Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Landsreis gehad

Ma., 13 September 1999 00:00

"Thys de Wet" skryf...
Somerset Wes, SirLowry'spas, Caledon.

Langhoogte, Botrivier, Vyeboom, Victoriapiek en Sneeupiek
Villiersdorp, Blokkop!
Greyton, toe Genadendal.
Zonderendrivier en Riviersonderend.
Stormsvlei, Trappieshoogtepas, Bonnievale, Robertson.

McGregor.

Baviaansberg, Agterkliphoogte.
Le Chasseur, Scherpenheuvel.
Regte 'worcesterkarroo'
Theewaterskloofdam
Franschhoekpas, Pniël, Helshoogtepas, Sommerset Wes.

Ai, ai ai. Watter wonderlike name! So aaneengestrengel
klink dit byna soos 'n gedig. En watter rykdom van kultuur
en geskiedenis is nie daarin vervat nie. Engelse name,
Skots, Afrikaanse name - onvertaalbaar! , Hollands en Frans.

Dankie vir die stukkie.

Gegroet uit die land van die Quakers.

Henry

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

travel agents

Ma., 13 September 1999 00:00

wie kan my informatie gee van travel agents in port-elizabeth ek woon in
arnhem holland en wil graag een reis boek van uit PE vir my skoon ma
baie dankie
fanie

Reis & vakansie | 1 kommentaar

Die Louis Luyt saak se uitspraak

Ma., 13 September 1999 00:00

Hier is n paar opsommings (uit Beeld) van die grondwetlike hof se
uitspraak oor die Louis Luyt-saak:

____________________________________________________________ _

Oudpres. Nelson Mandela was ``regverdig ge¨rriteerd en kwaad'' oor die
omstandighede waarin hy na die Sarvu-verhoor ontbied is en ook oor die
manier waarop hy in kruisverhoor geneem is.
Só het die konstitusionele hof gister bevind in sy uitspraak in die
Sarvu-geding.

Dié bevinding bots regstreeks met die bevinding van regter William de
Villiers in die hoë hof in Pretoria dat Mandela 'n ongeloofwaardige
getuie was.

Volgens gister se uitspraak ``is dit korrek dat Mandela soms rusie
gesoek het en dat hy neerhalende opmerkings oor die kruisondervraer
(adv. Mike Maritz namens dr. Louis Luyt) gemaak het''.

``Die president se houding was egter nie van so 'n aard dat dit die
bevinding (van De Villiers) regverdig dat die president oneerlik was
nie.

``Die president was klaarblyklik diep seergemaak dat sy getuienis oor
wat hy alles aan die minister (Steve Tshwete) gesê het in twyfel
getrek is. Dit is duidelik dat hy . . .verneder gevoel het oor die
kruisverhoor en dat hy die aanval op sy geloofwaardigheid as
persoonlike aanval beskou het.

`` 'n Afleiding van oneerlikheid kan nie gemaak word van die president
se verklarings waarna die regter (De Villiers) as teenstrydig verwys
nie. Na ons mening is dié weersprekings hoogstens van mindere belang
en het dit geen relevansie tot die belangrike regsvrae in die geding
nie.

``Die president se getuienis in kruisverhoor dui vir seker daarop dat
hy soms ongeduldig, seergemaak, kwaad en selfs beledigend was.

``Geeneen van die reaksies, individueel of saam beoordeel, regverdig
egter die afleiding dat die president se getuienis oor 'n belangrike
saak die vraag of hy self die aanstelling van die kommissie na rugby
oorweeg het onwaar was of dat nie daarop staatgemaak kan word nie.''

``Al wat nog (oor dié onderwerp) bygevoeg moet word, is dat die
kritiek op die president se getuienis geen regverdiging bied vir die
verwerping daarvan nie,'' het die hof bevind.

