> From: "Abi Coetzee"
> To: Multiple recipients of list
> Subject: [AFRIKAANS:5396] Tik van Omega en delta
> Henry en Marius skryf:
>> Henry Flint skryf.
>>>> Ek sien almal sukkel om Omega en delta te tik. Daar word meestal e^ ens.
>>>> gebruik. Die manier om die twee karakters te tik is om die "Alt"
>>>> sleutel in te hou en dan die syfers 136 vir Omega en 137 vir delta te druk.
>>>> Sodra die "Alt" sleutel gelos word sal die karakter verskyn. "Numlk"
>>>> moet aan wees en die syfers moet op die grys numeriese sleutelbordjie
>>>> gedruk word.
> Abi antwoord:
> Verkieslik moet geen "Alt" karakters gebruik word nie. Ons sit hier
> met 'n Globale Netwerk waar mense verskillende sagte- sowel as
> harde- ware gebruik. Verskillende sleutelbord drywer programme word
> ook gebruik wat kan maak dat 'n betrokke "Alt" karakter as iets
> heeltemal anders vertoon kan word as wat die oorspronklike versender
> bedoel het. Vermy dus die gebruik van "Alt" karakters.
> Groete.
> ==========================================================
> Abi Coetzee
> Senior Technician
> Bloemfontein
> South Africa
> ==========================================================
Dankie vir die korreksie Abi. Ek het gepraat voor
ek werklik gedink het.
Ai, ja... en ons het so baie vryheid van spraak gehad in die vorige
bestel ne^?
Is die veranderde woord dalk "kaffer"? Sover ek weet is dit nie 'n
verbode woord nie.
Wat wel onder die grondwet beskerm word is mense se waardigheid. Ek
reken dit het miskien meer met goeie maniere en beskaafdheid te doen
as met beperkinge. Toe ek klein was, het my ma my vryheid om my pap
oor die tafel na my suster te gooi, ook beperk.
Ernie Wentzel het een keer in 'n artikel in 'n tydskrif (ek dink dit
was Dennis Becket se Frontline in die beginjare) 'n omskrywing van 'n
liberalis gegee as min of meer iemand wat glo aan die handhawing van
die reg vir elkeen om sy lewe te kan lei soos hy wil.
In die Emerican Heritage Dictionary staan die volgende: " A political
theory founded on the natural goodness of human beings and the
autonomy of the individual and favoring civil and political liberties,
government by law with the consent of the governed, and protection
from arbitrary authority."
Dit klink vir my baie great.
( Wie op aarde was Gerhard Beukes?)
Ek is 'n arme Boerenoi,
By vele min geag;
aar tog is ek van edel bloed,
En van 'n hoog geslag.
Uit Holland het myn pa gekom
Na sonnig Afrika;
Uit Frankryk, waar die druiftros swel,
Myn liewe, mooie ma.
Hul skel my uit vir Hotnotsmeid,
Maar ek gee daar nie om;
Want aan myn lippies kan jy sien
Van wat geslag ek kom.
Soet vloei die woordjies uit myn mond;
Dit het ek van my ma;
aar as ek bid, dan hoor jy wel,
Ek is 'n kind van pa.
yn sussie wat uit Holland kom,
Die hou verniet haar groot:
Die lug is alte skerp vir haar,
Sy is al amper dood.
Die dokters kom nou bymekaar,
Hul maak tesaam 'n "Bond";
aar tog met al die doktery
Word sy nooit weer gesond.
yn niggie met haar stywe nek,
Die loop in rooi satyn;
En baing jonkmans loop haar na;
Sy denk hier baas te syn.
aar as die awenduurtjie kom,
Dan is die klomp by my:
Dis "hartjie" voor en "hartjie" na:
"Laat ons 'n bietjie vry!"
As ek maar eers myn vryer het,
'n Digter vol van moed;
Een wat my om myself bemin,
En nie maar om myn goed;
Wanneer die vryer tot my kom,
Vat ek hom by die hand,
En maak ek hom, hoe swak ek skyn,
Nog koning in die land.
Want ek het onder in myn kis
'n Ware towerstaf,
Wat ek nog van myn ouma het,
En niemand weet daaraf.
Hef ek die staf op, "Moedertaal",
Dan volg die land my na:
En ek is netnou koningin
Van heel Suid-Afrika!
