By die kultuurhistoriese museum aan die bopunt van Adderleystaat word 'n
nuwe uitstalling met groot en lang baniere bekend gestel.
Domestic life under the VOC.
Wat sal dit in Afrikaans wees?
Vry in die agterkamer?:))
--
Annette
Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik"
Charl-Pierre Naude
Pyn is nie nodig of onnodig nie
maar mooi en hoef dus nie te bestaan nie.
Die tande is self 'n blom wat in die skaam
of teer oomblik bloei, skitterend uit die dode
opstaan en pryk soos alle blomme. Pyn, O Heer
is heer-lik, vandaar ook U Bestaan. U Hande
se ongelyke skaal. Pyn styg uit rotswande
van die gees soos 'n dampkring wat die weer
bepaal - kunsstorm wat die kloutjie perlemoer
van angs loswikkel, die sirokko van geloof
en liefde uit hul gate jaag - , styg bo die vloer
van die Niks en syg dan neer om weer op die stoof
van die aarde te verdamp. Die bot, steurende
halfbegrip van Pyn : skoonheid detonerende!
Ou Frikkie, as jy nou vir ons moet herdenk, moet dit
asseblief nie doen met verkeerd-gespelde Engelse
woorde nie. ( Hoe spel 'n mens "foreign," ou Frikkie?)
En moet asseblief nie 'n Engelse oorlogsgedig steel
wat gaan oor mense wat op see sneuwel, en dit dan
gebruik vir ons wat in die bosse gesneuwel het nie.
Kan jy nie ook die website in Afrikaans gemaak het
nie.
NOTE: This message was sent thru a mail2news gateway.
No effort was made to verify the identity of the sender.
--------------------------------------------------------
NOTE: This message was sent thru a mail2news gateway.
No effort was made to verify the identity of the sender.
--------------------------------------------------------
NOTE: This message was sent thru a mail2news gateway.
No effort was made to verify the identity of the sender.
--------------------------------------------------------
Drie seuntjies spog by die skool oor hulle pappas. Die eerste een
se: "My pa skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier, en noem dit 'n
gedig en dan gee hulle hom sommer R500."
Die tweede een se: "Dis nog niks nie. My pa skryf 'n paar dinge op 'n
stuk papier, en hy noem dit 'n lied, en dan gee hulle hom R1000."
Die derde seuntjie se: "My pa is nog beter. Hy skryf 'n paar woorde
op'n stuk papier en noem dit 'n preek. En dan vat dit agt manne om al
die geld bymekaar te maak!"