Die ICC het bekend gemaak ons is die mees ongedissiplineerde span. In
teensteling met die Windies wat die mees gedissiplinerde span is.
Die rustige spel van krieket is nie geskik vir ons agressiewe spelers nie:)
Ek sien ons manne daar oorkant is al weer hangskouer. Fleming as kaptein van
NZ sit Smith behoorlik ore aan.
Die manne speel nou al hoe slegter noudat die geliefdes by hul aangesluit
het.
Die Namibiese regering het begin met 'n onteieningsproses en alhoewel die
amptelike lys van plase nog nie vrygestel is nie, het 'n lys gelek in die
pers en dit is besig om erge golwe van skrik te veroorsaak. Aanvanklik was
die idee dat buitelanders wat plase in die land besit en die grond eintlik
rustig laat lê, die geteikendes gaan wees. Nou blyk dit dat plase waar die
afgelope jaar of wat arbeidsprobleme op was, van die plase is wat onteien
gaan word. Dit mag seker toevallig wees, maar vir die siniese onder ons,
lyk dit of hierdie ding 'n beplande storie is. Al die plase waarop
dispute ontstaan het, is intensiewe boerderye wat arbeidsintensief is en
wat, as dit reg bestuur word, maklik deur 'n 'korporasie van
belanghebbendes' bestuur kan word. Nou is dit ook so dat die huidige
eienaar nie wil verkoop nie, so wat maak jy? Begin 'n arbeidsdispuut en
gebruik dit as 'n verskoning om die grond te onteien!
Tragiek van die storie is dat veral in die geval van die een plaas [van
die heel beste in die land] is al vier geslagte in die hande van sy Duitse
eienaars [doer van die laat 1800's] en nou gaan hy gedwing word om te
verkoop net omdat hulle té goed boer! Op 'n ander plaas is die ou besig om
blomme te kweek vir die hoofsaaklik die buitelandse mark. Dit gee werk vir
baie werkers maar vat jy die huidige eienaar weg, gaan hulle sukkel om
dieselfde mark te behou en uiteindelik gaan alles in sy moer wees.
GESOEK IN AFRIKA: 'n Politieke leier met 'common sense"!!