_______________________________________________________

– Philip de Bruin –

In 'n uitspraak wat deur grondwetkenners bestempel is as die mees
toonaangewende uitspraak oor grondwetlike kwessies in die land se
bestaan, het die konstitusionele hof gister kaalvuis ingeklim en
bevind dat die erg omstrede kommissie van ondersoek wat oudpres.
Nelson Mandela in 1997 na rugby ingestel het in alle opsigte
grondwetlik was.
Tien regters van die hof het daarmee finaal die gordyn laat sak oor 'n
vete tussen dr. Louis Luyt, gewese president van die Suid-Afrikaanse
Rugbyvoetbalunie (Sarvu), aan die een kant, en Mandela en die gewese
minister van sport en ontspanning, mnr. Steve Tshwete, aan die ander.

Die geding gaan Luyt na raming R1 miljoen kos nadat die hof gelas het
dat hy van die koste dra.

Regter Arthur Chaskalson, president van die hof, het die uitspraak,
wat 199 bladsye beslaan, presies om tienuur gelewer. Dit was 'n
eenparige uitspraak.

Nóg Luyt nóg Mandela of Tshwete het die verrigtinge bygewoon.

Die geding het as 'n appèlsaak in die konstitusionele hof beland nadat
regter William de Villiers verlede jaar bevind het dat Mandela se
kommissie ongrondwetlik was. Ander kwessies, soos Mandela se
geloofwaardigeid en die feit dat hy gedwing is om in Pretoria te gaan
getuig, is ook deur die konstitusionele hof onder die vergrootglas
bekyk.

In gister se uitspraak is geen doekies omgedraai nie.

Veral De Villiers en Luyt en sy regsverteenwoordigers (onder leiding
van adv. Mike Maritz, SC) loop kwaai deur. Die konstitusionele hof het
op enkele uitsonderings na al De Villiers se bevindings tersyde gestel
as ``gebrekkig''. In 'n stadium verwys die regters só na De Villiers
se uitspraak: ``Daar is wesentlike wanopvattings wat die hele
uitspraak bederf.''

Die hof het ook De Villiers se bevel dat Mandela persoonlik moet kom
getuig as ``verkeerd'' bevind, hoewel ``selfs nie die president bo die
Grondwet verhewe is nie''.

Wat betref De Villiers se bevinding dat Mandela nie 'n eerlike getuie
was nie, het die konstitusionele hof gesê dié bevinding word verwerp .

Dit blyk ook uit die uitspraak dat Luyt op die randjie was van 'n
bevel teen hom om alle regskoste op 'n kliënt/prokureur-grondslag te
betaal ('n sogenaamde strafkostebe-vel). Die hof sê onder meer: ``Die
taktiek wat dr. Luyt gebruik het . . . was dié van 'n respondent wat,
welwetende dat die appèluitspraak teen hom kan wees, die grondwerk
doen om die (appèl-)hof te diskrediteer met die oogmerk om 'n
bevinding wat teen hom uitgebring kan word by voorbaat te
diskrediteer.''

Die konstitusionele hof het dié opmerking gemaak veral met verwysing
na Luyt se aansoek kort voordat mondelinge betoog aangehoor is dat vyf
regters van die hof hulle behoort te onttrek. In dié aansoek is
``skandalige'' bewerings gedoen.

Oor die nodigheid van 'n kommissie van ondersoek na rugby het die
konstitusionele hof bevind dat rugby van groot nasionale belang is,
maar dat mense anders as wittes in die apartheidsera uit die sport
gedwing is en dat bitter min geriewe vir hulle beskikbaar gestel is.

``Daar is by ons geen twyfel nie dat die Sarvu-sake wat die kommissie
moes ondersoek van openbare belang is. Die rassistiese manier waarop
sport in die verlede bestuur en gefinansier is, is 'n erflating wat
vandag nog 'n regstreekse invloed op die bedryf van sport het.''

