Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Cachet (1838-1912)
Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Cachet (1838-1912) [boodskap #5133] Di, 02 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die Afrikaanse Taal
J. Lion Cachet (1838-1912)

Ek is 'n arme Boerenoi,
By vele min geag;
aar tog is ek van edel bloed,
En van 'n hoog geslag.
Uit Holland het myn pa gekom
Na sonnig Afrika;
Uit Frankryk, waar die druiftros swel,
Myn liewe, mooie ma.

Hul skel my uit vir Hotnotsmeid,
Maar ek gee daar nie om;
Want aan myn lippies kan jy sien
Van wat geslag ek kom.
Soet vloei die woordjies uit myn mond;
Dit het ek van my ma;
aar as ek bid, dan hoor jy wel,
Ek is 'n kind van pa.

yn sussie wat uit Holland kom,
Die hou verniet haar groot:
Die lug is alte skerp vir haar,
Sy is al amper dood.
Die dokters kom nou bymekaar,
Hul maak tesaam 'n "Bond";
aar tog met al die doktery
Word sy nooit weer gesond.

yn niggie met haar stywe nek,
Die loop in rooi satyn;
En baing jonkmans loop haar na;
Sy denk hier baas te syn.
aar as die awenduurtjie kom,
Dan is die klomp by my:
Dis "hartjie" voor en "hartjie" na:
"Laat ons 'n bietjie vry!"

As ek maar eers myn vryer het,
'n Digter vol van moed;
Een wat my om myself bemin,
En nie maar om myn goed;
Wanneer die vryer tot my kom,
Vat ek hom by die hand,
En maak ek hom, hoe swak ek skyn,
Nog koning in die land.

Want ek het onder in myn kis
'n Ware towerstaf,
Wat ek nog van myn ouma het,
En niemand weet daaraf.
Hef ek die staf op, "Moedertaal",
Dan volg die land my na:
En ek is netnou koningin
Van heel Suid-Afrika!
Re: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Cachet (1838-1912) [boodskap #5153 is 'n antwoord op boodskap #5133] Sa, 06 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JJ Swanepoel  is tans af-lyn  JJ Swanepoel
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Geagte mnr. Bouwer,

Ek het met belangstelling gemerk dat u Afrikaanse gedigte op die
Internet geplaas het. Stuur asseblief meer besonderhede oor Hoeveel, Waarom
en Rede. My skermposnommer is j...@socdyn.hsrc.ac.za.

Met vriendelike groete

Johann Lodewyk Marais
,
Re: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Cachet (1838-1912) [boodskap #5155 is 'n antwoord op boodskap #5133] So, 07 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
im...@iafrica.com (JJ Swanepoel) wrote:

>

Ek doen dit ook soms. My redes is: Ek hou van gedigte en van
Afrikaanse gedigte en van die deelnemers aan die forum wat oorsee is
(Suid-Afrikaners sowel as nie-Suid-Afrikaners) het al die wens
uitgespreek om weer van die klassieke Afrikaanse gedigte onder oe te
kry.
Hulle het nie die bundels nie en dis waarskynlik moeilik om dit oorsee
te koop.
Re: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Cachet (1838-1912) [boodskap #5217 is 'n antwoord op boodskap #5133] Ma, 15 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
im...@iafrica.com (JJ Swanepoel) wrote:

> Geagte mnr. Bouwer,

> Ek het met belangstelling gemerk dat u Afrikaanse gedigte op die
> Internet geplaas het. Stuur asseblief meer besonderhede oor Hoeveel, Waarom
> en Rede. My skermposnommer is j...@socdyn.hsrc.ac.za.

> Met vriendelike groete

> Johann Lodewyk Marais


Beteken die bostaande dat ons wat hier in die buiteland sit nou nooit
weer Opperman gaan lees nie?

Lyn
DS: [AFRIKAANS:5550] Re: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Ca [boodskap #5228 is 'n antwoord op boodskap #5133] Di, 16 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 16:18
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5550] Re: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Ca

Izak Bouwer het twee Opperman gedigte gepos (oorspronklik op usenet).
Hierop het Johann Marais die onderstaande vraag gevra.

Ek (en dalk ander ook) het uit die formulering iewat ongemaklik
gevoel, so asof die polisie op ons spoor is. Die ons is nou die wat
al gedigte hier gepos het (altyd met erkenning, indien nie met
toestemming).

>>>> Geagte mnr. Bouwer,
>>
>>>> Ek het met belangstelling gemerk dat u Afrikaanse gedigte op die
>>>> Internet geplaas het. Stuur asseblief meer besonderhede oor Hoeveel, Waarom
>>>> en Rede. My skermposnommer is j...@socdyn.hsrc.ac.za.
>>
>>>> Met vriendelike groete
>>
>>>> Johann Lodewyk Marais

Ek het toe vir Johann genader om meer inligting aangaande sy versoek,
en dit blyk dat, in sy woorde "sterk ten gunste van soveel poesie op
soveel plekke en geleenthede moontlik. Daarom wil ek graag ook alle
pogings in hierdie verband ondersteun."

Boonop, as "gebaar van versoening" bied hy die volgende aan:

========================================

ALLESTEORIE
Na Johan Archibald Wheeler

Beslis is daar aan alles
onderliggend 'n teorie
so eenvoudig, so mooi,
so dwingend, dat ons gewis

wanneer ons dit verstaan
oor 'n tien of 'n honderd
of 'n duisend jaar

na mekaar sal kyk en vra:
Hoe sou dit ooit anders kon wees?
Hoe kon ons ooit so dom wees?
Dis eenvoudig wat die wereld dra.

JOHANN LODEWYK MARAIS
===============================

Van my kant af, Johann, baie dankie, ons is versoen!

Groete

Joop
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________
DS: [AFRIKAANS:5538] Re: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Ca [boodskap #5234 is 'n antwoord op boodskap #5133] Di, 16 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Marius Swart[SMTP...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 16 januari 1996 9:53
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5538] Re: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Ca

>>> Geagte mnr. Bouwer,
>
>>> Ek het met belangstelling gemerk dat u Afrikaanse gedigte op die
>>> Internet geplaas het. Stuur asseblief meer besonderhede oor Hoeveel, Waarom
>>> en Rede. My skermposnommer is j...@socdyn.hsrc.ac.za.
>
>>> Met vriendelike groete
>
>>> Johann Lodewyk Marais

Ek dag almal op internet verstaan internet ???

arius Swart
Vorige onderwerp: "PADDAS" van D. J. Opperman
Volgende onderwerp: Valenteinsdag: Liefdesgedigte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 16:30:37 MGT 2024