As ek 'n besigheid oorneem en by die bank gaan geld leen daarvoor...moet ek
tog se dat ek beter sal vaar as die vorige eienaar of eienaars.
As my besigheid dan sou swak vaar...sal dit miskien help om na my
bankbestuurder te gaan en sê...man jy weet mos ek het 'n bankrot besigheid
oor geneem. Ook nie vir lank nie soos ons weet.
Maar die ANC neem Suid Afrika oor ....blameer apartheid voorduurend vir
hulle flaters en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hulle dade
nie.....Mokaba debakel, BMW's Mpumalanga ag en 'n hele rits flaters wat
hulle meer en meer na die res van Afrika laat lyk.
Dink die ANC dat hulle 'n beter spesie is as die ander Afrika state. 'n
Jakals verander van kleur maar nie van streke nie lyk nou vir my waar met al
die geweld en wetteloosheid wat op hulle agenda's is en sal bly al kom daar
nog 'n honderd Mandela's en Mbeki's.
Die ANC het wel emosionele verligting gebring...maar met die rand teenoor
die $ en pond....wonder ek in watter gat ou Trevour nou wegkruip (soos die
AWB met verkiesing....nie eers 'n skoot nie)..
Met Alfred Nzo (Waterkoppetjie) dra ons seker 'n sterk beeld uit.
En Mokaba (Vaalbal of Blourug) hou partytjie saam met tronkvoëls asof dit
uit die mode gaan.
Idioom: om 'n appeltjie met iemand te skil.
(to reprimand someone in a reasonably good-
natured way.) Literally, to pare an apple in the
presence of somebody.
"Ek wil 'n appeltjie met jou skil. Hoekom vertel
jy aan ander mense dat ek skelm is."
One assumes that this idiom comes straight from the
Low German, Dutch or Flemish areas where the ante-
cedents of Afrikaans are located. South Africa (able
to produce very good apples in some quantity in certain
restricted areas) does not have apples growing widely,
and apples have therefore not entered the Afrikaner-
psyche the way certain other plants indigenous to SA
have done. The same holds true for the expression
"vir 'n appel en 'n ei" (meaning to get something very
cheaply). In fact, the word "ei" does not exist in Afrikaans
in that form, but as "eier" (egg.) Again, one suspects the
expression to be familiar to people speaking the Diets
group of languages.
In the book of Idioms I have recently received as a
present, there are some expressions that I am unfamiliar
with:
Appels! (An exclamation of joy or surprise.)
Hulle deel appels uit: To hit people with their fists.
Om appels te swaai: to have a fist-fight.
U kan gratis adverteer deur ons unieke en internasionale Internet banier stelsel. U moet slegs 'n banier ontwerp in .gif formaat en u webbladsy aan ons stelsel verbind en ons sal u dan aan 'n internasionale gehoor verbind!
Ons is deel van HYPERBANNER (17 lande) en doen gemiddeld oor die 10 miljoen advertensies per maand!
Daar is alreeds baie mede Suid-Afrikaners en ook Afrikaners wat van ons stelsel gebruik maak!
Ons sal baie beslis nie pornografiese webbladsye adverteer nie!
Ons hoop en vertrou dat van ons webdiens sal gebruik maak!
Groete :-)
ADMIN
SOUTH AFRICA HYPERBANNER!
============================================================ ===========
Hierdie is nie 'n "spam" nie, ons is net soos u ook Afrikaners en ons praat die taal wat die moderne Afrikaner verstaan!
============================================================ ===========
Na aanleiding van die verwarring en onwaarhede rondom die Regses se
Amnestie
Aansoeke het die AWB se Generale Staf en Senior Offisiere landswyd, 'n
spesiale vergadering gehou op Saterdag 24 Januarie 1998.
BESLUITE:
Albei die voorleggings wat deur die Kriel groep en die sogenaamde Belange
Groep van Vyf by die WVK gepoog is om ingehandig te word, is bestudeer.
Die Generale Staf en die totale vergadering verwerp genoemde voorleggings
in
geheel. Die voorleggings is as lasterlik en skandalig bevind. Die
vergadering vind dit ironies dat die blatante leuens juis by die WVK
ingehandig sou word.
Die General Staf het met dank en waardering die voorlegging wat deur
Generaal Japie Oelofse ingehandig is goedgekeur.
