Ek voel so moerig oor die feit dat almal die Afrikaner die toestand toesnou
van gebroke en sonder hoop. Se moer se ek nou aan almal wat die brief lees.
Die Afrikaner is al lank nie meer 'n skoot hond wat soms 'n been kry en soms
nie. Die Afrikaner in my geestes oog is 'n slapende leeu wat rus. Met die
stelling wil ek nie die tipiese Eugene Tereblanche en garde se opsweep
woorde gebruik om een of ander opstand teen die huidige regering te
beklemtoon of voor te staan nie. Die feit van die saak is, ons is 'n
slapende nasie. Ons trots het gaan le en die senuwees is lam.
My bloed is dik en sterk en as ek dinge kon voorspel sal die laaste ding
wees om te se dat ons taal nl. Afrikaans gemarginaliseer is of dat die
kultuur dood is. Net omdat ons nie meer Sondae middae familie braais het ens
nie, maak nie die kultuur dood nie. Kultuur is iets wat verander. Ons is nou
baie meer modern as wat ons ou voorsate 100 jaar terug was. Net soos hulle
moet ons vandag ook baklei vir wat ons sin is.
Een ding moet mens onthou. Die aarde behoort aan niemand nie. Nie aan die
Amerikaners nie, nie aan die Engelse nie, nie aan die Chinese nie, ook nie
aan die Afrikaner nie. Ons moet almal hulle gelyke reg op God se planeet
gee. Dit beteken nie dat elke tweede Jan rap en sy maat kan kom rond donner
met die Afrikaner se geskiedenis en toekoms soos hy wil nie. Wees bietjie
trots mense. Ons is 'n jong volk binne 'n nog jonger nasie en jong land.
Suid Afrika was en sal altyd goed wees vir ons, ons moet dit net laat
verstaan aan almal wat daarin twyfel.
Die Afrikaner moet uitstyg in tegnologie, akademie, kultuur en volkstrots.
Ons is goed, miskien die beste onder die lot in Afrika, dit sal net God
weet. Ons moet trots wees op wat ons is en wat ons in hierdie land sover
gedoen het. Die feit bestaan dat (Appartheid of nie) Suid Afrika nie sou
wees wat hy vandag is sonder ons nie. Almal weet dit! Almal is net nie ewe
lus om dit te erken nie. Kyk na Afrika en besluit self.
Afrikaners, wees trots!!! Vervlaks 'n volk maak homself, nie ander mense
nie.
Ons almal maak foute. So maak volkere ook droog. Ons fout was beslis nie die
grootste in die geskiedenis van die mensdom nie. Tragies miskien, maar nie
die grootste nie. As ander volkere in Afrika dieselfde vermoens as die
Afrikaner gehad het sou dit miskien altemit nie so kakkerig gaan namate mens
na die noorde beweeg nie.
> http://www1.50megs.com/wpww/
> To the reader of this:
> This is important. This website (free, don't worry) shows a very serious threat
> to the present-day quality of life we enjoy here in America. Please take a
> moment to look at it. If nothing else, you will have spent several seconds in
> vain. I urge you, read this message.
> http://www1.50megs.com/wpww/
Ongelooflik! Nog nooit het ek gesien dat een persoon so hard van alle kante af
moeilikheid kry nie. Kyk maar na die Apartheid Lite-thread en ook die thread
waar sy haarself uitgee as empire/rhodes-groupie (so van die os op die jas en
die uil op die takmy tante, rhodesie het skynbaar van seuntjies gehou).
Nou die dag doen ek toe 'n "author search" op die ng. Buiten vir die
nostalgiese gedigte wat sy pos (in elk geval nie haar eie werk nie), maak onse
tante geen positiewe bydrae nie. Haar poste is beperk tog kommentaar, repliek
en algemene broekbeskyting (selfbevuiling) oor ander mense se opinies. Maar
niks oorspronklik van haar nie.
Nou ja, tante, moet asseblief net nie die ng los nie, die "entertainment value"
van hierdie ng sal erg daal sonder jou komiese tirades!
Hou tog net op met die gedigte, ek wil al kots! As enige iemand gedigte wil
lees, kry blerrie digbundels!