____________________________________________________________ ___-

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Vir Reisiger: 'n Gedig van KABIR

So., 12 September 1999 00:00

In article , @sympatico.ca
wrote:
> Gedig van KABIR (gebore ongeveer 1398)
> Vertaal in Engels deur Robert Bly
>
>
> I laugh when I hear that the fish in the water is
> thirsty.
>
> You don=92t grasp the fact that what is most alive of all
> is inside your own house;
> and so you alk from one holy city to the next with a
> confused look!
>
> Kabir will tell you the truth : go wherever you like, to
> Calcutta or Tibet;
> if you can=92t find where your soul is hidden,
> for you the world will never be real!
>
>
>

Dit help baie om die voorbeelde van goedheid van ander
mense in ander lande te sien. Die Tibetane in Dharamsala,
NW Indië is die pragtigste en "sweet"ste mense wat ek 'n
mens gesien het. Hulle groet jou altyd eerste, met 'n
pragtige en opregte glimlag op hulle gesigte.

Prosa & poësie | 0 kommentare

mweb e-pos adres asseblief

So., 12 September 1999 00:00

kan enige iemand vir my die e-pos adres verskaf van waar 'n klagte gelê kan
word teen een van mweb se rekeninghouers
dankie byvoorbaat
tobie
--
************************************************************ **
Birdpersons visit this site: http://www.parrotline.org/
************************************************************ **
See my parrots flying free:
http://albums.photopoint.com/j/AlbumList?u=66404&Auth=fa lse
************************************************************ **

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Swak beriggewing

So., 12 September 1999 00:00

Elders het ek verwys na die Internkoerante se swak beriggewing. Hier is 'n
voorbeeld: verlede week verig Beeld en ander dat meer as 600 kinders
vermoedelik voedselvergiftiging gekryhet nadat hulle pap en beesvleisbredie
gehad het om te eet. Pas lees ek dit was veel minder, en dat hulle toe nie
voedselvergiftiging gehad het nie. Dit was waarskynlik die natuurlike suur
in die vrugtesap wat hulle gedrink het, wat die sondebok was: "Wanneer jy
baie rondhardloop en nie deurentyd vloeistof inneem nie, is dit moontlik dat
die suur in die vrugtesap tesame met die inname van kos kan lei tot 'n
chemiese reaksie. Veral wanneer vinnig gedrink en geëet word," het mnr.
Mvuso Mbebe, bemarkingshoof van die Spele en 'n opgeleide apteker,
gistermiddag gesê.
Altesame 2 800 mense wat ook aan die opening deelgeneem en afsonderlik van
die 608 kinders bedien is, het Vrydagmiddag ook pap en beesvleisbredie van
dieselfde spyseniersmaatskappy gekry om te eet en het nie siek geword nie.

Wonder nou net of Glydina en Ferdi Beeld ook van "verskuilde rassisme" gaan
beskuldig oor die aanvanklike verkeerde en negatiewe berig...... :-)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Louis Luyt. Die finale uitspraak.

So., 12 September 1999 00:00

So daar is dit toe. Die volle bank van die grondwetlike hof smeer die
vloer met Louis Luyt.

Mandela word gelyk gegee en Luyt verloor al sy aansoeke.

In fact, hy was gelukkig om nie strafkostes teen hom te kry nie.

(Nog hier, Lou....)

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Dankie.....

So., 12 September 1999 00:00

'n Seleksie uit die antwoorde wat sover geplaas is:

1. Ernest, wat blykbaar in Johannesburg woon, skryf: "Nee, dit gaan nie so
erg nie. Dit is eintlik erger."
2. Gloudina, uit Kanada, tussen die klappe deur: "My suster sit in Pretoria,
en sy kla niks nie."
3. Pat, in Amerika: "Ek hoor dat dinge regtig agteruit is, maar dat mens nie
moet kla nie, want dit help nie. Ek hoor meesal hoe die lewensstandaard
agteruit is. Maar dan as ek teruggaan vir n besoek dan dink mens niks het
verander nie."
4. Ferdi, in Johannesburg, is voorspelbaar optimisties: "Dit gaan goed. Die
land is armer as wat hy was in 1980, maar dit gaan goed. Inflasie is minder
en daar is baie meer te koop. En die infrastruktuur werk."
5. Byter, ook in Johannesburg: "So dinge gaan nog goed hier aan die suidpunt
van Afrika. So elke nou en dan beweer ons politici dat dit in orde is vir
politici om in die uitvoering van hulle ampte te jok, maar dit gaan nog goed
in Suid-Afrika!!"
6. Dries Venter, in Johannesburg: "Ek dink die berigte is maar mense wat net
altyd die slegte sy van dinge raaksien. Andersins moet 'n mens seker nie uit
die oog verloor dat ons nie 'n sg.eerstewêreld land is nie, ook nie
derdewêreld nie maar iewers tussenin."