Ek sien dat iemand dalk oorweeg ( of het dalk alreeds ) 'n WWW
bediener met Afrikaanse gedigte daarop wil opstel.
Ek is lid van die Junior Rapportryers en ons speel ook met die gedagte
rond om iets soortgelyks te doen. ( Miskien ook met inligting oor
Afrikaanse literatuur, nuwe Afrikaanse musiek en Afrikaanse kultuur
aktiwiteite ens.)
Alles is nog in 'n beplanningsfase, en ek sou graag verneem van enige
persoon of instansie wat iets soortgelyks beplan of reeds gedoen het.
Is daar dalk van die akedemici of uitgewers wat ook reeds soortgelyke
inligting op die Internet het ?
Sou dit vir u tot enige waarde wees en watter spesifieke behoeftes
kan ons dalk daarmee aanspreek ? Laat weet tog vir my.
Voor iedereen is de Nederlandse teletekst via Internet te
benaderen. Dus het laatste nieuws tot het weer in de gehele wereld
nu te bekijken.
Kijk naar HTTP://WWW.OMROEP.NL/CGI-BIN/TT/NOS/PAGE
Die berigte word gelos deur "vlamgatte". Hulle lok uit en sê enigiets
om mense in 'n forum kwaad te maak. Ek dink die idee (onder die meer
intelligentes) is om te sien hoe 'n lang woordestorm hulle kan begin.
Dis maar soos ouens wat uit bewegende karre vir 'n mens skreeu as jy
draf.
Gooi vir hulle 'n "toffie" (die internasionale teken van die duim en
vingers) en draf voort.
Gerald van Eeden skryf onlangs: "Gelukkig is daar nog 'n organisasie
soos die Afrikanerbond (voorheen...die Broederbond) waarvan die lede
nog daarmee erns is om Afrikaans te handhaaf." Robert Wagenaar
skryf in antwoord: "Ek is 'n bietjie bevrees daarvoor, dat Afrikaans die
eksklusiewe eiendom word van die Afrikanerbond."
Ek verstaan heeltemal Robert se vrese. Desnieteenstaande, dink
ek dat 'n mens nie die Afrikanerbond en 'n toekomstige rol daarvoor in
die nuwe Suid-Afrika moet ontmoedig nie. In die dekades voor die val
van apartheid was die Broederbond in 'n geweldige magsposisie. Hulle
was heelwaarskynlik deels verantwoordelik dat ons geliefde vaderland
in die moeras van die apartheids-era beland het. Hulle druk was egter ook
verantwoordelik vir die uiteindelike besluite wat deur die Nasionale Party
geneem is om die apartheidswette af te skaf en die politieke gevangenes
vry te stel.
Volgens Allister Sparks in "Tomorrow is Another Country" het
Pieter de Lange, wat in 1983 voorsitter van die Broederbond geword het,
alreeds in 1986 kontak gehad met Thabo Mbeki by 'n Ford Foundation
byeenkoms op Long Island, New York. Dit was dus gedurende die tyd
van P.W. Botha nog. Sparks skryf: "De Lange claims that the Broederbond
was well ahead of the National Party in its reformist thinking." Sparks is
ook vol bewondering vir Broederbonders soos Sampie Terreblanche en
Willie Esterhuyse wat later aktief deelgeneem het aan gereelde kontakte
met die A.N.C. en belangrike kataliste geword het in die veranderende
denke van die Afrikaner intelligentsia, saam met mense soos Willem de
Klerk, die broer van die man wat uiteindelik die taak sou erf om die
Afrikaner los te maak van die vrag wat hy vir dekades op sy eie skouers
geplaas het en later te swaar gevind het om te dra.
'n Mens hoop dus dat die Afrikanerbond nou homself aktief sal
beywer vir die voortbestaan van Afrikaans deur volop geldelike hulp te
soek vir die instandhouding van robuuste Afrikaanse koerante. (Wat 'n
genot vir 'n Afrikaner in Noord-Amerika om die Beeld , die weeklikse
Burger ens. in Afrikaans af te laai!) Hulle kan ook byvoorbeeld dit
makliker maak vir mense om in Afrikaans te publiseer deur Afrikaanse
letterkundige tydskrifte te ondersteun en nuwes in stand te bring. Ek
hoop ook dat die Afrikanerbond miskien dit sou oorweeg om hulself
die Afrikaanse Bond te noem, om sodoende die vier miljoen sprekers
van Afrikaans wat nie sogenoemd "wit" is nie, onder hulle vlerke te
neem . Hulle kan ondersteuning verleen met beurse vir studente wie se eerste taal
Afrikaans is, pryse vir Afrikaans in skole waar die voertaal Engels is, en
net 'n algemene poging om te verseker dat dit 'n vreugde sal bly om in
Afrikaans te skryf, te praat en te dig.
