Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Effektiewe
beleids bestuur aangaande die verskaffing van hulp bystand, en
brandstof pryse. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.
Wil ook graag Motor Voertuig en Vervoer Vervaarders, Handelaars
en Verskaffers gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettings vermoë en vasberadenheid. Verskaffing van hoogs
betroubare en bekostigbare vervoer metodes en ondersteunings
dienste, in menige vorme. Maklik bekombare onderdele teen
bekostigbare pryse. Na verkoops dienste en ondersteuning. Lang
afstand bus dienste. Volgehoue navorsing, om beter tegnieke
bekend te stel. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. Asook om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet te ondersteun om hulle
doelwitte te bereik. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.
'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet,
asemrowend te verhoog.
Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.
Stel voor om die produksie van alle tipes voertuie, asook
onderdele, te verhoog. Veral voertuie wat brandstof gebruik -
motor fietse, busse, motor voertuie, ens. Veral met 4x4 vermoë.
Navorsing aangaande beter padhou vermoë kan ook verhoog word. En
om op huidige 4x4 ontwerpe te verbeter. Asook, om voertuie,
veral met 4x4 vermoë, te bou / in mekaar sit. Om gebruik te word
veral in die Oos Kaap, Lesotho, gebergde paaie, en ander gebiede
wat 4x4 vervoer vermoë benodig. Die huidige mark tendens in Suid
Afrika kan ook uit kapitaliseer word, om 4x4 motor voertuie aan
te koop.
Daarna kan massa produksie verhoog word, asook om fabrieke te
bou, indien nodig, in verskeie plekke: Oos, Wes en Noord Kaap,
Kwa-Zoeloe Natal, Vrystaat, Gauteng, Noordelike Provinsie en
Mpumalanga. En elders in ons Paradys, en in SAOG lidlande, waar
menslike hulpbronne en materiaal beskikbaar is.
Bestudeer verbruikers benodighede plaaslik, asook op die
Planeet, om plaaslike en uitvoer mark potensiaal en benodigdhede
vas te stel. Mark navorsing kan ook verhoog word in benodigde
gebiede, om volume van goedere en dienste wat benodig word, vas
te stel.
Verskaffers van produkte en dienste kan ook verhoog word, waar
en wanneer nodig. En voldoende aanvraag bestaan, in ons Paradys,
in SAOG lidlande, en elders op die Planeet.
Taxi staanplekke kan ook verhoog word, veral lans hoof paaie. Om
die toename in vervoer van passasiers en goedere te kan hanteer.
Opleidings kursusse kan ook verhoog word. Om aantal bestuurders
te verhoog. Veral om ondersteuning te lewer, aangaande die
vervoer van goedere en persone in ons Paradys, in SAOG lidlande,
en die Planeet. Veral wanneer die Suid Afrika en Afrika
Renaissance 'n kwantum sprong vorentoe neem.
Ontmoetings kan ook met Lande regoor die Planeet verhoog word,
om die suksesse van die Afrika Renaissance, veral op hierdie
gebied (vervoer), te verhoog. Om die suksesse wat hier bereik
word, elders op die Planeet te implementeer, bv. Sentraal en
Suid Amerika Renaissance, Oos Europa Renaissance, Groter Asie
Renaissance, Midde Oosterse Renaissance, en Renaissances elders
op die Planeet.
Bydraes wat hier gelewer word, veral met die volgende paragraaf
ingesluit, kan gesien word as pro-aktiewe bydraes wanneer die
Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n kwantum sprong
vorentoe neem, omtrent Junie 2000.
Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000. President
Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance herhaal
vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En dit
die sukses maak wat dit verdien om te wees.
Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Beskikbaarheid van vervoer en vervoermiddele kan verhoog word.
Voertuie met 4x4 vermoë kan asemrowend verhoog word.
Vervoer van goedere en passasiers kan asemrowend verhoog word.
Toerisme en verwante industriee kan asemrowend verhoog word,
veral in afgelee gebiede.
Asemrowende uitvoer mark potensiaal.
Werks geleendhede kan asemrowend verhoog word, in ons Paradys en
in SAOG lidlande.
Verbruik van brandstof kan asemrowend verhoog word, vir voertuie
wat brandstof aangedrewe is.
Internasionale bekendheid vir ons Paradys kan asemrowend verhoog
word, veral op die gebied van 4x4 vervoer middele.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.
Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.
Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en
Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding.
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.
Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
(Hierdie bydrae verskil van die Hyundai bydrae, deurdat alle
vervoer middele hier ingesluit word - vanaf fietse tot lang as
sleepwaens.)
