Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

S A Polisie

Ma., 17 April 2000 00:00

Ek wag nog om te hoor van polisielede of gewse polisielede wat komisie of
snaakse stories het. Ek is besig om n boek te skryf. Ek het darem antwoord
gehad van Namibie se polisiemanne

Julle kan dit pos aan Posbus 1867, Bellville, 7535 of e-mail my op
rhe...@iafrica.com

Julle staatsaanklaers kan ook van julle laat hoor

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kopiereg vrije musiek

Ma., 17 April 2000 00:00

Dries Venter wrote:

> Nie almal weet van kopiereg e.d.m. nie. Ek weet self net van lewende en
> dooie komponiste se musiek, en dan ook maar so-so. Byv jy mag skaamteloos
> 'n stuk van Bach se Brandenburg Konsert nr watookal in jou nuutste Rock-stuk
> opneem, en niks aan niemand betaal nie, maar jy mag nie dieselfde doen met
> byv Britten se musiek nie. Hy't natuurlik baie van sy musiek (veral Young
> Person's Guide to the Orchestra) van Bach e.a. gekry, so die situasie raak
> ietwat kompleks. Wie het nou kopiereg op daardie spesifieke stuk v. YPG?

Die musiek van "The Young Person's Guide to the Orchestra" het Benjamin
Britten (1913-1976) nie van Johann Sebastian Bach (1685-1750) gekry nie maar
van Henry Purcell (1659-1695).

Op hierdie musiek is nie kopiereg nie:

(Midi deur Alex Koster op 'n Yamaha PSR-400)

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex9.mid
Präludium & Fuga BWV 872 "Das Wohltemperierte Clavier" J. S. Bach

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex8.mid
Ricercar a 6 "Musikalisches Opfer" BWV 1079 Johann Sebastian Bach

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex2.mid
Klavier Sonate Nr 14 "Mondschein-Sonate" Op.27 Nr.2 Ludwig van Beethoven

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex3.mid
Klavier Sonate Nr 8 "Pathétique" Op.13 Ludwig van Beethoven

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex4.mid
Sinfonie Nr 9 (Molto vivace - Presto) Op.125 Ludwig van Beethoven

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex1.mid
Sinfonie Nr 5 (Allegro con brio) Op.67 Ludwig van Beethoven

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex5.mid
Akademische Festouvertüre Op.80 Johannes Brahms

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex6.mid
Sinfonie Nr 0 (Allegro) Anton Bruckner

www.koster37.freeserve.co.uk/a/alex7.mid
Sinfonie Nr 9 (Feierlich, misterioso) Anton Bruckner

Beste wense,

Alex Koster
student
Cambridge, V.K.
www.koster37.freeserve.co.uk

Musiek & liriek | 0 kommentare

Re: Hansie

Ma., 17 April 2000 00:00

Gestel nou Hansie het 'n aand voor 'n wedstryd
gesê dat die veld is hard/sag en dat dit die
boulers/kolwers sal bevoordeel, het geen
haan daarna gekraai het nie. Hy was/is seker
skuldig dat hy geld ontvang het vir sy info,
maar dit is werklik nie so ernstig gewees soos
die wêreld en sommige Suid Afrikaners dit wil
uitmaak nie. Kom ons kyk na
sy rekord; hy het baie meer krieket wedstryde gewen
as verloor. Hy is seker die beste kaptein wat enige
ons nog gehad het. Ek dink nie ons moet Hansie kruisig
nie, want ons is seker almal skuldig aan goed waaroor
ons self nie trots is nie. Die enigste probleem is, doen
ons iets verkeerd, is dit maar slegs 'n baie klein groepie mense
wat daarvan weet... ons weet almal Hansie is wêreld
bekend, en daarom lyk dit erger as wat dit is. Kom
ons gee hom nog 'n kans.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Hoekom is julle so stil

Ma., 17 April 2000 00:00

Waar is almal. Dit is so stil.Laat hoor van julle. Ek verlang

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"President Steyn" deur Jan Celliers

So., 16 April 2000 00:00

Dis skoon vir 'n held om te val
aan die voete van wie hy gedien het,
skoon vir sy skeidende gees
dat moeders die laatste mog wees,
wat sy sterwende oog gesien het.

Maak hom 'n graf op die grond
wat sy liefde gewy en geseen het;
dis skoon vir 'n held om te rus
aan die voete van wie hy beween het.

JAN CELLIERS
-------------------

Beste wense,

Alex Koster
student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

RE Julian en Gary

So., 16 April 2000 00:00

Ek is darem bly om te hoor dat daar darem mense hier is wat my steun.

Gary ek dink Suid Afrika se probleem met misdaad is as volg.

Eerstens is daar te min ondersoekbeamptes.Hulle sit met tot 150 sake om te
ondersoek en dan op seker stasies wer hulle 3 tot 4 op n voertuig.Die
ondersoekbeampte werk sy gat af om die saak reg te kry sodat dit hof toe kan
gaan. Kom die saak by die hof moet hy eers borg openeer.

Tweedens moet die aanklaer die saak uitstel om die ondersoek te voltooi of
die hofrol te vol is. Nou vat dit somtyds tot 3 tot 4 jaar dat die saak
afgehandel word. By die tyd stel die getuies nie meer belang in die saak nie
want hulle was nou meer as 10 keer by die hof

Dan uitendelik kry jy die persoon skuldig. Die ondersoekbeampte en aanklaer
is bly want hulle het n skuldigbevinding gekry.

