Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Stille diplomasie, wat is dit ?

Sa., 15 Mei 2004 10:07

Wat is stille diplomasie, volgens my is dit gewoon, stil bly omdat hulle nie
weet wat om te doen nie.
Dit alles ten nadele van SA gevangene en de gewone bevolking in Zimbabwe,
(zero intelligence because all bloody whites emigrated ?
Stille diplomasie heers alreeds lank in SA, kyk maar na die toleransie met
moordenaars. Kyk hoe word die minderheid onderdruk in hierdie land.

Koeitjies & kalfies | 62 kommentare

Ons dra toe gepas swart

Sa., 15 Mei 2004 09:26

Ons mag nie kla nie - dit was Stormers se week om te verloor. Mens stry nie
met statistiek nie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Oplossing vir ons Padprobleme

Vr., 14 Mei 2004 05:47

Ons weet en hoor tog gereeld hoe goed en versigtig die Britse bestuurder is.
In vergelyking word ons bestuurders as swak en ongepoets beskou.
Nou is daar statistiek vrygestel t.o.v. Britse padverbruikers, en ons kan
seker die streep deurtrek na ons toe.
Daar is bevind dat dames wel veiliger bestuurders is. Die Britse syfers toon
dat in 2002 daar 1.2 miljoen verkeersoortresings was deur mans in Engeland
en Wallis, teenoor die 159819 deur vroue. Mans was verantwoordelik vir 88%
van al die oortredings. Mans was ook verantwoordelik vir 97% van oortredings
wat gespruit het uit gevaarlike bestuur, en 85% van die weens roekelose
bestuur. 94% van die 373 ( ietwat minder as in SA) oortredings wat iemand se
dood of beserings veroorsaak het, is deur mans begaan. Mans het ook 83% van
die spoedoortredings begaan.
Die oplossing? Slegs vrouebestuurders behoort op die paaie toegelaat
word.:)

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Nick Berg

Do., 13 Mei 2004 22:54

Okay, ek weet dis vreeslik en ek voel elkeen van die donners moet 'n stadige
pynlike dood sterwe, maar News24 het 'n berig geplaas oor die arme
ONSKULDIGE man wat deur die (moontlike Irakese "soldate?") onthoof is. Gaan
lees liewer die berig by
http://www.news24.com/News24/World/Iraq/0,6119,2-10-1460_152 5962,00.html en
ook by http://www.news24.com/News24/World/Iraq/0,,2-10-1460_1526656 ,00.html.
Daar is nog links as julle meer wil weet. Onder ander hoe die FBI die
Irakese polisie gevra het om Nick aan te hou totdat hulle kan vastel wie hy
is omdat hy sonder dokumentasie "gevang" is.

Nog erger is dat die mense geen jammerte toon of voel nie. Is hulle
gebrainwash? Glo die Islams dan in onnodige moord? Blykbaar het hulle
uitgeroep "Allahu Akbar" ("God is great") terwyl hulle die daad gepleeg het.
Keur hulle god dan so iets toe? Dink hulle, hulle god sal hulle beloon vir
'n totale sinnelose moord? Ek glo nie so nie, myne sal Sy hekke vir jou
toemaak as jy so iets gaan staan en aanvang.

Ek het bietjie jammerte in my hart gehad vir hierdie "arme" Irakeërs wat nie
'n oorlog verdien het nie. Nou voel ek niks nie, maak die land level. Ek
kan nie glo mense is so ongelooflik wreed nie, en die ergste is, die "mense"
het baie ondersteuning uit baie oorde. Ek kan nie onthou wanneer laas het
iets my so ontstig of ontstel of so magteloos laat voel nie. O, die lot van
die vrouens in Afghanistan het my laas so kwaad gemaak...

EN ANTIE: As jy hammer op die verdompde vlakplaas braaivleis gaan ek en jy
woorde hê.

