| wurggreep [boodskap #151728] |
Ma., 01 Junie 2026 18:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25336 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wurggreep
Afbreking: wurg•greep
Samestelling: wurg + greep
Selfstandige naamwoord: wurggreep
Meervoud: wurggrepe
Verkleinwoord: wurggrepie
Meervoud van verkleining: wurggrepies
Betekenis:
• 'n Greep om iemand se nek om hom te wurg of te laat verstik.
• (figuurlik) 'n Sterk houvas of beheer oor iemand of iets.
Gebruik:
• Die rofstoeier het sy opponent in 'n wurggreep beet.
• Die droogte het die land in 'n wurggreep.
Vertaling:
Engels: stranglehold, chokehold; deadly grip
Nederlands: wurggreep, worggreep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|