Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Sjokoladevierkante
Sjokoladevierkante [boodskap #27] So, 20 Mei 2018 09:10
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
SJOKOLADEVIERKANTE

1 ½ pak (300 g) marie- of tennisbeskuitjies
200 g kooksjokolade
175 g botter of margarien (3/4 k)
30 ml goue stroop (2 e)
75 g grondboontjies of grof gekapte neute (1/2 k)
75 g pitlose rosyntjies (1/2 k)

Smeer 'n vlak tertbak of pan van naastenby 30 cm * 20 cm * 5 cm. Verkrummel die beskuitjies. Smelt die kooksjokolade, botter of margarien en goue stroop oor lae hitte saam. Voeg die beskuitjiekrummels, grondboontjies of ander neute en rosyntjies by en meng goed. Druk dit styf vas in die tertbak of pan en verkoel dit tot styf. Sny die koek met `n skerp mes in vierkantjies van 4 cm * 4 cm.

Lewer 35 vierkantjies.
Vorige onderwerp: Koffiekoekies
Volgende onderwerp: Meksikaanse Chilli
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 04:55:58 MGT 2024