Op 'n meer ernstige nood, dink ek dit is hartseer dat Gloudina die
Afrikaner/Voortrekkernasaat/Transvaler/"Algemene Robbiesh" wat sy so verafsku se
mees algemene karaktertrek nou so sterk openbaar. Ek sou reken dat as daar een
ding is wat ons mense oor die algemeen van baie ander nasies onderskei, is dit
ons hardkoppigheid en geneigdheid om in die aangesig van oposisie summier laer
te trek. Hoe meer ek die ng volg, hoe meer en meer word Gloudina 'n tipiese
Afrikaners/Voortrekkernasaat/Transvaler/"Algemene Robbiesh." Hartseer. Hierdie
fase van ouer-word sal ons almal nog seker inhaal!
Maar my tante, nou weet ek waar Koos Kombuis se Sommige ou Tannies-Blues vandaan
kom. Hy moes jou een donker nag ontmoet het!
Daar moet 'n wet wees teen politici wat die land verlkaat na hulle hulle
politieke loopbane klaar gemaak het. Die ouens kom donder net hier in Suid
Afrika rond, kry belastingbetalers geld en voertsek na die oorsese paradyse.
Die soort ding moet end kry. Miskien moet daar 'n hitsquad of 'n ding wees
wat hierdie ouens gaan uithaal daar anderkant.
Hulle moet gemaak word om met hulle brousel te leef. Dit help veel hulle
neuk rond hier en as dinge bietjie warm raak dan goebaai hulle. Dis mos die
toppunt van stront.
Francois de Wet wrote in message ...
>
> Norman wrote in message ...
[...]
>>
>> Reserve System is "Apartheid Lite".
>>
>> By CHARLES MOORE
>> Special to the WCR
>>
[...]
>>
>> There are of course significant differences between the two sets of
>> circumstances, major ones being that native people have the right to
>> vote in general elections and enjoy constitutional rights of full
>> citizenship - on or off the reserve.
>>
No. The major difference is that North America's native people were the
target of sustained genocide for generations. This was associated with major
immigration programmes, bringing in millions of people of European
extraction. In the case of Canada, this is continuing purposefully, modified
slightly by a cosmetic layer of Asian immigrants dusted over, specled with
some West Indians.
The result being that "the right to vote in general elections and enjoy
consitutional rights of full citizenship" has no measurable effect on
so-called democratic decisionmaking in the US and Canada.
So the "moral" stance of Canada on "apartheid" impresses me not at all. Its
belated conversion to "multiculturalism" even less. On the contrary, I find
the expressions of political correctnes emanating from that country
sickeningly immoral.
Now: When Nunavut and similar entities are given a number of seats in the
Canadian Parliament at least equal to those occupied by the settlers, I
might begin to notice.
When the lives of settlers can be determined by native decisionmaking, I
might come to believe that North American native policies are no longer the
worst form of "apartheid" by far that was ever developed.
Soos belowe, hier is my antwoord op jou vraag "hoekom is die beginsel van
diens op jou moedertaal vir jou belangrik?"
Ek kan natuurlik nie namens almal praat wat voel dat diens (in die
sakewêreld) op moedertaal belangrik is nie. Die eenvoudige antwoord is:
omdat ek 'n Afrikaner is, te wete:
Ek beskou myself as 'n Afrikaner, of meer nog, 'n Boere-Afrikaner. Dit
stel sekere vertrekpunte, nl:
(a) meeste van my voorsate het na hierdie land gekom as godsdienstige
vlugtelinge omdat hulle nie bereid was om voor druk en vervolging van die
Katolieke kerk te swig nie,
(b) hulle't hier aan't lande 'n eie taal ontwikkel waarvoor hulle groot
strye gestry het, en
(c) hulle't ook hier goed en bloed ge-offer om vry te wees van _enige_ vorm
van oorheersing
Hierdie drie punte geld my net soos dit my voorsate gegeld het. Sentraal
in my uitlewing van my kultuur is twee sake: my Christenskap en my
moedertaal. Ek dink nie mense besef aldag hoe 'n geweldige groot rol jou
godsdiens en jou moedertaal in jou hele menswees speel nie, dit is volgens
my die grootste definieerders van die "ek" want dit dring tot in die verste
hoeke van jou menswees in en raak aan alle aspekte van kultuuruitlewing.