Gloudina Bouwer
I just read a beautifull story in a book called 'Kort Afrikaans':
Karolina Ferreira. Some of the Afrikaanse authors in the book are
quite well-known in The Netherlands, but Lettie Viljoen is not.
Can anyone tell me more about her? What did she write before? Is her
work translated in English or Dutch? If not, it should be, in my
humble opinion!!
+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Christel Terwiel, Women's Reproductive Health Consultancy
Utrecht, The Netherlands
Phone: *31 30 2769201 (office) | *31 30 2730130 (home)
Oor Retha Harmse: Daar is 'n nasionale heldin wat nie genoeg (come to
think of it, glad nie) besing word nie.
Wat sy gedoen het was so gesond en goed dit maak my nou nog aangedaan.
Sy het mos gesien Hani word geskiet en die skieter ry weg.
Toe ry sy agterna, lees die nommer van sy kar, se dit hardop oor en
oor om dit nie te vergeet nie, draai om en hardloop haar huis (oorkant
Hani s'n) in al opsee^nd aan die nommer.
Toe bel sy die Polisie, se wat gebeur het en gee die nommer. Toe vang
hulle die ou minute later.
Nou, sy was nie 'n "comrade" nie. Sy was nie 'n "commie" nie. Sy was
nie 'n vriend van Hani nie.
Sy het iets gesien wat sy besef het verkeerd is. Toe waag sy haar lewe
om die "regte" ding te doen.
En toe red sy Suid-Afrika.
Ek was as joernalis by Hani se begrafnis en het daardie tyd verslag
gedoen oor veral die ANC en onderhandelinge.
Glo my, as Wallus (die Pool, Derby-Lewis se maat) nie gevang was nie,
was Suid-Afrika waarskynlik die afgrond in.
Daardie tyd was die een keer dat ek begin vat-vat het aan die idee dat
alles om my waarskynlik vernietig gaan word.
Die begrafnis self het ook gewys hoe naby ons daaraan was.
Dit was op 'n mespunt. Oral in die land - plekke soos Knysna, Kenton
on Sea, Oudtshoorn - was dit op die punt om uit te breek - optogte wat
net-net nie losbars nie en vreesbevange polisie. Ek het self by die
begrafnis gesien hoe 'n pantserkar vol vreesbevange polisie anderkant
kyk en stadig, versigtig wegry terwyl 'n paar honderd jeugdiges 'n
winkel aan die brand steek en plunder.
Die feit dat Wallus gevang was en daar dus bewys kon word Hani is
geskiet deur mense wat buite die onderhandelingsproses staan en dit
vyandig was, kon mense soos Tutu, Slovo en Mandela sake beheer en die
fokus terugbring op die onderhandelde oorwinning.
As Wallus nie gevang was nie, sou die vingers blitsvinnig na die derde
mag, die regering, FW ens. gewys gewees het (dit sou maar van die
vingers gewees het) en die onderhandelingsproses sou op die minste
gesukkel het om te oorleef. Dit sou waarskynlik gesterf het en die
politiek sou geweldadig en vernietigend geword het.
Retha Harme is 'n held van ons tyd.
'n Rolmodel vir die goeie burger wat die land groot sal maak.
Ek wens ek kan haar ontmoet (het nooit) om dit vir haar te se.
Cheers,
Ferdi
Toe dit laasweek so gereen het by die see het ek Andre Brink
se boek "Sandkastele" gelees.
Dis minder langdradig as "Die Kreef raak gewoond daaraan" maar hy rek
nog steeds die storie te veel uit na my smaak.
Brink preek nog baie in die boek.
Verder was die storie OK , daar was ten minste een boer in die boek
wat nie 'n fucked up dinosuarus was nie.
Ek dink die boek was beter as "Die kreef raak gewoond daaraan"
Stukkies van Sandkastele is briljant.
Brink is ongelooflik behendig met sy taal, maar die storie in geheel
wil nie lekker jel nie.