Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: gedigte, rapporters ens (was Afrikaanse WWW bediener)

Ma., 08 Januarie 1996 00:00

In article Fanus Johnson
writes:



> Ek sien dat iemand dalk oorweeg ( of het dalk alreeds ) 'n WWW
> bediener met Afrikaanse gedigte daarop wil opstel.

Was dit ek? Seker.

> Ek is lid van die Junior Rapportryers en ons speel ook met die gedagte
> rond om iets soortgelyks te doen. ( Miskien ook met inligting oor
> Afrikaanse literatuur, nuwe Afrikaanse musiek en Afrikaanse kultuur
> aktiwiteite ens.)


Interessant om dit van die junior rapporters te verneem, verskoon my
sinisme.
Op my dag (vroee tagtigs) het die rapporters ons wiele op die kampus
afgeblaas en multiracial paarties opgebreek.

Anyway ja, my vrind roy blumenthal daar van barefoot press haak my elke
slag
as ek gaan koffie drink oor die afrikaanse seksie wat hy wil he^ ek by
barefoot moet voeg, soort van 'n kaalpoot pers ding.

Tyd is 'n bietjie beperk, maar ek moet seker ietsie vir my volkie doen,
siende
dat ek laas in 1972 by 'n geloftedag was.

So ek rig 'n uitnodiging aan alle closet skrywers digters en seepkis
dominees
en woordboemelaars om bydraes te stuur. As ek so paar bymekaar het dan
sal ek
dit aanmekaar haak en as kaalpoot pers op roy se site sit.

.. en dalk sien perskor dit raak en publiseer 'n
cyber-afrikaanse-versamelde-werke.


En ek belowe: geen sensurering nie. Alles vuil, domastrant, arrogant, vol
afrikanerangst asook goed genoeg vir die agterblad van die kerkbode sal
verskyn.

> Is daar dalk van die akedemici of uitgewers wat ook reeds soortgelyke
> inligting op die Internet het ?

Nasionale Pers het 'n site, as dit is wat jy bedoel. Maar dis meer net
vir die
koerante. Meeste afrikaanse uitgewers moet nog eers uit die middeleeue
wakkerskrik.

> Sou dit vir u tot enige waarde wees en watter spesifieke behoeftes
> kan ons dalk daarmee aanspreek ? Laat weet tog vir my.

Waarde? Dit sal tog net so fokken nice wees as daar meer goed op die Net
in
afrikaans is wat entertaining is, en nie in 'n didaktiese diskussie
verval nie.

Behoeftes? hmm...

Groetnissies,

charl

Prosa & poësie | 2 kommentare

warmlugballonrit

Ma., 08 Januarie 1996 00:00

Weet iemand dalk van 'n mens/onderneming wat warmlugballonritte rondom
Pretoria-Johannesburg aanbied? Of waar ek moontlik kan soek?

Baie dankie.

Tjoeks

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: WK.WD.WW.!

So., 07 Januarie 1996 00:00

Isabelle wrote in soc.culture.south-africa.afrikaans about "WK.WD.WW.!":
> Wie kan ? Wie durft? Wie wil ?

Ik kan. Ik durf. Maar ik weet niet of ik wil.

> Isabelle (Norway)

Groeten aan het Stavangerse. Leuk stadje.

Jaap

--
L'autoroute n'est pas une poubelle!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Eitemal ???

Sa., 06 Januarie 1996 00:00

Het iemant van die Suid-Afrikaanse skrywer (author)
"W.J. du P. Erlank (Eitmal)" ooit gehoor?
As jy het van hom gehoor, kan jy vir my sê wat hy het geskryf?
Dankie,


_____
/ 0 0 \
( U )
------------------------------------------OOO-----------OOO- ----------
ANDREW HARWOOD
Environmental Engineering
Carleton University

Email : ahar...@chat.carleton.ca OR har...@engsoc.carleton.ca
Postal: 7 Weatherwood Cres.; Nepean, Ontario; K2E 7C5; Canada
-----------------------SPRINGBOKS RULE THE WORLD----------------------

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Re: [AFRIKAANS:5437] Re: GRONDBESIT, WERKPERMITTE ENS (fwd)

Vr., 05 Januarie 1996 00:00

>>

Nie waar nie. Jode, Duitsers en Hollanders (onder andere) is maklik
aanvaar as immigrante of permanente inwoners of besitters van eiendom.
Swart Jode en Swartmense met Hollandse burgerskap sou egter nie 'n kat
se kans gehad het nie. Die drakoniese wette het gegaan oor velkleur.
Maak nie saak wat die gedeeltelike herkoms daarvan was nie, dit was
omtrent uitsluitlik gemik teen mense wat nie Westers blank was nie
omdat swart velle as minderwaardige mense gesien was.
.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: [AFRIKAANS:5407] Wat is 'n liberalis? (fwd)

Vr., 05 Januarie 1996 00:00

"Nico van der Dussen" Dink ek het geskryf:

>Hiermee 'n klip in die bos..
>Ek het 'n interessante definisie gekry van 'n liberalis in
>"Verkiesing sonder Politiek" deur Gerhard J Beukes (1956)
>Ongelukkig moes ek 'n enkele woord verander weens die beperkinge op
>Vryheid van Spraak wat sedertdien ingetree het.

