Meksikaanse Chilli
So., 20 Mei 2018 09:11
Meksikaanse Chilli
1/2 kilo maalvleis in 'n pot (dieperig)
2 soetrussies in groterige skywe gesny. (1 rooi en 1 groen - vir kleur)
1 medium ui gesny (soos verkies blokkies of ringe)
1 teelepel knoffel (sommer crushed knoffel)
1 blikkie chopped, peeled tamaties.
1 blik baked beans (die met tamatiesous in die blikkie)
Bruin die maalvlies, sit die knoffel, russies en uie in tot russie en uie
saggerig is (vurk). Voeg dan die baked beans en tamatie by. Gooi daarna
die chilli poeier in en roer totdat alles opgelos is. Partykeer word die
gereg bietjie droogerig (taai), gooi dan sommer 'n halwe koppie water by en
roer. Prut vir so 15 - 20 min. (partykeer korter - kyk net dat
dit nie te waterig is nie) Bedien op rys of gebakte aartappels met room om
oor die gereg te gooi.
Kos & resepte |
0 kommentare
Sjokoladevierkante
So., 20 Mei 2018 09:10
SJOKOLADEVIERKANTE
1 ½ pak (300 g) marie- of tennisbeskuitjies
200 g kooksjokolade
175 g botter of margarien (3/4 k)
30 ml goue stroop (2 e)
75 g grondboontjies of grof gekapte neute (1/2 k)
75 g pitlose rosyntjies (1/2 k)
Smeer 'n vlak tertbak of pan van naastenby 30 cm * 20 cm * 5 cm. Verkrummel die beskuitjies. Smelt die kooksjokolade, botter of margarien en goue stroop oor lae hitte saam. Voeg die beskuitjiekrummels, grondboontjies of ander neute en rosyntjies by en meng goed. Druk dit styf vas in die tertbak of pan en verkoel dit tot styf. Sny die koek met `n skerp mes in vierkantjies van 4 cm * 4 cm.
Lewer 35 vierkantjies.
Kos & resepte |
0 kommentare
Koffiekoekies
So., 20 Mei 2018 09:08
KOFFIEKOEKIES
15 ml kitskoffiepoeier (1 e)
15 ml kookwater (1 e)
275 g bruismeel (2 k)
230 g botter of margarien (1 k)
100 g suiker (1/2 k)
2 ml sout (1/2 t)
Verhit die oond tot 180 C. Smeer twee of meer bakplate. Los die koffiepoeier in die kookwater op en laat dit afkoel. Meng die bruismeel, botter of margarien, suiker, sout en koffie baie goed saam om 'n sagte deeg te vorm. Verkil die deeg 'n rukkie indien dit te sag is. Rol die deeg in albaster-grootte bolletjies en plaas dit effens uitmekaar op die bakplate. Druk dit plat met `n vurk wat in water gedoop is. Bak die koekies ongeveer 15 minute lank tot gaar en ligbruin. Laat dit op 'n draadrak afkoel.
Lewer 70 koekies.
Kos & resepte |
0 kommentare
Hoenderlewertjiesmeer met sampioene
So., 20 Mei 2018 09:07
HOENDERLEWERTJIESMEER MET SAMPIOENE
250 g vars sampioene
30 ml botter of margarien (2 e)
250 g hoenderlewertjies
30 ml sjerrie (2 e)
sout
peper
Vee die sampioene met 'n klam doek skoon af en sny dit in skyfies. Braai dit in die helfte van die botter of margarien tot gaar. Braai hoenderlewertjies in die res van die botter of margarien tot gaar. Maak dit fyn en roer die sampioene en sjerrie by. Strooi sout en peper oor. Smeer dit op roosterbrood wat in vingers gesny is, of op gesmeerde brosbrood of kraakbeskuitjies.
Lewer genoeg smeer vir 4 snye roosterbrood.
Kos & resepte |
0 kommentare
Krimpvarkies
So., 20 Mei 2018 09:05
KITSKRIMPVARKIES
375 ml kookwater (1 ½ k)
150 g suiker (3/4 k)
20 ml kakao (4 t)
1 pak (125 g) suikerbrood-vingers (bouoir-beskuitjies)
100 g klapper (1 ¼)
Kook die kookwater, suiker en kakao ongeveer 25 minute lank onbedek tot `n dikkerige sjokoladestroop, maar pas op vir oorkook. Laat dit effens afkoel. Halveer die suikerbroodvingers. Doop die stukkies een-een in die stroop en rol dit dadelik in die klapper totdat dit rondom daarmee bedek is.
