Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

SA Polisie(phatti)

Di., 18 April 2000 00:00

Ek wil nie snaaks wees nie maar ek sal te skaam gewees het om so iets te
skryf. As jy so iets gedoen het hoort jy en die sogenaamde polisiemanne
erens anders en dit is in n tronk.

Dit is nie die tipe stories wat ek soek nie.

Stuur dit aan iemand wat n siek boek skryf

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Julian de beer

Di., 18 April 2000 00:00

Ek het baie van jou twee skrywes gehou naamlik die Afrikaner kultuur en Die
slegte ou dae van apartheid.

Ek het dit onmiddelik aan n paar vriende gestuur

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir mister Laubscher

Di., 18 April 2000 00:00

Nou vir julle wat nie van 'n moddergegooiery hou nie, baie jammer, gaan maar
na die volgende header toe, want hier moet eers 'n sakie reggestel word
algaande meneer Leswin se uitlating op ons geagte nuusgroep.

Jammer dat ek jou nie dadelik kan antwoord het nie ou Les, ek was bietjie
landuit vir 'n rukkie, na nerens anders nie as goeie ou SA om die
moedertjies en vadertjies te gaan hello sê.
Net vir die rekords, ek dink nog steeds SA is tops en dat enige ou wat wil
waai daaruit moet die sangoma gaan sien. As die arme Zimbo's so lank kon
uithou met alles wat daar aangaan, het die SA'ners nie regtig veel om oor te
kla nie.

>> From: "Phatti" pau...@hotmail.com
>> Gaan dit goed met Neil en Susan daar in 17 Woodbury Crescent?

> EN

>> From: "Charles van der Wath" charlie.v...@virgin.net
>> Raait, nou weet ons waar om die briefbomme heen te stuur...

En Leswin seg toe...
> Nes ek gedink het - krap die rassis net veldiep en die barbaar bloei
> geweldsdreigemente.

Ja Leswin, natuurlik sou net jy gedink het ek sal die �50 spandeer om vir
Gloudina regtig 'n briefbom te stuur. Dankie vir die ondersteuning wat jy
gee aan die bitter min humor wat ons andersins maar somber nuusgroep PROBEER
opbeur.

> Tipies boelie - te dig om 'n kwessie te debatteer, en
> berus hul dan dikbek op die vuis.

Ag shame, so jy was al darem 'n paar keer in jou lewe hard gedonner vir al
die stront wat jy praat. En o ja, kom ons onthou nou weer wie het eerste
begin met al die moddergegooiery en persoonlike beledigings terwyl die rede
waarom ons almal op hierdie NG is, is suiwer om 'n interpretasie te kry van
ander mense se menings, en om dit te bevraagteken. Sug, lyk my jy moet maar
op sekere mense se vlak afdaal om deur te kom tot hulle ne?...

> Hoe pateties. En dit val my nou net by -
> hoe
> voel dit om deur ;n swarte soos ek uitgekryt te word as patetiese, onnosel
> dwase en sotte?

Ha ha ha, ek het al lankal so 'n spesmaas gehad. Jy kon seker nie WAG om
vroeër die "troefkaart" te speel nie ou Leswin!
Maar wag, nou kom ons by die punt uit.

Hoe opvallend dat die mense van jou velkeur (as jy dan regtig van 'n
oorbepigmenteerde ras is, ons sal seker nooit weet nie ne?) vir my blyk asof
hulle aan 'n globale minderwaardigheids kompleks ly. En dit het ek nou al in
my reise oorsee bevind, veral in die VK waar daar nogal 'n groot populasie
Nigeriërs, Jamaikaners, man, jy noem dit is, en waar ek al in saam met 'n
menigte van hulle gewerk het, op enige vlak. Van die gewone
konstruksiewerkers tot rekenmeesters. Almal ly aan daai ding van 'ons sal
jou wys ons is net so goed soos witmense'. Goed en wel, ek is absoluut mal
oor die skitterende ambisie, maar waarom?

Hier het ons dit nou weer gehad in Leswin se kommentaar oor hoe ek behoort
te voel om uitgekryt te word deur 'n swart man.

Ja ou Les, ek moet seker maar lekker gat voel ne?

Selfs 'n Nigeriese meisie waarmee ek lank gewerk het (wat al 'n graad
verwerf het in haar eie land) sweer hoog en laag dat dit swart mense was wat
die piramidies gebou het! En dit nadat daar nog nooit OOIT deur argeoloë in
Suider Afrika enige teken van eers iets eenvoudigs soos 'n wiel gevind is
nie. Wel 'n paar spiese en knopkieries ja, maar hei, as die leeu jou
basvelle die heeltyd wil hap dan moet jy seker maar 'n plan maak ne?

