Desmond Tutu sou verlede week, tydens die 10-jarige herdenking van die
WVK blankes as ondankbaar jeens swartes bestempel. Hy sou gese het: "I
just hope that one daythere will be a way to say:"thank you for not
wanting to knock our heads off."
Hierdie is 'n tipiese opmerking wat ek ver eerder van 'n verregse
verwag het. Die onderliggend dreigement van geweld. As blanke moet jy
deurlopend dankbaar wees dat jy nie aan geweld onderwerp word nie. (Hy
is natuurlik verkeerd indien jy al die swart op wit moorde,
verkragtings, aanrandings ens. in ag neem.)
Tutu en geledere moet elke aand op hulle kniee gaan en bid dat die
blnake in die land sal voortgaan om geduldig sy belasting te betaal.
Annette het my eens gevra wat ek teen Tutu het. Ek het haar toe nie
geantwoord nie. Nou is dit nie nodig nie. Tutu is 'n tweegatjakkals -
in sy jonger dae was hy, volgens hom, 'n "card-sharp". Ek dink nie dit
het enigsins verander het nie.
Gaan tot die keper en skraap
die patina vir spore uit die Kaap
tot die waarheid duidelik bo
op die rotse is van die Erongo.
Sedert die Rijger, Goede Hoop en Drommedaris
bewaar julle valse stukke by die argivaris.
In die wande ingegraveer
is ons baasskap verewig teen wind en weer.
Die bruin, wit en swart figure
moes julle saamgestel het op die binnemure;
pas op vir die dag as ons hatig en sku
op julle kasteel en wonings nader tree.
Vir die baasjagter raak die spore
van die gekwestes mos nooit verlore
en die ou fonteine nog gister brak
kan in swaar tye tog soet raak.
Net ons soos dier en plant
ken al die drinkplekke in die sand;
sal tot die einde met klou, tand
en bitter wortels bly in die land.
Intussen kook ons potte
gif vir die klomp veldrotte;
vervloek dié wat ons stryd
om 'n bestaan by die wortels byt
en wag tot die grootwild op 'n dag
die hoogtes moet verlaat en oornag
in die laagtes tussen dorings...
dan kry elke graf sy koedoehorings!
Mens wonder of enigiets wat hulle in die Withuis kan doen, kan
help om hulle bas te red. En mens gee ook nie eintlik om nie.
Maar dit laat mens darem sidder dat hierdie klomp soveel mag
in hulle hande het. Dat hulle oorloë kan maak, oorloë waarin
lande soos Kanada stadig maar seker ingetrek word ( soos
in Afghanistan) en vanwaar die body bags ook nou maar begin
terugkom, al is sommige van die gevalle friendly fire.
Wat Kanada die meeste vrees, is dat die groot skulde
wat die Bush-administrasie aangaan, sal lei tot die ineenstorting
van die Amerikaanse dollar. Dit sal drastiese gevolge hê vir
Kanada. Dis daarom dat die Hoof van Kanada se Reserwebank
aktief begin beroep doen op die Amerikaners om hulle fiskale
huis in orde te kry.
Gloudina
"Die grootste probleem sien ek in vandag se meer 'oop' samelewing.
Sedert jong mense begin het om mense wat jarre hulle senior is, begin
noem
het op die voornaam en werknemer saam met die base partytjiehou, is
dissipline by die deur uit."
En ek stem saam. Miskien is ek uit de oude doos maar ek hou ook nie van
hierdie "jy" en "julle" instede van "u" nie. Maar ek glo nie jongmense
si ongedissiplineerd en sleg nie. Inteendeel hulle gee my baie hoop -
maar ek dink hulle het leiding nodig. Afrikaners het 'n klomp skete -
maar dissipline moet bepaald nie een daarvan word nie.
Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
(behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
van al die verlorens af.)
Ek wil nou nie vir julle kom spam nie, eerder net vir julle vertel van
Afrikaanse Potgooie wat besig is om supercool te word!
Potgooie is soos radioprogramme wat jy op jou pc aflaai as mp3 files en dan
luister waar en wanneer jy wil. Jy hoef nie 'n iPod te hê nie. Jy kan dit op
jou PC of mp3 speler luister. Jy kan selfs as jy 'n CD brander het, 'n audio
cd maak en dit in jou kar luister. Daar kom meestal een keer per week 'n
nuwe aflewering van 'n Potgooi uit.
Op www.potgooi.nl kan jy die potgooi van my en my vrou download. Daar's ook
'n lys van al die Afrikaanse potgooie op die site. Op hierdie stadium is
daar Afrikaanse potgooie uit Nederland (dis nou ons), Suid-Afrika, Amerika,
Engeland en Australië. Die potgooikultuur het ongeveer 'n jaar gelede begin
en het uitgegroei tot meer as tien uiteenlopende Afrikaanse potgooie.
Probeer gerus 'n aflewering van elke potgooier en besluit self wie se
potgooie jy die meeste geniet. Of teken in op ALMAL (soos ek)! Ek weet nie
hoeveel van julle mense in die buiteland sit nie, maar dis heerlik om
bietjie Afrikaans te hoor.
Ek is besig om te werk aan 'n help bladsy op ons site en sal graag wil hoor
watse vrae julle het oor potgooie. (Julle kan die vrae op hierdie forum pos,
of aan my mail). Mense is geneig om te dink dat mens 'n computernerd moet
wees om potgooie te kan luister en dit is heeltemal nie so nie.
Die potgooi familie verwelkom ook steeds nuwe potgooiers uit al die dele van
die wêreld. As jy belangstel om jou eie show te begin kan jy kontak opneem
met Boerseun wat jou gratis op weg sal help. (Die link na Boerseun is ook op
ons site www.potgooi.nl)
Een van die potgooiers was so suksesvol dat hy selfs begin het om nou "live"
uit te saai! Ons hoop dat dit binnekort sal groei tot 24 uur per dag, maar
op hierdie stadium kan jy vyf uur per dag na top Afrikaanse musiek luister.
Gaan na www.kraaipromosies.co.za vir meer info oor "Uitsaaines Live"
Potgooie - Genot op jou iPod! (Of watter ander speler jy ook gebruik!)
Mnet het afgekondig dat, in lyn met die feit dat hulle die 'Kanaal van
Kampioene' is, gaan alle Stormers en Cats wedstryde in die toekoms op die
Cartoon-kanale uitgesaai word.............
Daar is 'n nuwe sokkerspel vir blinde ouens ontwikkel. 'n Klokkie word
in die bal geplant sodat die manne kan hoor waar die bal is.
By die eerste wedstryd is die roomysverkoper doodgeskop....