Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Suurlemoen Sukses
Suurlemoen Sukses [boodskap #34] So, 20 Mei 2018 09:20
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
Suurlemoen Sukses (lewer 12 porsies)

Kors:
125g Marie koekies
15ml suiker
90g botter, gesmelt

Vulsel:
397g (1 blik) kondensmelk
2 ekstra groot eiers, geskei
80-90ml vars suurlemoensap
1 ekstra groot eierwit
75ml suiker

1. Voorverhit oond tot 180 grade celsius en spuit 'n 20cm tertbak met kleefwerende middel.

2. Kors: Meng koekies en suiker in voedselverwerker to taamlike fyn krummels. Voeg botter by en meng verder tot goed deurgemeng.

3. Skep klam krummels in bereide tertbak en druk egalig oor bodem en stewig teen rande vas.

4. Vulsel: Meng kondensmelk, eiergele en suurlemoensap deeglik met 'n handdraadklitser en skep in bereide kors.

5. Klits al die eierwitte tot sagte punte vorm en voeg suiker by. Klits verder tot stywe punte vorm en eierwitte glansend lyk.

6. Skep eierwitte oor vulsel en sprei eweredig met 'n vurk tot teen rand van kors. Gebruik ook die vurk om punte bo-op eierwitte te vorm.

7. Bak vir sowat 10-12 minute tot eierwitte goudbruin is. Laat eers afkoel voordat voorgesit word.
Vorige onderwerp: Dadel-en-malvalekkerskyfies
Volgende onderwerp: Worsie & Kaasrol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jan 16 10:27:50 UTC 2022