As ons nog twee oefenwedstryde gespeel het voordat die span gekies word, dan
sou net 'n kwart van die oorspronklike oefengroep beskikbaar gewees het om
in die Springbokspan te speel:)
--
Annette
Om 'n eeue oue geskil op te los wie die vinnigste is, is daar in Engeland
oor 400 meter 'n resies beslis tussen 'n 4-jarige resiesperd, en 'n 6-jarige
afgetrede resies-windhond. Die perd was die algehele gunsteling by Hills. Na
'n groot bord " bangers and mash" vir ontbyt ( want dit is wat hy van hou)
het die hond toe die perd met 4 (perde) lengtes gewen,
--
Annette
DIE ONOPHOUDELIKE WEERLIGSTRAAL
Charl-Pierre Naude
Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
in herinnerings terugvind? Weerlig klap
en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.
Maar in die vlugtige Seance van geheue
kan vergane dinge,versluierd, weer gebeur:
My vriende wat geïmigreer het sing
hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.
Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.
Ek onthou die oomblik se onseker praal
wat verblindend in die hemel gerank het;
die na-lig, teen my toe ooglede afgeëets,
is 'n onophoudelike weerligstraal.
> Van Ardenne: Zonder beter bestuur is Suriname kansloos
> DEN HAAG - Nederland wil de ontwikkelingsrelatie met Suriname op een
> zakelijker leest schoeien. Goed bestuur gaat nadrukkelijk een rol spelen
> bij de vraag in hoeverre de voormalige kolonie ook in de toekomst een
> beroep kan blijven doen op Nederlandse steun.
>
> "Als Suriname niet beter wordt bestuurd is het land kansloos", zei
> minister Van Ardenne (Ontwikkelingssamenwerking) donderdag tijdens een
> overleg met de Tweede kamer over het rapport 'Een belaste relatie'. Het
> rapport beschrijft de mislukking van 25 jaar ontwikkelingshulp aan
> Suriname. Of, zoals Van Ardenne het verwoordde, het over de balk gooien
> van 3,5 miljard gulden aan ontwikkelingsgeld.
Waarom wyk Afrikaners nie uit naar daardie - vanweë die wanbeheer na die
dekolonisasie - leeggeloop Suriname nie, en ontwikkel die land?
Hulle moet natuurlik meteen sê dat hulle weliswaar baie slegte rassiste is, maar desondanks bereid te wees die swakkere (swartes) te help.
Dis mos ook 'n kans om hulle taalkundige stempel af te druk:
Mens praat Nederlands in Suriname!
Iemand help my gou asseblief. Ek kort 'n woordeboek hier. Wat is die Afrikaanse
woord/e vir "affirmation"? Moet my nou nie in vlamme doodskiet nie - affirm my
asseblief! ;-)
Colin
Ek sien vandag die nuwe wette gaan eis dat geen rokery in openbare plekke
mag wees nie - selfs nie op pawiljoene tydens sportwedstryde nie;))
Ek sien al hoe lê ons snellerverskrikte polisie aan en skiet teiken op
rokers tydens wegstryde;)))
--
Annette
----- Original Message -----
From: "Navorsing"
Sent: Wednesday, June 02, 2004 9:59 PM
Subject: Voorgestelde naamsverandering van die Hugenote-tonnel
Geagte Redakteur
Die huidige debat oor die voorgestelde naamsverandering van die
Hugenote-tonnel verwys:
Die aanduiding hiervan was in 'n nasionale Afrikaanse Sondag koerant van
23/05/04 geadverteer. Beswaardes is van die datum een en twintig dae tyd
gegun om besware te lewer aan die Nasionale padagentskap van Suid-Afrika..
DIe voorstel is dat die naam van die Hugenote-tonnel vervang moet word met
die ontslape ANC Minister van Vervoer se naam Dolar Omar.
Die Franse Hugenote het in 1688 na die Kaap gekom. Die Hugenote Monument
in Franschhoek is gedurende 1948 ingewy.
Die Hugenote Monument se simboliek kan in elf stadia verdeel word.
Kortliks kan die simboliek van die Hugenote Monument as volg opgesom word.
Die monument, die ontkoming en sielevrede van godsdiens onderdrukking
uitbeeld tesame met die gawes en talente wat die Hugenote saam met hulle na
die suid-punt van Afrika gebring het. Die gebruik van 'n vrouefiguur is ook
'n toonbeeld van die rol wat vrouens tydens die Hugenote se godsdiens
onderdrukking en koms na Suid-Afrika gespeel het. Die elf stadia van die
monument se simboliek kan ook as 'n aanduiding van 'n groep toekomsgerigte
mense gesien word.
Ek hoop en bid dat genoeg mense besware vir die voorgestelde naams
verandering van die Hugenote-tonnel sal aanteken. Daar is genoeg nuwe
ontwikkelinge om die ontslape minister te vereer as om 'n gat in die
geskiedenis van ons land te veroorsaak. Ons hoor gereeld van die president
van die land en andere oor nasie bou. Die blote feit dat die advertensie
geplaas is met die voorgestelde naams verandering van die Hugenote-tonnel is
'n aanduiding dat die president se woorde nie ernstig opgeneem word nie.
Die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika kan en mag nie uit rangeer
word deur sulke onsensitiewe gedagtes en gebare nie. 'n Mens kan net
spekuleer of die voorsteller van die naamsverandering enigsins kennis dra
van die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika
Hierdie is nie 'n kwessie van een moet wen een moet verloor nie, maar eerder
'n saak van gesonde verstand wat moet besef dat die blote voorstel vir die
naamsverandering onsensitief, 'n blatante fout en selfs 'n verskoning verg.
Ek hoop dat die voorsteller van die voorgenome naamsverandering goed onder
die besef sal kom dat sou die aksie voortgaan, enige gedagtes van nasie bou
onder die van ons Hugenote nasate wat nog nie emigreer het nie onherstelbare
skade berokken sal word.
Marthinus Jordaan
Jacobs Straat 19
Universitas
9301.
Jordaan navorsing (PhD projek) en genealogie:
navo...@mjsjordaan.co.za