Smileys gaan weer ingesluit word in bydraes, nadat die groen lig
gegee is, waarvoor aangevra is. Om die suksesse wat daarna
behaal gaan word, oor te beklemtoon.
Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een.
Ek lees vanoggend(15 April) van n ou oom wat sy honde se landmyne opgetel
het in n plastiek sak en in die straat afgeloop het om dit in die
Munisiepale drom te gaan gooi.
Op pad het n bakkie verby hom gery en die persoon het die sak gegryp en
weggejaag.
Dit is nou uiterlik kak steel.
Die oubaas se hy wens hulle wil elke keer se sak vat dan hoef hy nie sover
elke dag te stap nie.
Hoekom is julle so stil van oor die see.Ek sien uit om met julle te praat
en te stry.
Ek lees ook vandag in die koerant dat ons adjunk pres se vrou ook geregtig
is op n motor.Al probleem hy het twee en elkeen moet n motor kry, maar aan
die anderkant kan ons gelukkig wees hy het nie meer vrou nie.
Ek weet van een baie gelukkige persoon. Die een wat die 13 Miljoen Rand
gewen het in die lotto.Hy moet net oppas want hy gaan nou van vriende hoor
wat hy nog nooit geken het nie.
Verder is die koerante nog altyd vol van Hansie Cronje. Plaas laat hulle dit
eers los na die ondersoek afgehandel is .Ek is natuurlik baie spyt wat
gebeur het want ek het hom beskou as n baie goeie kaptein. Dit wys maar net
dat die euwel van geld jou kan laat knak.
Laat van julle hoor dat ons kan stry of lekker praat.
Daar is so min plekke op die net wat Afrikaans is
Ek merk dat in hierdie NG mense se intelligensie gereeld in twyfel getrek
word as 'n gesprek begin warm word of as 'n persoon 'n opinie lug waarvan jy
nie hou nie.
Wat is intelligensie? Die uitslag van jou IK toets, hoe goed jy in wiskunde
was op skool, hoe goed jy kan debat voer of jou gedagtes op papier sit. Is
die ou wat blitsvinnig 'n pittige antwoord het op alles, maar nie 'n
akedemiese reus is nie intelligent?
Die ouens wat meganies of prakties aangele is, is gewoonlik nie baie
akedemies nie. Die akedemies aangelegde persoon is gewoonlik nie baie
prakties nie.
As Mnr Einstein nou met sy stukkende kar by die Garage kom en die
werktuigkundige luister net na die enjin en identifiseer dadelik die
probleem is hy slimmer as Einstein of ken hy net sy werk (onderwerp)?
Einstein en Jonty sit in die klas en moet uitwerk wat is die trajek van 'n
krieketbal en teen watter spoed trek hy as dit met x hoeveelheid energie in
x rigting geslaan is met x hoogte. Binne sekondes het Einstein die
antwoord. Jonty krap kop en sukkel. Sy antwoord is verkeerd.
Op die krieketveld kan Einstein nie eers amper 'n bal raak vang nie. Jonty
hardloop en duik skuins en opwaarts en vang 'n bal perfek wat teen 85km/h
trek.
My logika sê vir my dat Jonty die som van trajek, spoed, punt van impak in
'n breukdeel van 'n sekonde gemaak het, die regte antwoord gekry het, en
boonop daarop reageer het.
Wie van Einstein en Jonty is die beste in fisika? (slimste)
Nog twee vragies. Kan iemand my sê wat abstrakte intelligensie is? Ek het
gehoor ons gebruik net tussen 3 en 5 persent van ons breinkrag, is dit so?
Ek wil graag kontak maak met "Afrikaners" wat In NZ woon.
Verkieslik "Christchurch", aangesien ek moontilkm soontoe kan gaan met'n betrekking by Air New Zealand?
Kontak my per e-Pos + stuur n paar fotos aan!
Groete
Ronnie Lancaster
Jy moet darem onthou die hofbevel is nie van toepassing op die regering nie.
Hy mag nog steeds doen wat hy wil. Ek dink demokrasie werk so.
Soos ek verstaan Het ons regering nog niks te se gehad oor die
aangeleentheid nie. Dit laat mens wonder waar hulle oor die aangellentheid
staan.Ons regering het aangebied om R800 miljoen (ek dink dit is die bedrag
wat genoem is) aan Zimbabwe te leen.Kan ons liewers nie daai geld aanwend om
huise te bou vir ons eie mense nie.Hier sit darem baie van ons mense wat nog
nie huise het nie
Eerstens wil ek net se ek is n Afrikaner. Ek praat Engels en Afrikaans. Soos
jy kan aflei van my van moet ek n Afrikaner wees. Ek glo net ek moet beide
tale so goed moontlik praat.My was nou wel Iers gewees.
