense." Verder
meen hulle dat Mbeki "dit vir alle Suid-Afrikaners, insluitende vir
ons as Afrikaanssprekendes, moontlik gemaak het om tuis in ons land en
welkom in Afrika en die wêreld te wees."
Dit is nogal insiggewend dat die sakelui hulself as
"Afrikaanssprekendes" tipeer. Mnr. Ton Vosloo het mos nie te lank
gelede nie beweer dat "die term Afrikaner aanstoot gee", wat 'n mens
seker sou kon vertaal as "Afrikaners is nie eintlik tuis of welkom in
die land nie."
Die vraag is nou: namens wie praat die sakelui as hulle hul
tevredenheid met Mbeki se presidentskap betuig? Dieselfde president
wat Suid-Afrika in Haïti beskryf het as "die wêreld se jongste swart
republiek" met die implikasie dat wittes nie meer hier welkom is nie
en wat onlangs nog deur die liberale mev. Helen Suzman as "beslis
anti-wit" beskryf is? Praat die nywerheidskapteins namens hul
aandeelhouers, hul werknemers of wie?
Die indruk wat natuurlik geskep word, is inderdaad dat die
Geschäftsführer, by gebrek aan politieke leierskap onder Afrikaners,
namens alle "Afrikaanssprekendes" sou praat. Is dit werklik hoe die
volk daarbuite - hulle wat dikwels die slagoffers is van
geweldsmisdaad, onteiening en afdankings op grond van hul ras of taal
- voel?
In elk geval is daar mense in die geledere van die sakelui wat
sekerlik nie 'n duit omgee vir Afrikaans of die lot van Afrikaners
nie. 'n Mens dink aan dr. Johan van Zyl wat die grondslag vir die
verengelsing van Tukkies gelê het, en agterna spesifiek blanke
Afrikaners by Sanlam afgedank het of aan mnr. Ton Vosloo se gewraakte
uitspraak oor "die afstootlike term 'Afrikaner'" waarna ek reeds
verwys het.
'n Vraag wat mens aan die sakelui sou wou stel, is in hoe 'n mate
hulle bewus is van die feite rondom die onderdrukking en
marginalisering van Afrikaans, die aftakeling van ons skole en
universiteite, arbitrêre naamsveranderings, omgekeerde diskriminasie
en dergelike meer? Is die Schwärmerei rondom Mbeki in die lig daarvan
nie 'n effe buitensporig nie?
Sien ons sakelui, wat gewoonlik verskans is in toringgeboue en die
buitewêreld slegs deur die getinte ruite van duur Duitse motors
waarneem, ooit die krisis waarin gewone Afrikaners hulself bevind,
raak? Was hulle al in die Vaaldriehoek of Pretoria-Wes? Het hulle al
met die jongmense gepraat wat by die werwingskantore van hul eie
organisasies weggewys word in terme van rassekwotas?
Wat hierdie gereelde toejuigings vanaf die luuksepawiljoen
demonstreer, is die akute behoefte aan 'n behoorlike verkose en
verteenwoordigende spreekbuis vir die Afrikaner. Indien daar reeds 'n
Afrikanerraad bestaan het, sou so 'n raad die oorentoesiastiese
sakelui in die bek kon ruk en aan hulle kon sê: skoenmaker, hou jou by
jou lees.
Sakelui het min begrip van die politiek. In ons tyd vorm hulle ook
deel van 'n wêreldwye globale elite wat min waarde heg aan patriotisme
en die nasionale gevoelens van gewone mense.
Hierdie soort kwasi-politieke uitsprake deur diegene wat gewoonlik
meer bekommerd is oor die waarde van hul aandeleopsies as oor enigiets
anders, is nie net sinloos nie, maar ook ongevraag. / Dan Roodt