Maar dis nie waar dit eindig nie. Ek kan vir jou eerlikwaar sê ek was al
blootgestel aan enige vlak van swart mense.
Waar ek grootgeword het was die naaste bure aan ons 10km vér so daarom het
my ouers weens 'n gebrek aan vriende 'n swart seuntjie van my ouderdom
toegelaat om my Jonathan te wees op die plaas. Saam in my kamer geslaap,
saam skaak gespeel, saam klei-osse gebou.
Ek het selfs by Zwele se stroois oorgeslaap as dit te laat was om na my eie
huis terug te stap in die aande. Mieliepap saam geeët uit dieselfde blikbord
en toe eenkeer saam gegaan na sy plaasskool waar ek die enigste wit kind
was tussen 140 ander swart leerlinge.
Zoeloe praat ek vlot, tien teen een beter as Leswin self. Ek het hom
gerespekteer, en hy my.

En orals sien 'n mens dit, nie so erg in SA nie, maar veral oorsee. Leswin,
wat wil julle nasie bewys?
Daar het julle nou die HELE Afrika, en nog steeds maak julle 'n totale,
lagwekkende, oninspirerende, burger-oorloënde,
Amerikaanse-belastingbetaler-se-geld-morsende fokkop daarvan. Puh-leeze, ons
wil nou bietjie resultate begin sien man. Waar is die Afrika rennaissance
waarvoor ons so lank wag?

Vertaan my nie verkeerd nie, ek is doodgelukkig met my mede swart burgers in
SA. Hei, ons was dan almal daar gebore, en ek glo daar sal dalk nog eendag
harmonie wees in SA in my generasie. Julle het nou die regering en julle kan
nou maak en breek soos julle wil. Maar die vet weet niemand moet in my
kultuur kom inmeng, my bure op die plaas kom vermoor of my ouers se voertuie
kom kaap nie. Ek het nog nooit enige onregte gepleeg teen enige swart man in
my land nie, en ek wil ook nie hê daar moet teen my gediskrimineer word oor
my wit vel nie.

En meer teen jou gerig mister Laubscher, ook nie as 'n common rassis genoem
word as jy ook lekker mense klassifiseer op gronde van die kleur van hulle
velle nie. Want dan het jy ook al klaar 'n onderskeid getref.
Ek dink nie minder van mense van 'n ander velkleur nie maar die hemel weet
as hulle almal soos jy was dan het ek.

Verder dink ek maar jy is maar 'n plonker om lekker beer agter 'n
rekenaarskermpie te sit en mense links en regs te beledig terwyl selfs my
nefie in Gr 1 dit ook kan doen. Jy en my nefietjie lyk vir my het een ding
in gemeen: julle het nog altwee baie klein trilletjies. Ag siestog. Dan voel
jy nog dom as jy 'n swart vel het ook. Die lewe moet seker vir jou een lang
hel wees. Tsk tsk Les. Daar is gelukkig hoop vir mense soos jy - die ashoop.

- Die Vierkleur Hoog!

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Christchurch

Di., 18 April 2000 00:00

Enige afrikaners in Christchurch?
Kontak my asb....ek wil meer uitvind oor NZ.
Lewens kostes per maand ens.
En moet eersdaags gaan vir n werk onderhoud?
Groete
Ronnie Lancaster lanc...@xsinet.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

S A Polisie

Ma., 17 April 2000 00:00

Ek wag nog om te hoor van polisielede of gewse polisielede wat komisie of
snaakse stories het. Ek is besig om n boek te skryf. Ek het darem antwoord
gehad van Namibie se polisiemanne

Julle kan dit pos aan Posbus 1867, Bellville, 7535 of e-mail my op
rhe...@iafrica.com

Julle staatsaanklaers kan ook van julle laat hoor

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kopiereg vrije musiek

Ma., 17 April 2000 00:00

Dries Venter wrote:

> Nie almal weet van kopiereg e.d.m. nie. Ek weet self net van lewende en
> dooie komponiste se musiek, en dan ook maar so-so. Byv jy mag skaamteloos
> 'n stuk van Bach se Brandenburg Konsert nr watookal in jou nuutste Rock-stuk
> opneem, en niks aan niemand betaal nie, maar jy mag nie dieselfde doen met
> byv Britten se musiek nie. Hy't natuurlik baie van sy musiek (veral Young
> Person's Guide to the Orchestra) van Bach e.a. gekry, so die situasie raak
> ietwat kompleks. Wie het nou kopiereg op daardie spesifieke stuk v. YPG?

Die musiek van "The Young Person's Guide to the Orchestra" het Benjamin
Britten (1913-1976) nie van Johann Sebastian Bach (1685-1750) gekry nie maar
van Henry Purcell (1659-1695).