As ek dus nou enige van hierdie aspekte verwaarloos of opsyskuif, tas ek
inderwaarheid my hele menswees aan.
'n Gemene faktor in die drie punte is die idee van 'n "geveg". My voorsate
was bereid om te veg vir dit wat vir hulle van belang was, net so veg ek
ook vir dít wat vir mý van belang is.
Nou kan ons alreeds sien dat baie Christene vandag 'n "'Skuus ek
leef"-houding het en al hoe meer neig na 'n tipe van godsdienssiening wat
alle godsdienste op dieselfde vlak plaas (soos ons voorheen al op hierdie
nuusgroep ook gesien het) Op dieselfde wyse staan baie Afrikaners terug
vir hulle taal, "'Skuus ek praat Afrikaans", en sal willens en wetens hulle
taal versmaai ter wille van "kommunikasie". Ek voel dat die oomblik as jy
begin terugwyk voor ander godsdienste en tale, het jy die stryd begin
verloor. Derhalwe gryp ek elke geleentheid aan om my Godsdiens en taal te
bevorder. En dit beteken baiekeer dat 'n mens baie tone gaan blou trap,
maar _stry_, jy gaan nie altyd die gevegte wen nie, maar jy moet aanhou
_stry_!
Ek het probeer om hier kort en bondig my standpunt weer te gee, ek hoop jy
kan die punt(e) wat ek probeer maak, verstaan.
>
> Daar is GEEN manier waarop De Wet en Smuts hul perdekommandos deur die Oos-
> en Noord-Kaap, en so ver Suid as Saldanha (letterlik binne sig van
> Tafelberg) kon neem sonder wydverspreide ondersteuning en aktiewe hulp so
> ver as wat hulle gegaan het nie.
Ek het bietjie vinnig gekyk in een van Boeseken se goed: Dit blyk dat die
kommandos wat die Kaap binnegedring het onder leiding was van Kritzinger
(tot by Oudtshoorn), De Wet (Noord-Kaap) en Hertzog (Wes-Kaap) Herzog het by
Lambertsbaai gaan draai - nie by Saldanha nie. (Ek soek nog 'n bron oor die
verkenners wat tot binne sig van Tafelberg gevorder het.)
> Deur mense wat hulle in die proses willens
> en wetens aan hoogverraad skuldig gemaak het.
Die straf vir hoogverraad was die doodstraf. Ongeveer 40 Kapenaars is
gefusileer of opgehang vir rebelledade.
>
> (Was Gideon Scheepers nie _juis_ van die Kleinkaroo nie?)
Boesseken sê nee. Hy was 'n Transvaler. Sy mag het die Oos-Kaap geteister
deur die plase van Engelsgesindes af te brand, sabotasie te pleeg, en deur
gewapende swartes te fusileer. Dit was vir hierdie moorde wat hy self
gefusileer is.
>
> Gloudina, jou ou Empire-sentimente is nie so algemeen as wat jy dalk mag
> dink nie! Ek reken _jy_ slaan die bal mis!
Gloudina se reaksie elders toon natuurlik dat sy nie net deur
Empire-sentimente gemotiveer word nie, maar ook deur 'n oorheersende wrewel
teen Hollanders wat hulle in die Boererepublieke gevestig het (waar hulle
spoorlyne gebou het, stede en dorpe uitgelê het, 'n staatsadministrasie
gevestig het en onderwys verskaf het - dis nou terwyl Gloudina se voorsate
Engelse ingevoer het om dieselfde dienste vir hulle te verskaf).
Verder lyk dit ook asof sy, benewens haar Empire-gesindhede en wrewel teen
Hollanders, 'n ernstige ding het teen die Boere van Vrystaat en Transvaal
wat afstammelinge van die Voortrekkers was.
Sy verantwoord haar afsku aan die afstammelinge van die Voortrekkers deur
hulle te beskuldig daarvan dat hulle "militant" was "teenoor die swart
bevolking van die oostelike dele van die land"
Dis nou terwyl haar geliefde Empire haar eie voorsate in die Weste van die
land knussies afgesonder het van die "swart bevolking van die oostelike dele
van die land" deur die een "Caffir War" na die ander in die Oosgrens en die
een "Zulu War" na die ander in Natal te voer.
