Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Huisreëls

Geniet jouself, maar hou asb. die volgende in gedagte.; Sa., 19 Mei 2018 12:01

/fa/45/0/Hallo en weereens baie welkom by gesellig.co.za! Ons hoop jy kuier lekker en geniet jouself gate uit. Ter wille van ordelikheid moet ons egter op 'n paar reëls aandring. Mad

Die volgende kan ongelukkig nie toegelaat word nie:

  • Enige vorm van gemorspos of haatpos.

  • Onnodige, ongevraagde belediging of belastering van 'n persoon buite die omvang van 'n driftige debat.

  • Aggressiewe gedrag wat buite die aanvaarde norm van die deursnee-gebruiker se sosiale milieu val.

  • Opmerkings wat blatant rassisties of seksisties voorkom (m.a.w. haatspraak).

  • Enige poste waarvan die gees daarvan in die opinie van die Administrasie voorkom om Anti-Afrikaans te wees.
Ons sal geen standpunt inneem teen die volgende op die forum nie:
  • Politieke opinies (links of regs).

  • Godsdiens en sake van geloof.

  • Morele waardes en persoonlike standpunte.

  • Suiwerheid van die taal en keuse van taalgebruik.
Gesprekke sal nie gesensor word nie, behalwe as dit die hoofdoel van die webwerf benadeel.

Soos C.J. Langenhoven gesê het:
Verdra die teëstander. Al het hy nie reg met sy verskil nie, hy het die reg om te verskil.

Kennisgewings | 0 kommentare

Welkom by Gesellig.co.za

Hier kan ons vriendelik en gesellig saam kuier!; Sa., 19 Mei 2018 11:23

Hallo daar, en welkom by gesellig.co.za! Laughing /fa/22/0/

Hierdie webtuiste is 'n plek waar Afrikaners lekker in hul eie taal kan kuier, lag en gesellig kan verkeer. Hier kan ons mekaar help, komplimenteer, mekaar se siele uitrek, grappe vertel en allerhande manewales aanvang. Dis 'n plek waar Afrikaanssprekendes van oor die wêreld met trots hul taal kan praat. "Local" bly lekker, maak nie saak of ons lighartig skerts en of ons ernstig met mekaar praat nie.

Onthou om te registreer
Daar is 'n klomp dinge op die forum om te lees en te doen, maar jy moet registreer om toegang daartoe te verkry. Registrasie is gratis en oombliklik. U sal 'n e-pos ontvang om u details te bevestig (indien nie, kyk onder SPAM ook). Word deel van ons werf en kom kuier saam met ons!

Kies die regte forum
Daar is verskeie forums oor verskeie onderwerpe op hierdie webwerf. Navigeer na die toepaslike forum en klik op die "Nuwe Pos"-knoppie (regs bo) om 'n nuwe gesprek te begin. Indien jy oor iets wil praat wat NIE gelys is nie, laat ons weet, dan voeg ons 'n nuwe forum by oor die onderwerp wat jy wil bespreek.

Privaatheid
Ons sal nooit, ooit persoonlike inligting van lede (soos e-posadresse) verkoop of aan ander openbaar nie. U sal ook geen gemorspos van ons ontvang nie. Enige inhoud wat egter op die publieke forum gepos word, kan wêreldwyd gesien en gelees word.

Vrywaring
Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud en korrektheid van enige inligting wat deur lede op die forum geplaas word nie. Die bestuur onderskryf nie noodwendig die opinie wat in posstukke uitgespreek word nie en aanvaar ook nie verantwoordelikheid daarvoor nie. U is egter welkom om onvanpaste boodskappe te rapporteer sodat dit gesensor of verwyder kan word.

Help ons om die werf te laat groei na 'n lekker bron vir Afrikaans deur jou tjommies, jou familie, jou tjommie se pêl, jou suster se vriend se niggie se oom se kind se beste vriend en elke ander Jan Rap en sy maat te nooi om hier te kom kuier!

Geniet die werf!

Kennisgewings | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1740  1741  1742  1743  1744  1745  1746  1747  1748  1749  1750  1751  1752  1753  1754  1755    »]
Tyd nou: Sa. Mei 30 19:14:14 UTC 2026