Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Piesangkarameltert

So., 20 Mei 2018 08:56

PIESANGKARAMELTERT

1 pak (200 g) tennis-beskuitjies
115 g botter of margarien (1/2 k)
3 piesangs
1 blik (380 g) karamel-kondensmelk
125 ml room (1/2 k)

Verhit die oond tot 180°C. Verkrummel die beskuitjies. Smelt die botter of margarien en meng dit daarmee. Druk dit styf vas teen die wand en op die boom van `n tertbak met `n volume van 1 liter (4 k). Skil die piesangs en sny dit skuins in lang skyfies. Pak die skyfies in die tertkors. Klop die karamelkondensmelk liggies en bedek die piesangskyfies daarmee. Bak die tert ongeveer 35 minute lank totdat die kondensmelk blasies vorm. Verkil die tert tot yskoud. Klits die room tot styf. Stapel dit op die karamellaag.

Lewer 'n middelslag-tert.

Kos & resepte | 0 kommentare

Hoendertert

So., 20 Mei 2018 08:54

HOENDERTERT

½ pak (100 g) kraakbeskuitjies (cream crackers)
250 g gaar hoendervleis
500 ml melk (2 k)
1 pakkie hoenderroomsop-poeier
100 g grof gerasperde cheddar-kaas (1 k)
3 eiers

Verhit die oond tot 180°C. Smeer 'n reghoekige, oondvaste tertbak met 'n volume van 1,5 liter (6 k). Bedek die boom en sye van die tertbak met kraakbeskuitjies en halveer die beskuitjies waar nodig. Verkrummel die beskuitjies wat oorbly en hou dit eenkant. Sny die hoendervleis fyn. Meng die melk en hoenderroomsoppoeier, verhit dit tot kookpunt en roer dit gedurig. Voeg die hoendervleis en kaas by en meng. Klits die eiers en roer dit by die vleismengsel. Giet dit in die tertbak. Strooi die beskuitjiekrummels bo-oor. Bak die tert ongeveer 45 minute lank totdat dit goudbruin en gaar is. Sit dit warm voor.

Lewer 6 porsies.

Kos & resepte | 0 kommentare

Hoender marinade

So., 20 Mei 2018 08:48

Hoender marinade

6 porsies
½ k slaaiolie
2 e worcestersous
½ k asyn
1 ½ t mosterd
1 t rooipeper
2 e gerasperde ui
3-5 knoffelhuisies fyn gerasper
3 e bruin suiker
sout

Meng en laat hoenderstukke oornag in sous lê.
Sout na smaak wanneer braai.

Kos & resepte | 0 kommentare

Hoendergereg

So., 20 Mei 2018 08:48

Hoendergereg

1 pakkie bruin uie sop
250ml kookwater
250ml bladjan
250ml mayonnaise

180 grade 30 min met foelie, 30 min sonder foelie.

Kos & resepte | 0 kommentare

Hawermputplaatkoekies

So., 20 Mei 2018 08:47

HAWEMOUTPLAATKOEKIES

240 g hawermout (3 k)
240 g bruismeel (3 k)
7 ml sout (1 ½ t)
2 eiers
875 ml melk (3 ½ k)
sonneblomolie vir vlak braai

Meng die hawermout, bruismeel en sout. Klits die eiers en voeg die melk by. Maak die hawermoutmengsel daarmee aan en meng dit goed. Laat die beslag n rukkie staan. Verhit oor matige hitte in n dikboom-braaipan net genoeg sonneblomolie om die boom van die pan kwistig te smeer. Skep eetlepels vol beslag n entjie uitmekaar in die pan. Bak die plaatkoekies totdat borreltjies bo-op vorm en dit aan die onderkant goudbruin is. Keer dit om en bak die ander kant ook tot goudbruin. Sit die plaatkoekies warm voor met botter en kaas, goue stroop of heuning.

Lewer ongeveer 50 plaatkoekies.

Kos & resepte | 0 kommentare

Groente Tert

So., 20 Mei 2018 08:45

GROENTE TERT

100 g rou skulpnoedels
125 g spekvleis in stukkies gesny
70 g bevrore gemengde groente
½ kop pitmielies
swartpeper
500 ml melk
3 ml droë basielkruid
1 pakkie (60 g) uiesoppoeier
5 ml franse mostert
30 ml suurlemoensap
125 ml gerasperde cheddar kaas
3 eiers, geskei

Voorverhit oond tot 180 °C.
Kook die noedels in vinnig kokende soutwater tot net sag. Dreineer.
Braai die spekvleis tot gaar.
Maak die groente gaar: Plaas sommer in 'n glasbak en bedek met Glad Wrap , prik die plastiek met 'n vurk en mikrogolf vir 8 9 minute. Skud die groente 'n paar maal tydens die gaarmaakproses. (Groente hoef nie eers ontvries te word nie)

Gooi gaar groente, pitmielies en noedels in 'n bak, ('n oval pirex bak is net groot genoeg). Geur na smaak met swartpeper.