Lewer 40 krimpvarkies.
Kos & resepte |
0 kommentare
Kerrie rys slaai
So., 20 Mei 2018 09:04
Rysslaai
2k gaar rys (1/2k ongekookte rys)
450gr perskes of appelkose (stroop af)
1/2k rosyne
klein ui opgesny
afgeskraapte teelepel kerrie
soetrissie (green pepper)
1/2k mayonise
2 eetlepels blatjang
Kos & resepte |
0 kommentare
Sjokolade-en-pofryshappies
So., 20 Mei 2018 09:02
SJOKOLADE-EN-POFRYSHAPIES
200 g kooksjokolade
1 blik (397 g) kondensmelk
100 g rice kripies (2 ½ k)
100 g grondboontjies (2/3 k)
Breek die kooksjokolade in stukkies en smelt dit oor baie lae hitte. Voeg die kondensmelk by. Verhit die mengsel oor matige hitte tot kookpunt en roer aanhoudend. Roerkook dit ongeveer 4 minute lank net totdat dit begin dik word. Voeg die rice kripies en grondboontjies by en meng vinnig. Skep lepels vol van die mengsel in papierkoekievorms (of op `n gesmeerde bakplaat). Laat dit afkoel.
Lewer 30 hopies.
Kos & resepte |
0 kommentare
Karamelsnytjies
So., 20 Mei 2018 09:01
KARAMELSNYTJIES
1 pak (200 g) marie-beskuitjies
1 blik (380 g) karamelkondensmelk
40 g klapper (1/2 k)
Smeer elke beskuitjie taamlik dik met die kondensmelk en druk dit aan mekaar vas om 'n rol te vorm (soos dit verpak was). Smeer die oorblywende kondensmelk buite-om die rol. Strooi die klapper op 'n groot stuk aluminiumfoelie en rol die rol daarin totdat dit rondom goed met klapper bedek is. Vou die rol in die alumiumfoelie toe en vries dit. Om op te dien: Sny die rol met `n skerp mes skuins in snytjies.
Lewer ongeveer 20 snytjies.
Kos & resepte |
0 kommentare
Sjokoladeroomtert
So., 20 Mei 2018 08:59
SJOKOLADEROOMTERT
150 g malvalekkers
250 ml melk (1 k)
1 plak (200 g) melksjokolade
¾ pak (150 g) tennis-beskuitjies
75 g botter of margarien (5 ½ e)
250 ml room of plaasvervanger vir room (1 k)
Verhit die malvalekkers en melk saam tot kookpunt en roer dit totdat die malvalekkers opgelos het. Hou drie blokkies van die melksjokolade eenkant. Voeg die res by die melkmengsel en roer dit tot opgelos. Laat die mengsel afkoel. Verkrummel die beskuitjies. Smelt die botter of margarien en meng dit daarmee. Druk dit styf vas teen die wand en op die boom van `n tertbak met `n inhoudsmaat van 1,5 liter (6 k). Klits die room tot styf. Vou dit by die sjokolademengsel in. Giet die mengsel in die kors. Rasper die sjokoladeblokkies wat eenkant gehou is, grof bo-oor. Verkil die tert tot styf.
Lewer 'n middelslag-tert.
Kos & resepte |
0 kommentare
Karamelmelktert
So., 20 Mei 2018 08:58
KARAMELMELKTERT
1 pak (200 g) marie-beskuitjies
125 g botter of margarien
90 g mielieblom (2/3 k)
1 liter melk (4 k)
2 ekstra groot eiers
1 blik (380g) karamel-kondensmelk
Verkrummel die beskuitjies. Smelt die botter of margarien. Meng 115 g (1/2 k) daarvan met die beskuitjiekrummels. Hou 15 ml (1 e) van die krummels eenkant. Druk die res styf vas teen die wand en op die boom van 'n tertbak met 'n volume van 2,5 liter (10 k). Maak die mielieblom klontvry aan met 125 ml (1/2 k) van die melk. Skei die eiers en klits die eiergele saam met die mielieblommengsel. Verhit die res van die melk en karamelkondensmelk saam tot kookpunt. (Klits dit indien die kondensmelk nie vanself heeltemal oplos nie). Roer die mielieblommengsel by en roerkook dit tot dik. Roer die oorblywende botter of margarien by. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit by die melkpap in. Giet die vulsel in die kors. Strooi die krummels wat eenkant gehou is, bo-oor. Verkil die tert tot styf.
Lewer 'n groot tert.
Kos & resepte |
0 kommentare