Dan sit die persoon n paar maande en hy word vrygelaat want die tronke is
oorvol.

Maar intussen het n paar geloop want n korupte ondersoekbeampte of aanklaer
het dossiere laat wegraak of bewysstukke laat wegraak

Al manier hoe ons dit sal regkry is meer polisiebeamptes en beter betaalde
polisiebeamptes. Meer howe en meer aanklaers en beter betaalde aanklaers.
Meer tronke.

Dan voel ek dat die doodstraf ook kan terugkom vir sekere misdade soos
verkragting ( veral van kinders)en moord veral op polisiebeamptes

Nou sal party mense weer op hulle perde spring en se die doodstraf is
barbaars en dat hulle regte het.
Maar die kind wat vekrag is het mos ook die reg gehad om nie verkrag te word
nie. Die man wat doodgekiet is vir sy selfoon se familie het mos ook n reg
gehad om nman en pa te he. Want op die oomblik het net die krimeel regte en
die publiek nie. Ek stem saam dat die doodstraf ook nie net gegee word nie
maar erens moet iets gedoen word

JULIAN die klomp oorsee dink dat alle boere die grond gevat het. Maar het
hulle gedink dat die boere van vandag nog nie eers gebore was toe Rodes daar
was nie

Nog n punt wat ek wil maak is ,hoe kan hulle iemand kommesris van die
Polisie maak wat fokkel weet van die polisie nie en dan lyk hy so slordrig
in sy uniform. Waar is die ou respek.

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt

So., 16 April 2000 00:00

Ek sing van die wind, wat tekeer gaan;
Ek sing van die reën, wat daar val;
Ek sing van ons vaal ou Karrooland;
Van blomme, wat bloei by die wal;
Van water, wat bruis oor die klippe;
Van duikers, wat draf oor die veld;
Van voëls, wat daar sing in die bossies -
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Vir my sing maar liewers van blomme;
Van al, wat die vlei laat verkleur;
Van al, wat die sonskyn laat spartel;
Van voorjaar en najaar se geur;
Vir my sing maar liefs van die water;
Van duikers, wat draf oor die veld;
Van rotse en branders en wolke -
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

***************

Klim op, klim op, met die slingerpad!
Klim op, klim op, tot jy sta daar bo.
Waar jy al ons land in 'n oomblik vat
Van die Suurveld af tot die kaal Karroo!

Klim op, klim op, lang die slingerpad!
Klim op, tot jy bo-op staan, en kyk
Hoe mooi ons wêreld is! Dan weet
Jouw siel die waarheid - want jy is ryk!

LOUIS LEIPOLDT
----------------------

Beste wense,

Alex Koster
student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk

Prosa & poësie | 9 kommentare

Re: Gloudina oor misdaad in SA

So., 16 April 2000 00:00

Dit is interessant dat in so 'n veilige land insluitende Pretoria (waar my
ouers woon) die polisie 21400 mense in hegtenis kan neem binne 4 dae. Waneer
laas in Kanada het so iets plaasgevind?
Julian

CRIME BLITZ NETS 21 400 PEOPLE: SOWETAN, 20000414, P.2 - A total of
21 400 people were arrested in a four-day national crime-combating
operation between 29 March and 1 April, national police spokeswoman
Director Sally de Beer said yesterday. De Beer said most of the arrests
were made in raids in Hillbrow, Johhannesburg and Sunnyside, Pretoria
as part of Operation Crackdown.

> Reenen, laat ek nou vir jou iets interessants vertel. Ek "chat"vanmiddag met my
> suster in Pretoria oor hoe veilig dit is waar
> sy bly. (Ek is natuurlik altyd kronies bekommerd oor my
> familie daar in SA omdat julle klomp altyd die plek sit en uit-
> maak as so gevaarlik dat daar 'n moordenaar om elke bos
> skuil. ) Sy stel my toe weer gerus dat sy in haar onmiddellike
> omgewing geen moeilikheid ondervind nie, en gisteraand nog
> 45 minute alleen rondgeloop het. snip>
> Gloudina
>
>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tielman (Tieleman etc)

So., 16 April 2000 00:00

Wat is 'n *Tielman* ? nou 'n inwoner van die Nederlandse stad TIEL !

Dit is reeds 'n baie ou Nederlandse naam. Kom ook voor in die familie Potgieter

in Suid Afrika. 't is snaaks ne, jou kind te vernoem na 'n stad of 'n dorpie.

Groete van Nederland, Patrick

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Zimbawe lanbesseters nou moordenaars

So., 16 April 2000 00:00

Ek hoop die klomp oorsee wat die plaasbesetters goedpraat is nou fokken
tevrede. Hulle het n wit boer doodgemaak en n paar halfdood gedonner. Julle
is sekeker nou bly want daar sit nou kinders sonder n pa. Julle harte jubbel
nou.

Die snaakste is dat die boer wat dood gemaak is het die plaas ongeveer 7
jaar terug van die regering gekoop. Nou wil ek graag weet hoe de donner het
hy die grond gesteel as hy dit by die regering gekoop het.
Kan julle dit aan my verduidelik

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1091  1092  1093  1094  1095  1096  1097  1098  1099  1100  1101  1102  1103  1104  1105  1106    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 17:24:48 UTC 2026