Lyk my Dries is seker die naaste aan die kol - minstens na aanleiding van my
selektiewe opsomming hierbo. Dis baie verblydend dat die strekking van die
antwoorde in die algemeen positief is. Dankie vir die reaksies; dit bevestig
vir my 'n onderliggende gevoel wat ek bespeur in die meeste van die berigte
wat ek lees in die Internetkoerante: dit gaan nie sleg nie; trouens, dit
gaan goed. Lyk my misdaad neem nie meer hand oor hand toe nie; inflasie daal
en selfs die politici werk hard. Lg. blyk uit die onlangse toekenning van
die produktiwiteitsinstituut aan die parlement, as die produktiefste
instelling in die land. Gesonde verstand seëvier minstens partykeer nog: die
gewraakte 15(c) klousule van die Medisynewet is terugverwys en mag selfs
geskrap word. Die Afrikaspele se probleme is 'n weerspieëling van Afrika se
probleme, en is nie alleen die skuld van die organiseerders nie. Die
regstaat kom sterk op dreef.

Nou moet die demokrasie nog net goed gevestig word. 'n Algmeen aanvaarde
standaard vir die vestiging van 'n demokratiese stelsel is die oorwinning,
in 'n algemene verkiesing, van die opposisie - minstens twee keer na mekaar.
Anders het jy maar net weer 'n de facto eenpartystaat. In Suid-Afrkia se
guns tel die feit dat hy besig is om 'n regstaat te word, waar 'n
onafhanklike regbank - en met name die Grondwethof - die hoogste gesag in
die land is. Dis iets wat jy nie oral in die wêreld kry nie.

Groetnis uit die Quakerstaat

Henry

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Grap: die man met die drankbottels

So., 12 September 1999 00:00

'n Man tel 'n leë drankbottel op, kyk na die "label" en sê
vir die bottel: Dit is jou skuld dat ek my werk verloor
het. En gooi dit stukkend.

Hy tel nog 'n leë drankbottel op, kyk daarna en sê vir die
bottel: Dit is jou skuld dat ek my vrou en kinders verloor
het. En gooi dit ook stukkend.

Hy tel die derde leë drankbottel op, en sê vir die: Dit is
jou skuld dat ek my huis verloor het, en gooi die toe ook
stukkend.

Hy tel die vierde bottel op, wat vol is, en sê vir die
bottol: Moenie worry nie, jy het niks verkeerd gedoen nie.

* Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network *
The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!

Humor & grappe | 0 kommentare

Johannesburg

Sa., 11 September 1999 00:00

Ons kuier gisteraand met vriende. Hulle het (soos ons) familie en vriende in
die vaderland. Toe hoor ons dat hulle familie wat in Johannesburg woon, glo
so kla oor die verkeersligte in Johannesburg, wat nie werk nie. Glo (te
verstane, as dit waar is) erg frustrerend. Is dit waar? Het die situasie so
verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie?

Dis ook maar erg om op die Internetkoerante te lees hoe die Afrikaspele
gebuk gaan onder probleme - die mediageriewe wat swak is/was, die werk wat
nie beryds klaar was nie, die 600 kinders met voedselvergigtiging en so aan.
Selfs Beeld praat telkens van "nog probleme" - is dit alles regtig so erg?

As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte (!) en hoorsê, wil jy
juis nie hoor dit gaan sleg nie!

Vertel bietjie - objektief, asseblief - hoe dit regtig daar gaan.

Groetnis

Henry

Koeitjies & kalfies | 64 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1164  1165  1166  1167  1168  1169  1170  1171  1172  1173  1174  1175  1176  1177  1178  1179    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 03:50:40 UTC 2026