Okay, klaar ge"rant". Ek moes dit net van my hart af kry :)

Elaine

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Daar gaan die plase in Namibië!

Do., 13 Mei 2004 15:32

Die eerste eienaars van plase in Namibië het skriftelike kennis gekry dat
hulle grond onteien gaan word en dat hulle moet kom na die regering met 'n
voorstel met wat hulle dink is billike kompensasie vir hulle grond.
Toevallig is dit plase waarop daar arbeidsonrus was in die verlede en word
die aksie gesien as 'n wraakaksie. Plus natuurlik die feit dat dit môre
plaaslike verkiesingsdag in die land is en hierdie ding die tonge lekker sal
laat klap. Meer ernstig egter, die boer wat nou nog geld insteek in ons
land moet sy kop laat lees! Dit beteken die begin van die einde van die
Namibiese landbou......

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

Die link werk

Wo., 12 Mei 2004 17:55

Ek kry liewer een koel deur my kop

http://mad.gamefact.nl/iraq.wmv

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Twee Prezzies!!

Wo., 12 Mei 2004 09:43

Ons het van vandag of TWEE presidente. Zuma en Manuel word albei vandag
ingesweer as waarnemende presidente.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Hamba kahle Brenda Fassie " deur JEANNE GOOSEN

Di., 11 Mei 2004 19:17

HAMBA KAHLE, BRENDA FASSIE! ...

Brenda Fassie is dood
Vir wie is dit nuus?
Afrika, roep ons, Afrika
Afrika, Afrika
Met die nagwaak
het ek jou halstarrigheid om te laat los
bemin
sterk vrou, mooi vrou
sterk vrou van Afrika

Ons sal jou nie vergeet nie
Ons sal jou liefhê
soos ons jou gister liefgehad het
en môre, en altyd
Afrika, Afrika, land van ons herkoms
hede en toekoms

Brenda Fassie is dood
Lank, lank lewe Brenda Fassie!

Jeanne Goosen

Prosa & poësie | 0 kommentare

" Wie is ek? " deur MATTHEWS PHOSA

Di., 11 Mei 2004 02:16

WIE IS EK?
Matthews Phosa

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is 'n kneg van die immigrant;
hy wat my verniel en verwoes,
op my spoeg met wette
wat my soos kanker laat verval.

Wie is ek in my geboorteland?
My oupagrootjie was 'n kaffer,
my oupa 'n naturel,
ek is vandag 'n bantoe,
my seun wat de hel?

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is die mees onderdrukte,
die mees gekulde,
die mees ontroue -
Die mees gevreesde "vyand."

(1970- 1995)

Prosa & poësie | 2 kommentare

Beskawing van Vingerwysers

Ma., 10 Mei 2004 08:37

Ons beskawing is in 'n dalende spiraal. Die Inka's het ons gewys hoe dinge
nie gedoen moet word nie, maar ons gaan lustig voort al ryende op die
sneltrein die verderf in.
Ouers wat hul kinders beskerm en vingers na ander wys as hul bloedjies
bitter stout was.
Altyd iemand anders se skuld.
'n Sokkerspeler wat van die veld af draf tydens 'n wedstryd om 'n mes uit sy
sak te gaan haal om 'n speler wat hom 'n kaffer genoem het op die veld te
gaan steek. Hy kla dat dit onregverdig is dat hy vir 'n jaar geskors is, en
nou gaan daar weer 'n besluit oor sy skorsing gedoen word. Altyd iemand
anders se skuld.
Lynndie England wat met haar gefotografeerde optrede wys dat die Amerikaners
wel 'n Jerry Springer mentaliteit het. Haar ouers en gemeenskap weet nie wat
sy verkeerd gedoen het nie. Altyd iemand anders se skuld.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1834): [ «    414  415  416  417  418  419  420  421  422  423  424  425  426  427  428  429    »]
Tyd nou: Wo. Aug. 19 02:27:28 UTC 2026