Ai, ja... en ons het so baie vryheid van spraak gehad in die vorige
bestel ne^?
Is die veranderde woord dalk "kaffer"? Sover ek weet is dit nie 'n
verbode woord nie.
Wat wel onder die grondwet beskerm word is mense se waardigheid. Ek
reken dit het miskien meer met goeie maniere en beskaafdheid te doen
as met beperkinge. Toe ek klein was, het my ma my vryheid om my pap
oor die tafel na my suster te gooi, ook beperk.

Ernie Wentzel het een keer in 'n artikel in 'n tydskrif (ek dink dit
was Dennis Becket se Frontline in die beginjare) 'n omskrywing van 'n
liberalis gegee as min of meer iemand wat glo aan die handhawing van
die reg vir elkeen om sy lewe te kan lei soos hy wil.

In die Emerican Heritage Dictionary staan die volgende: " A political
theory founded on the natural goodness of human beings and the
autonomy of the individual and favoring civil and political liberties,
government by law with the consent of the governed, and protection
from arbitrary authority."

Dit klink vir my baie great.
(Wie op aarde was Gerhard Beukes?)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Apartheid?Apartheid!

Vr., 05 Januarie 1996 00:00

Hurdy-Gurdy, Afrikaans Guys and Girls!

Do you know something about Hungary?
It`s a little country, that you don`t know, hey, hey, hey!

Just one question: did you like apartheid? Because in our country everybody
knows, that afrikaans is a racist nation. I always try to save your pride
against them, but it not an easy task/some people talk about revolution, some
people talk about rehabilitation. But everybody knows, that the revolution is
today!/.

Bye,

Zeeeeeeeeeeeeeeeusz

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Moet ek met heirdie newsgroup afrikaans praat?

Do., 04 Januarie 1996 00:00

10 years since I left Paarl - echange student for one year. Someone help
me remember/practice die Taal?

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Re: Philips en so meer

Do., 04 Januarie 1996 00:00

<<<'n Sjinese werker in die konstruksiebedryf word glo sowat $1 per
"dag betaal. Dan werk die werker 'n skof van 12 uur 6 dae van die week en hy doen
"dit met 'n glimlag.

"Die Suid-Afrikaanse maatskappye kan net nie meeding teen sulke lae lone nie.
"Dis hard, maar ons mense het nog baie om te leer.

"Antonie>>>>

Ek stem saam dit sal 'n harde en moeilike les wees om te leer om te
oorleef op R80 per maand vir 'n 12 uur dag!
Besef jy dat die geboue wat so gebou word, waarskynlik inmekaar sal
donder omdat die werkers nie genoeg krag in hul lywe sal he om
behoorlik te werk nie!
(Vra jou vriende om net vir een maand kos en klere vir net een mens
vir R80 te gaan koop.)
En dan moet hulle natuurlik ook hul "rates en taxes" begin betaal,
magtag! Niks is verniet nie!
En die skoolfooie vir die kinders se skool want dis darem so
onregverdig dat 'n mens so belas word as jy meer as R50,000 'n jaar
maak! En dit net om te verseker dat "hulle" kinders verniet skool toe
kan gaan terwyl ONS moet betaal!

(...iets is fucked up hier....al is dit net die bytende agterdog dat
'n onsuksesvolle kommunistiese staat in SA waarskynlik 'n beter opsie
vir die werkers onder bespreking sal wees as 'n R80-wêreld .)

NS. Ek neem aan jou vriende sal ook bereid wees om die geld te maak
wat die "bosses" in China maak. Met dieselfde karre te ry. In
dieselfde huise te bly en dieselfde infrastrukture te he en dieselfde
winkels en dieselfde koopkrag onder die verbruikers!

Oor Philips: Kan iemand dalk sê of hulle 'n spesiale "deal" met die
vorige regering gehad het?
Was hulle operasies in die jare sewentig/tagtig soveel meer winsgewend
as vandag? Die uitvoere soveel beter? Die arbeid soveel goedkoper? Of
was daar ander faktore wat dit vir hulle voordelig gemaak het om hier
te bly?

Dit is waar dat wins die koning is in die wereld van besigheid, maar
dit is ook waar dat daar 'n soort moraliteit en kodes is onder die
beter maatskappye.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1665  1666  1667  1668  1669  1670  1671  1672  1673  1674  1675  1676  1677  1678  1679  1680    »]
Tyd nou: Di. Jun. 02 15:46:20 UTC 2026