Kors
500 ml, ongesif afgemeet, koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 g margerien, by kamer temperatuur
150 ml melk
Vulsel
250g Weense worsies, grof gerasper
500ml gerasperde kaas
50 ml margerien
1 ui fyn gekap
7 ml worcestersous
7 ml anngemaakte mosterd
1 eiergeel & 25 ml melk saamgeklits
vars pietersielie of ander kruie
Voorverhit oond tot 200 C. Smeer bakplaat. Sif meel, bakpoeier & sout saam. Vryf margerien liggies met vingerpunte in meelmengsel tot goed gemeng.
Sny melk met 'n slaplem mes in meelmengsel terwyl geleidelik in straaltjie bygevoeg word, 'n taamlike stywe deeg moet ontstaan. Rol deeg op meel bestrooide deegplank uit in 'n reghoek van 35x27 cm.
Meng worsies, kaas en margerien, ui, worcestersous en mosterd saam. Smeer mengsel ewe dik oor deeg. Rol deeg soos 'n rolkoek van een sy af op met vulsel tussenin.
Plaas rol op bakplaat. Sny rol in dunnerige skywe met skerp mes, maar moenie rol tot onder sny nie die boom moet heel bly. Trek skywe effe uitmekaar, Verf eiermelk bo-oor.
Bak rol op middelste rak, vir 20 minute of tot ligbruin en gaar.
500 g dadels
250 g malvalekkers
1 ¼ pak (250 g) marie-beskuitjies
250 ml room (1 k)
5 ml vaieljegeursel (1 t)
Sny die dadels fyn. Knip die malvalekkers met 'n nat skêr in stukkies. Rol die beskuitjies fyn en hou sowat 60 ml (4 e) daarvan eenkant. Klits die room tot baie styf. Voeg die vanieljegeursel by en klits dit tot gemeng. Voeg die dadels, malvelekkers en beskuitjiekrummels by en meng baie goed. Halveer die mengsel. Strooi die helfte van die krummels wat eenkant gehou is, op `n vel waspapier of aluminiumfoelie. Fatsoeneer een helfte van die mengsel daarop in `n rol, 20 cm lank en 5 cm in deursnee. Rol dit in die waspapier of aluminiumfoelie toe. Doen dieselfde met die ander helfte mengsel en krummels. Verkil die rolle minstens 12 uur lank of vries dit. Om te eet: Sny 1 cm dun skyfies af.
300 g kooksjokolade
125 g botter of margarien
125 ml goue stroop (1/2 k)
130 g versiersuiker (1 k)
200 g rice krispies (5 ½ k)
7 ml vanieljegeursel (1 ½ t)
Verhit die kooksjokolade, botter of margarien en goue stroop saam oor lae hitte tot gesmelt. Sif die versiersuiker oor en meng goed. Haal die mengsel van die stoof af. Voeg die rice krispies en vanieljegeursel by die sjokolademengsel en meng dit goed. Smeer 'n reghoekige pan of bak van naastenby 30 cm * 20 cm * 5 cm. Druk die pofrysmengsel styf daarin vas. Verkil dit `n rukkie en sny dit dan in reghoekies van 4 cm * 3 cm. Bere die koekies in die koelkas.
4 groot, ryp piesangs
1 blik (425 g) vrugteslaai
125 ml kondensmelk (1/2 k)
60 ml mayonnaise (1/4 k)
sap van 1 suurlemoen
Skil die piesangs en sny dit in skyfies. Dreineer die vrugteslaai en sny die vrugtestukkies kleiner. Meng die kondensmelk, mayonnaise en suurlemoensap. Voeg die piesangskyfies en vrugtestukkies by en meng alles liggies saam. Verkil die slaai.
Koop die gesamentlike pak of koop die Fajitas (pannekoeke) en die Fajita Sous apart.
Sny hoenderborsies in repies (soos Sjinese, ten minste 'n borsie per kop)
2 Russies groterig gesny in skywe (2 kleure vir kleur)
1 Medium ui (Repe gesny)
Knoffel (opsioneel)
Braai tot alles gaar is en gooi die sous oor bg. Laat sous lekker deur
warm word en bietjie dikker (dit moet nog loperig wees). Verhit die
pannekoek so 2/3 minute op hoog in mikrogolf.
Eet pannekoek, gesmeer met room en gestrooi met kaas (opsioneel) en die
mengsel bo-oor. Vou pannekoek toe en eet.
Kan ander bestanddele ook gebruik. Tortillas tjips is ook 'n lekker bygereg. Mens kry gebottelde chillies vir iemand wat van WARM geregte hou.
1/2 kilo maalvleis in 'n pot (dieperig)
2 soetrussies in groterige skywe gesny. (1 rooi en 1 groen - vir kleur)
1 medium ui gesny (soos verkies blokkies of ringe)
1 teelepel knoffel (sommer crushed knoffel)
1 blikkie chopped, peeled tamaties.
1 blik baked beans (die met tamatiesous in die blikkie)
Bruin die maalvlies, sit die knoffel, russies en uie in tot russie en uie
saggerig is (vurk). Voeg dan die baked beans en tamatie by. Gooi daarna
die chilli poeier in en roer totdat alles opgelos is. Partykeer word die
gereg bietjie droogerig (taai), gooi dan sommer 'n halwe koppie water by en
roer. Prut vir so 15 - 20 min. (partykeer korter - kyk net dat
dit nie te waterig is nie) Bedien op rys of gebakte aartappels met room om
oor die gereg te gooi.
1 ½ pak (300 g) marie- of tennisbeskuitjies
200 g kooksjokolade
175 g botter of margarien (3/4 k)
30 ml goue stroop (2 e)
75 g grondboontjies of grof gekapte neute (1/2 k)
75 g pitlose rosyntjies (1/2 k)
Smeer 'n vlak tertbak of pan van naastenby 30 cm * 20 cm * 5 cm. Verkrummel die beskuitjies. Smelt die kooksjokolade, botter of margarien en goue stroop oor lae hitte saam. Voeg die beskuitjiekrummels, grondboontjies of ander neute en rosyntjies by en meng goed. Druk dit styf vas in die tertbak of pan en verkoel dit tot styf. Sny die koek met `n skerp mes in vierkantjies van 4 cm * 4 cm.
15 ml kitskoffiepoeier (1 e)
15 ml kookwater (1 e)
275 g bruismeel (2 k)
230 g botter of margarien (1 k)
100 g suiker (1/2 k)
2 ml sout (1/2 t)
Verhit die oond tot 180 C. Smeer twee of meer bakplate. Los die koffiepoeier in die kookwater op en laat dit afkoel. Meng die bruismeel, botter of margarien, suiker, sout en koffie baie goed saam om 'n sagte deeg te vorm. Verkil die deeg 'n rukkie indien dit te sag is. Rol die deeg in albaster-grootte bolletjies en plaas dit effens uitmekaar op die bakplate. Druk dit plat met `n vurk wat in water gedoop is. Bak die koekies ongeveer 15 minute lank tot gaar en ligbruin. Laat dit op 'n draadrak afkoel.