'n Brandweerwa het 6 wiele en 6 bemanningslede.
6 + 6 = 12
Daar is 12 duim in 'n liniaal.
Die Engelse woord vir liniaal is "ruler".
Die "ruler" van Engeland is Queen Elizabeth.
Daar is 'n skip met die naam "Queen Elizabeth".
Die "Queen Elizabeth" vaar op die see.
In die see is daar visse.
Visse het vinne.
Die Finne het egter teen die Russe baklei.
Die Russiese leer staan bekend as die Rooi Leer.
Daarom het 'n brandweerwa 'n rooi leer.
250 ml piesangmoes (1 k)
60 ml sonneblomolie (1/4 k)
50 ml suiker (3 e)
2 eiers
400 g bruismeel (3 k)
30 ml vlapoeier (2 e)
Verhit die oond tot 230°C. Smeer 'n groot bakplaat. Klits die piesangmoes, sonneblomolie, suiker en eiers baie goed saam. Sif die bruismeel en vlapoeier saam. Sny dit met 'n slaplemmes by die piesangmengsel in. Skep dessertlepels vol deeg 'n entjie uitmekaar op die bakplaat. Bak die skons ongeveer 12 minute lank tot goudbruin. Plaas dit op 'n draadrak om af te koel.
100 g wit en pienk malvalekkers
100 g kooksjokolade
50 g fyn gekapte neute (1/2 k)
Steek 'n peuselstokkie in 'n plat sy van elke malvalekker. Breek die sjokolade in stukkies en smelt dit in 'n bakkie oor warm water. Hou elke malvalekker aan sy peuselstokkie vas en rol dit in die sjokolade totdat dit rondom daarmee bedek is, maar nie aan die plat kante nie. Rol dit dadelik in die neute. Plaas die snoepies op 'n vel waspapier om hard te word.
Kors
500 ml, ongesif afgemeet, koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 g margerien, by kamer temperatuur
150 ml melk
Vulsel
250g Weense worsies, grof gerasper
500ml gerasperde kaas
50 ml margerien
1 ui fyn gekap
7 ml worcestersous
7 ml anngemaakte mosterd
1 eiergeel & 25 ml melk saamgeklits
vars pietersielie of ander kruie
Voorverhit oond tot 200 C. Smeer bakplaat. Sif meel, bakpoeier & sout saam. Vryf margerien liggies met vingerpunte in meelmengsel tot goed gemeng.
Sny melk met 'n slaplem mes in meelmengsel terwyl geleidelik in straaltjie bygevoeg word, 'n taamlike stywe deeg moet ontstaan. Rol deeg op meel bestrooide deegplank uit in 'n reghoek van 35x27 cm.
Meng worsies, kaas en margerien, ui, worcestersous en mosterd saam. Smeer mengsel ewe dik oor deeg. Rol deeg soos 'n rolkoek van een sy af op met vulsel tussenin.
Plaas rol op bakplaat. Sny rol in dunnerige skywe met skerp mes, maar moenie rol tot onder sny nie die boom moet heel bly. Trek skywe effe uitmekaar, Verf eiermelk bo-oor.
Bak rol op middelste rak, vir 20 minute of tot ligbruin en gaar.
500 g dadels
250 g malvalekkers
1 ¼ pak (250 g) marie-beskuitjies
250 ml room (1 k)
5 ml vaieljegeursel (1 t)
Sny die dadels fyn. Knip die malvalekkers met 'n nat skêr in stukkies. Rol die beskuitjies fyn en hou sowat 60 ml (4 e) daarvan eenkant. Klits die room tot baie styf. Voeg die vanieljegeursel by en klits dit tot gemeng. Voeg die dadels, malvelekkers en beskuitjiekrummels by en meng baie goed. Halveer die mengsel. Strooi die helfte van die krummels wat eenkant gehou is, op `n vel waspapier of aluminiumfoelie. Fatsoeneer een helfte van die mengsel daarop in `n rol, 20 cm lank en 5 cm in deursnee. Rol dit in die waspapier of aluminiumfoelie toe. Doen dieselfde met die ander helfte mengsel en krummels. Verkil die rolle minstens 12 uur lank of vries dit. Om te eet: Sny 1 cm dun skyfies af.
300 g kooksjokolade
125 g botter of margarien
125 ml goue stroop (1/2 k)
130 g versiersuiker (1 k)
200 g rice krispies (5 ½ k)
7 ml vanieljegeursel (1 ½ t)
Verhit die kooksjokolade, botter of margarien en goue stroop saam oor lae hitte tot gesmelt. Sif die versiersuiker oor en meng goed. Haal die mengsel van die stoof af. Voeg die rice krispies en vanieljegeursel by die sjokolademengsel en meng dit goed. Smeer 'n reghoekige pan of bak van naastenby 30 cm * 20 cm * 5 cm. Druk die pofrysmengsel styf daarin vas. Verkil dit `n rukkie en sny dit dan in reghoekies van 4 cm * 3 cm. Bere die koekies in die koelkas.
4 groot, ryp piesangs
1 blik (425 g) vrugteslaai
125 ml kondensmelk (1/2 k)
60 ml mayonnaise (1/4 k)
sap van 1 suurlemoen
Skil die piesangs en sny dit in skyfies. Dreineer die vrugteslaai en sny die vrugtestukkies kleiner. Meng die kondensmelk, mayonnaise en suurlemoensap. Voeg die piesangskyfies en vrugtestukkies by en meng alles liggies saam. Verkil die slaai.
Koop die gesamentlike pak of koop die Fajitas (pannekoeke) en die Fajita Sous apart.
Sny hoenderborsies in repies (soos Sjinese, ten minste 'n borsie per kop)
2 Russies groterig gesny in skywe (2 kleure vir kleur)
1 Medium ui (Repe gesny)
Knoffel (opsioneel)
Braai tot alles gaar is en gooi die sous oor bg. Laat sous lekker deur
warm word en bietjie dikker (dit moet nog loperig wees). Verhit die
pannekoek so 2/3 minute op hoog in mikrogolf.
Eet pannekoek, gesmeer met room en gestrooi met kaas (opsioneel) en die
mengsel bo-oor. Vou pannekoek toe en eet.
Kan ander bestanddele ook gebruik. Tortillas tjips is ook 'n lekker bygereg. Mens kry gebottelde chillies vir iemand wat van WARM geregte hou.