Meng 'n bietjie van die melk met die uiesoppoeier tot 'n gladde pasta. Verhit die res van die melk saam met die basielkruid 2 minute lank in mikrogolfoond. Voeg by uiesoppasta en meng goed. Mikrogolf sowat 5 minute lank tot die sous kook en verdik. Geur die sous met die franse mostert en suurlemoensap. Voeg ook cheddar kaas by en meng goed. Laat effens afkoel. Klits eiergele effens en meng by die uiesopmengsel. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou met 'n metaallepel by die uiesopmengsel in.
Giet twee derdes van die sous oor die groente en meng liggies. Sprinkel spekvleis oor en giet die res van die sous oor.
Bak sowat 30 minute of tot die bokors goudbruin en uitgepof is.
Dien dadelik op. Hierdie is heerlik saam met braaivleis of kan ook as 'n ligte maal bedien word.

Kos & resepte | 0 kommentare

Groente Kerrie

So., 20 Mei 2018 08:43

Bestanddele:
1 teelepel kerriepoeier (soos wat julle laaik)
1 teelepel botter
8 klein uie, in kwarte gesny
1.5 teelepels koekmeel
1.75 koppies water
3 eetlepels tamatiepasta ( ek vat sommer tamatiesous)
0.5 teelepel gemaalde koljanderkorrels
Knippie borrie
200 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
250 g groenbone, skoon
150 g klein worteltjies, geskil
100 g ertjies
(pakkie klein mielies) is nie in resep, maar was vir my lekker...
1 koppie klapperroom (coconut milk)
Sout en peper

Metode:

Verhit botter in pan en soteer ui tot sag en effens verbruin.

Roer die meel by en voeg die water stadig by; meng goed om klonte te
voorkom.

Meng die oorblywende bestanddele by (behalwe klappermelk en koljander)
en laat prut met deksel op tot groente sag is.

Verwyder van plaat en roer klappermelk en koljander by.

Hoop dis lekker!!!
1.5 beteken 1 en 'n half - kan nie half teken tik nie...
Probeer van daai klein jong boontjies kry - hulle is heerlik.

Kos & resepte | 0 kommentare

Gevlude eiers

So., 20 Mei 2018 08:41

GEVULDE EIERS

6 eiers
60 ml mayonnaise, maaskaas met room of ongegeurde jogurt (1/4 k)
50 g grof gerasperde cheddar-kaas (1/2 k)
1 uitjie
sout
peper

Kook die eiers tot hard, dop dit af en halveer dit oorlangs. Skep die eiergele versigtig uit en maak dit fyn. Voeg die kaas en ui by asook sout en peper na smaak. Meng dit goed. Skep die mengsel in 'n spuitsak en spuit rosette in die eierwithelftes. Of skep die vulsel met 'n teelepel in die eierwitte.

Lewer 12 happies.

Kos & resepte | 0 kommentare

Geelrys

So., 20 Mei 2018 08:37

Geelrys

2k kookwater
1el geelsuiker
1/2t sout
1t fyn borrie
1/4k rosyne
½e botter
1/2k rys

Kos & resepte | 0 kommentare

Duiwels lekker biefstuk

So., 20 Mei 2018 08:35

Duiwels lekker biefstuk (lewer 6 porsies)

1 kg biefstuk soos lendestuk, in 2,5 cm dik stywe gesny
25 g(50 ml) koekmeelblom
10 ml sout
7 ml mosterdpoeier
1 ml peper
50ml kookolie
250 ml water
20 ml Wostersous
5 ml sojasous

Metode:

1. Vee vleisskywe met 'n klam lap af en plaas op 'n werksblad.

2. Sif koekmeelblom, sout, mosterdpoeier en peper saam en strooi helfte daarvan oor die vleis.

3. Kap meelmengsel kruis en dwars oor die draad van die vleis met die rand van 'n dik piering in.

4. Draai vleiskywe om, strooi res van meelmengsel oor en kap ook in.

5. Verhit kookolie in 'n groot swaarboom-pot tot rookwarm.

6. Braai een vleisskyf op 'n keer vinnig aan weerskante daarin tot bruin.

7. Skep vleis terug in kastrol na alles gebraai is.

8. Meng water, worcester- en sojasous en gooi oor vleis.

9. Sit deksel dig op, verlaag hitte en prut 2-3 uur baie stadig, moenie deksel oplig nie. (As vleisskywe dunner as 2,5 cm is, word hulle korter geprut).

10. Dien op met rys of aartappels.

Kos & resepte | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1739  1740  1741  1742  1743  1744  1745  1746  1747  1748  1749  1750  1751  1752  1753  1754    »]
Tyd nou: Sa. Jun. 06 19:44:51 UTC 2026