Op hierdie musiek is nie kopiereg nie:

(Midi deur Alex Koster op 'n Yamaha PSR-400)

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex9.mid
Präludium & Fuga BWV 872 "Das Wohltemperierte Clavier" J. S. Bach

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex8.mid
Ricercar a 6 "Musikalisches Opfer" BWV 1079 Johann Sebastian Bach

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex2.mid
Klavier Sonate Nr 14 "Mondschein-Sonate" Op.27 Nr.2 Ludwig van Beethoven

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex3.mid
Klavier Sonate Nr 8 "Pathétique" Op.13 Ludwig van Beethoven

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex4.mid
Sinfonie Nr 9 (Molto vivace - Presto) Op.125 Ludwig van Beethoven

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex1.mid
Sinfonie Nr 5 (Allegro con brio) Op.67 Ludwig van Beethoven

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex5.mid
Akademische Festouvertüre Op.80 Johannes Brahms

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex6.mid
Sinfonie Nr 0 (Allegro) Anton Bruckner

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex7.mid
Sinfonie Nr 9 (Feierlich, misterioso) Anton Bruckner

Beste wense,

Alex Koster
student
Cambridge, V.K.
www.koster37.freeserve.co.uk

Musiek & liriek | 0 kommentare

Re: Hansie

Ma., 17 April 2000 00:00

Gestel nou Hansie het 'n aand voor 'n wedstryd
gesê dat die veld is hard/sag en dat dit die
boulers/kolwers sal bevoordeel, het geen
haan daarna gekraai het nie. Hy was/is seker
skuldig dat hy geld ontvang het vir sy info,
maar dit is werklik nie so ernstig gewees soos
die wêreld en sommige Suid Afrikaners dit wil
uitmaak nie. Kom ons kyk na
sy rekord; hy het baie meer krieket wedstryde gewen
as verloor. Hy is seker die beste kaptein wat enige
ons nog gehad het. Ek dink nie ons moet Hansie kruisig
nie, want ons is seker almal skuldig aan goed waaroor
ons self nie trots is nie. Die enigste probleem is, doen
ons iets verkeerd, is dit maar slegs 'n baie klein groepie mense
wat daarvan weet... ons weet almal Hansie is wêreld
bekend, en daarom lyk dit erger as wat dit is. Kom
ons gee hom nog 'n kans.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Hoekom is julle so stil

Ma., 17 April 2000 00:00

Waar is almal. Dit is so stil.Laat hoor van julle. Ek verlang

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"President Steyn" deur Jan Celliers

So., 16 April 2000 00:00

Dis skoon vir 'n held om te val
aan die voete van wie hy gedien het,
skoon vir sy skeidende gees
dat moeders die laatste mog wees,
wat sy sterwende oog gesien het.

Maak hom 'n graf op die grond
wat sy liefde gewy en geseen het;
dis skoon vir 'n held om te rus
aan die voete van wie hy beween het.

JAN CELLIERS
-------------------

Beste wense,

Alex Koster
student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

RE Julian en Gary

So., 16 April 2000 00:00

Ek is darem bly om te hoor dat daar darem mense hier is wat my steun.

Gary ek dink Suid Afrika se probleem met misdaad is as volg.

Eerstens is daar te min ondersoekbeamptes.Hulle sit met tot 150 sake om te
ondersoek en dan op seker stasies wer hulle 3 tot 4 op n voertuig.Die
ondersoekbeampte werk sy gat af om die saak reg te kry sodat dit hof toe kan
gaan. Kom die saak by die hof moet hy eers borg openeer.

Tweedens moet die aanklaer die saak uitstel om die ondersoek te voltooi of
die hofrol te vol is. Nou vat dit somtyds tot 3 tot 4 jaar dat die saak
afgehandel word. By die tyd stel die getuies nie meer belang in die saak nie
want hulle was nou meer as 10 keer by die hof

Dan uitendelik kry jy die persoon skuldig. Die ondersoekbeampte en aanklaer
is bly want hulle het n skuldigbevinding gekry.

Dan sit die persoon n paar maande en hy word vrygelaat want die tronke is
oorvol.

Maar intussen het n paar geloop want n korupte ondersoekbeampte of aanklaer
het dossiere laat wegraak of bewysstukke laat wegraak

Al manier hoe ons dit sal regkry is meer polisiebeamptes en beter betaalde
polisiebeamptes. Meer howe en meer aanklaers en beter betaalde aanklaers.
Meer tronke.

Dan voel ek dat die doodstraf ook kan terugkom vir sekere misdade soos
verkragting ( veral van kinders)en moord veral op polisiebeamptes

Nou sal party mense weer op hulle perde spring en se die doodstraf is
barbaars en dat hulle regte het.
Maar die kind wat vekrag is het mos ook die reg gehad om nie verkrag te word
nie. Die man wat doodgekiet is vir sy selfoon se familie het mos ook n reg
gehad om nman en pa te he. Want op die oomblik het net die krimeel regte en
die publiek nie. Ek stem saam dat die doodstraf ook nie net gegee word nie
maar erens moet iets gedoen word

JULIAN die klomp oorsee dink dat alle boere die grond gevat het. Maar het
hulle gedink dat die boere van vandag nog nie eers gebore was toe Rodes daar
was nie

Nog n punt wat ek wil maak is ,hoe kan hulle iemand kommesris van die
Polisie maak wat fokkel weet van die polisie nie en dan lyk hy so slordrig
in sy uniform. Waar is die ou respek.

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1091  1092  1093  1094  1095  1096  1097  1098  1099  1100  1101  1102  1103  1104  1105  1106    »]
Tyd nou: So. Mei 10 11:36:44 UTC 2026