Die patetiese leuen en bedrieg dokument wat deur Kriel en sogenaamde
Belange
Groep van Vyf ingehandig is, vind die vergadering jammerlik.
Die Generale Staf en vergadering van Senior Offisiere het hulle volle steun
en lojaliteit aan die AWB Leier en Generaal Oelofse, wat namens die
Gevangenes met die WVK onderhandel toegesê.
Geen Generaal of Oud Generaal van die AWB is gevind wat deel sou vorm van
die sogenaamde Junta, wat weereens 'n drogversinsel van Kriel is.
Die vergadering spreek sy hoop uit dat die Media op hierdie stadium die
peil
van Joernalistiek nie verder moet laat daal deur prominensie aan die
versinsels van Kriel, wat die volgende môre self nie eens daarvan weet nie,
te gee nie.
Die vergadering se besluit is verder dat die Regse Aangehoudenes dieselfde
voordeel moet kry as die 37 ANC's wat reeds vrywaring gekry het.
Die AWB Leiding is steeds bereid om met die WVK te onderhandel oor die
spoedige vrylating van die betrokke Regse Gevangenes.
VAN: AWB GENERALE STAF
AWB HOOFKANTOOR VENTERSDORP
TEL: (018) 264-2516/ 264-2501
Kan iemand vir my laat weet waar die artikels geplaas word wat hier op
hierdie NG bespreek word. Ek sien al die kommentare, maar vind nie die
oorspronkikle bespreking nie. Koos was in die Oos Kaap, blykbaar, en
Gloudina het baie behendig die Hongersnood artikel gekaap om van haar seun
se besoek aan die Waterfront en die res van die land te vertel.Was ek nou
haar eksaminator het sy beslis die toetsie gedop weens die afdwaling van
die onderwerp, maar nou ja.
Die twee Engelse artikels wat hier geplaas is, is ontstellend. Dit laat 'n
mens diepdink oor die grense van vryheid van spraak. Ook wonder ek waar 'n
mens jouself op die ou einde moet plaas in die al hoe groterwordende Global
Village. Watter denkrigtings sal eventueel gedwing word om te verdwyn. En
is dit regverdig om te verwag dat alle mense gedwing moet word om een
ideologie aan te hang om aanvaarbaar te wees.
Die wereld is beslis 'n stadige ontwikkelende tropiese orgie. Van die
Grieke tot nou, het daar darem heelwat nuwe denkrigtings ontstaan.
Kom ons gesels oor die norme wat ons dink geldend vir die wereld moet wees,
en kyk of die kortsluitings in die brein oor die kakafonie van denkrigtings
verhoed kan word. Al wat my nog soort van op die regte pad hou, is 'n
glasie goeie Kaapse wyn, 'n spul kerse rondom die bad en Enya in die ore.
Met die televisie baie beslis afgeskakel tydens hierdie sessie.'Seblief.
Laat ons mekaar nou 'n slag positief inspireer. Gloudina, probeer tog nou
om nie weer van die onderwerp af te dwaal om oor jou familie en verlede te
jubel nie.
Die spreekworrd sê mos: " A man without a future, always turns back to his
past."
Indigo Girls in Gavin se sitkamer
koffie op die veranda
voor die reën
druppels wat die see dof vee
deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
wonder oor die eindelose suidkusweer
ek vertel hom van Gauteng
terwyl sy luister
as sy praat klink sy opgewonde
Gavin sê dis sy drome
wat waar word
ek het jou so lanklaas gesien
tot die golwe dof grys
jy lyk so legendaries
soos my broer in 'n movie
apostel wat met sy gees worstel
maar Gavin sê dis sy drome
wat waar word
as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
sal die reen ophou? sal god neerkyk?
sien dat ons mekaar oppas
soos glaskinders,
waardeur 'n lig skyn, so anders
Te oordeel aan die onlangse arrestasies van ex-MK soldate n.a.v. hul
betrokkenheid by misdade kan mens dalk wil beweer dat MK die sg. derde mag in SA
is??
Ek vind dit hoogs interessant dat sekere gesprekke en boodskappe op
hierdie nuusgroepe, veral as die inhoud daarvan krities teenoor die
Afrikaner of die nuusgroep self staan, binne 'n dag of twee verdwyn,
terwyl ander vir 'n week of langer daar bly.
Erens ruik iets nie lekker nie, of is dit maar net weer ou Afrikaner
onverdraagsaamheid wat weer kop uitsteek?