Dis nou nadat hulle nog 'n klomp Ingelse ingevoer het ook om 'n bufferstrook
in die Oos-Kaap te beset en te bevolk met witvelle. (Vermoedelik het 'n Jood
met die naam Bauer hom later ook in die kongeniale omgewing gevestig wat so
geskep is. Sy afstammelinge met die naam Bouwer ly, so lyk dit, aan
aansteeklike gewaande morele onaantasbaarheid van ongekende omvang.)
Ek het begrip vir Gloudina se oorheersende liefde vir die Empire. Die Empire
het dit vir haar (net soos vir die ou victoriaanse antietjies in hul
aftreehuisies in Bath en Brighton - ver agter die fronte waar die Empire
gemoor en gesteel het) moontlik gemaak om oud te word op die vrugte van
kolonialisme terwyl sy ander mense links en regs veroordeel.
Dit het dit vir haar moontlik gemaak om te vra of 'n volk van wie 20% van sy
vroue en kinders uitgemoor is werklik so erg getref is, en (by implikasie)
of hy nie sy getjank moet laat staan nie.
En dan stel sy haar aan as morele maatstaf vir dieselfde volk waarvan sy vir
haarself lidmaatskap toe-eien.
>
> Om my van "Empire-sentimente" te beskuldig, is weer deel van jouaanhoudende
> metode om almal wat nie met jou enge standpunte saam-
> stem nie, af te rakel as iets slegs. Dit pas in by die neerbuigende
> manier waarmee jy van mense uit ander dele van die land praat.
Gee assebleif 'n voorbeeld van die "neerbuigende manier waarop [ek] van
mense uit ander dele van die land praat", Gloudina.
As jy dit nie doen, nie, bevestig jy natuurlik bloot dat jy lieg.
> Net omdat jy uit 'n sosiale sfeer kom wat bevolk is met Nederlanders
> wat in die ou republieke hulle nes wou kom skop het,
Hierdie stelling is erg neerbuigend, weet jy?
> en heelwaar-
> skynlik ander families wat afstammelinge van die Voortrekkers
> was en dus militant teenoor die swart bevolking van die oostelike
> dele van die land was, en teen die "uitlanders," maak nog nie dat
> ander mense in dieselfde atmosfeer van antipatie grootgeword het
> as wat jy blykbaar voel dis jou roeping in die lewe om te verkondig
> nie.
Gee asseblief 'n voorbeeld van die "atmosfeer van antipatie" wat ek
verkondig, Gloudina.
As jy dit nie doen nie, erken jy natuurlik dat jou stelling hierbo bloot
leuenagtig is, né!
Wat my egter nog meer interesseer, is die stelling: "...families wat
afstammelinge van die Voortrekkers was en dus militant teenoor die swart
bevolking van die oostelike dele van die land was..." Voortrekkers en hul
afstammelinge was dus, volgens Gloudina, "...militant teenoor die swart
bevolking van die oostelike dele van die land ..."
Vir my lyk hierdie stelling na die ergste vorm van negatiewe stereotipering.
Gestel ons neem aan, byvoorbeeld, dat eerste ministers van die Nasional
party (in Gloudina se terme) "militant teenoor die swart bevolking van die
oostelike dele van die land was".
Dan kry ons die volgende:
Malan - uit die Wes-Kaap, gebore en geto�. Strydom - Tranvaal. Verwoerd -
Stellenbosch was die plek in die wêreld waar hy die langste gewoon het.
Vorster - Kaap (Stellenbosch). Botha - Kapenaar gebore en getoë en -
FW de Klerk - Transvaal (PUK)
Daarby kan ons nog byvoeg Andries Treurnicht - Piketberger by Stellenbosch
en UK geswot, Kaapse predikant.
_As_ hierdie mense "militant teenoor die swart bevolking van die oostelike
dele van die land was" soos Gloudina dit bedoel, moet ons ook opmerk dat vyf
uit die sewe uit die Wes-Kaap kom. En dat een van die twee Transvalers 'n
Nobelprys gekry het vir sy _gebrek_ aan "militant" -heid.
Nee, wat, Gloudina. Dis baie duidelik dat jou selfkonsep as Kapenaar erg
onrealisties is.
Hoe het jy dit reggekry om so 'n ou smetsak vol vooroordele te word?