Jou suster is gelukkig dat sy in n veilige deel bly en dat sy nog kan
rondloop. My suster bly in Elsburg in Johannesburg.Sy het soos twee weke
terug na winkelsentrum in die Oosrand en toe sy intrek het hulle n gewpende
roof getrek reg voor haar waar hulle die sekuriteits wag dood gekiet het en
twee voetgangers gewond het.Sy woon nou 3 jaar daar en dit was die derde
gewapende roof waarin sy vasry. So die misdaad is daar en hulle gaan vir die
sagte teikens.On gelukkig weet ek van misdaad want ek was 18 jaar in die
Suid Afrikaanse Polisie gewees. Ek het verskillende eenhede gewerk en laaste
10 jaar was ek n speurder. Ek het onder andere in die Interne
ondersoekeenheid gewerk. Ek was van die eerstes wat die eenheid in die Kaap
begin het.
Die probleem is jy werk jou gat af om die persone te aresteer en more loop
hy weer buite rond.In een geval het ek n verkragting saak ondersoek van n 7
jarige dogtertjie.Ek hoef seker nie uit te brei hoe sy gelyk het nie.Na 8
maande se gesoek het ek die persoon gearesteer en hy was skuldig bevind
waarop ek baie bly was. Sy vonnis was maar egter 7 jaar gewees. MAAR nou kom
die ander sy. HY het net 75 dae gesit toe loop hy uit op parool. Dit is mos
nie reg nie.Hoekom het ek ure oortyd opgeoffer om die man te soek en ons
word nie oortyd betaal nie.So misdaad is hier en jy kan dit nie verby kyk
nie. Ons arme polisie mag ,en meeste van hulle is goei mense probeer hulle
bes maar kan nie wen nie. Dit is net Jammer dat daar wel n paar koruptes is
en hulle die hele mag se naam sleg maak.
Daar is probleme met misdaad en jy kan nie se daar is nie.AS jy die koerant
oopmaak lees jy daarvan.Ek moet se dat die laaste twee dae die hele koerant
net oor Hansie handel.
Boemelaars is daar Jy moet maar net orals kyk en jy sien dit.Ek het ook nie
n probleem om langs n kleurling te bly nie. As hy hom in die selfde manier
gedra soos ek het ek nie n probleem nie.As dit egter gangsters is en hulle
dronknes hou sal ek ook kla. Maar as dit wit mense is wat so aangaan sal ek
ook kla.Jy kry egter nog n klomp wat in die verlede bly. MAAR ek kan my
vriende kies en as ek nie saam met n kleurling eil kuier nie bly dit my reg.
Ek sal hom nie pla nie as hy my nie pla nie.
Nou se jy die boemelaars praat Engels. Wel sover my kennis strek kry jy van
hulle wat Afrikaans ook praat. Ja ons kry Afrikaanse boemelaars ook Jou
suster en die ander bewoners moet n petiesie opstel en dit na die eienaar
van die woonstel neem dat hy die nodige stappe doen om hulle te verwyder.
Hulle moet ook nie te lank vat nie want die nuwe wet se as hulle vir n seker
tyd daar woon hulle nie verwyder mag word nie en as die eienaar hulle dan
verwyder moet hy vir hulle n alternatiewe woonplek kry.
Ek woon in Welgelegen in Kaapsad. Dit is naby die Parow koppie. AS jy
Kaapstad ken sal jy weet waar dit is.
Ek woon nou 3 jaar saam met my vriendin en alles goed verloop sal ons seker
in die jaar trou.Ek is ongeveer 15 min se ry van die see af.
Wel ek is n Afrikaner en daar is nog punte wat ek nie saam met jou stem
nie.Die een is die boere in Zimbabwe. Dit is nie reg dat hulle net so van
hulle plase afgejaag word nie.Misdaad is n probleem in Suid afrika. Ons
polisie mag is onderbeman om die werk te doen.Hier is te veel korupsie.
Sekere mense in die regering(is dit beter) steel nog te veel van die geld
wat nie by die arm mense uitkom nie.AS die punte nie aangespreek word nie
sal dit net kakker met ons hier in Suid Afrika gaan