240 g hawermout (3 k)
240 g bruismeel (3 k)
7 ml sout (1 ½ t)
2 eiers
875 ml melk (3 ½ k)
sonneblomolie vir vlak braai
Meng die hawermout, bruismeel en sout. Klits die eiers en voeg die melk by. Maak die hawermoutmengsel daarmee aan en meng dit goed. Laat die beslag n rukkie staan. Verhit oor matige hitte in n dikboom-braaipan net genoeg sonneblomolie om die boom van die pan kwistig te smeer. Skep eetlepels vol beslag n entjie uitmekaar in die pan. Bak die plaatkoekies totdat borreltjies bo-op vorm en dit aan die onderkant goudbruin is. Keer dit om en bak die ander kant ook tot goudbruin. Sit die plaatkoekies warm voor met botter en kaas, goue stroop of heuning.
100 g rou skulpnoedels
125 g spekvleis in stukkies gesny
70 g bevrore gemengde groente
½ kop pitmielies
swartpeper
500 ml melk
3 ml droë basielkruid
1 pakkie (60 g) uiesoppoeier
5 ml franse mostert
30 ml suurlemoensap
125 ml gerasperde cheddar kaas
3 eiers, geskei
Voorverhit oond tot 180 °C.
Kook die noedels in vinnig kokende soutwater tot net sag. Dreineer.
Braai die spekvleis tot gaar.
Maak die groente gaar: Plaas sommer in 'n glasbak en bedek met Glad Wrap , prik die plastiek met 'n vurk en mikrogolf vir 8 9 minute. Skud die groente 'n paar maal tydens die gaarmaakproses. (Groente hoef nie eers ontvries te word nie)
Gooi gaar groente, pitmielies en noedels in 'n bak, ('n oval pirex bak is net groot genoeg). Geur na smaak met swartpeper.
Meng 'n bietjie van die melk met die uiesoppoeier tot 'n gladde pasta. Verhit die res van die melk saam met die basielkruid 2 minute lank in mikrogolfoond. Voeg by uiesoppasta en meng goed. Mikrogolf sowat 5 minute lank tot die sous kook en verdik. Geur die sous met die franse mostert en suurlemoensap. Voeg ook cheddar kaas by en meng goed. Laat effens afkoel. Klits eiergele effens en meng by die uiesopmengsel. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou met 'n metaallepel by die uiesopmengsel in.
Giet twee derdes van die sous oor die groente en meng liggies. Sprinkel spekvleis oor en giet die res van die sous oor.
Bak sowat 30 minute of tot die bokors goudbruin en uitgepof is.
Dien dadelik op. Hierdie is heerlik saam met braaivleis of kan ook as 'n ligte maal bedien word.
Bestanddele:
1 teelepel kerriepoeier (soos wat julle laaik)
1 teelepel botter
8 klein uie, in kwarte gesny
1.5 teelepels koekmeel
1.75 koppies water
3 eetlepels tamatiepasta ( ek vat sommer tamatiesous)
0.5 teelepel gemaalde koljanderkorrels
Knippie borrie
200 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
250 g groenbone, skoon
150 g klein worteltjies, geskil
100 g ertjies
(pakkie klein mielies) is nie in resep, maar was vir my lekker...
1 koppie klapperroom (coconut milk)
Sout en peper
Metode:
Verhit botter in pan en soteer ui tot sag en effens verbruin.
Roer die meel by en voeg die water stadig by; meng goed om klonte te
voorkom.
Meng die oorblywende bestanddele by (behalwe klappermelk en koljander)
en laat prut met deksel op tot groente sag is.
Verwyder van plaat en roer klappermelk en koljander by.
Hoop dis lekker!!!
1.5 beteken 1 en 'n half - kan nie half teken tik nie...
Probeer van daai klein jong boontjies kry - hulle is heerlik.
6 eiers
60 ml mayonnaise, maaskaas met room of ongegeurde jogurt (1/4 k)
50 g grof gerasperde cheddar-kaas (1/2 k)
1 uitjie
sout
peper
Kook die eiers tot hard, dop dit af en halveer dit oorlangs. Skep die eiergele versigtig uit en maak dit fyn. Voeg die kaas en ui by asook sout en peper na smaak. Meng dit goed. Skep die mengsel in 'n spuitsak en spuit rosette in die eierwithelftes. Of skep die vulsel met 'n teelepel in die eierwitte.
1 kg biefstuk soos lendestuk, in 2,5 cm dik stywe gesny
25 g(50 ml) koekmeelblom
10 ml sout
7 ml mosterdpoeier
1 ml peper
50ml kookolie
250 ml water
20 ml Wostersous
5 ml sojasous
Metode:
1. Vee vleisskywe met 'n klam lap af en plaas op 'n werksblad.
2. Sif koekmeelblom, sout, mosterdpoeier en peper saam en strooi helfte daarvan oor die vleis.
3. Kap meelmengsel kruis en dwars oor die draad van die vleis met die rand van 'n dik piering in.
4. Draai vleiskywe om, strooi res van meelmengsel oor en kap ook in.
5. Verhit kookolie in 'n groot swaarboom-pot tot rookwarm.
6. Braai een vleisskyf op 'n keer vinnig aan weerskante daarin tot bruin.
7. Skep vleis terug in kastrol na alles gebraai is.
8. Meng water, worcester- en sojasous en gooi oor vleis.
9. Sit deksel dig op, verlaag hitte en prut 2-3 uur baie stadig, moenie deksel oplig nie. (As vleisskywe dunner as 2,5 cm is, word hulle korter geprut).
Geniet jouself, maar hou asb. die volgende in gedagte.; Sa., 19 Mei 2018 12:01
Hallo en weereens baie welkom by gesellig.co.za! Ons hoop jy kuier lekker en geniet jouself gate uit. Ter wille van ordelikheid moet ons egter op 'n paar reëls aandring.
Die volgende kan ongelukkig nie toegelaat word nie:
Enige vorm van gemorspos of haatpos.
Onnodige, ongevraagde belediging of belastering van 'n persoon buite die omvang van 'n driftige debat.
Aggressiewe gedrag wat buite die aanvaarde norm van die deursnee-gebruiker se sosiale milieu val.
Opmerkings wat blatant rassisties of seksisties voorkom (m.a.w. haatspraak).
Enige poste waarvan die gees daarvan in die opinie van die Administrasie voorkom om Anti-Afrikaans te wees.
Ons sal geen standpunt inneem teen die volgende op die forum nie:
Politieke opinies (links of regs).
Godsdiens en sake van geloof.
Morele waardes en persoonlike standpunte.
Suiwerheid van die taal en keuse van taalgebruik.
Gesprekke sal nie gesensor word nie, behalwe as dit die hoofdoel van die webwerf benadeel.
Soos C.J. Langenhoven gesê het:
Verdra die teëstander. Al het hy nie reg met sy verskil nie, hy het die reg om te verskil.