In 'n ander thread het Gloudina so 'n rukkie terug stellings gemaak wat
daarop aankom dat sy al die wit plaasboere in Zimbabwe as setlaars beskou en
dat dat sy eintlik 'n voorstaander is van die 'one settler, one
bullet'-idee. Dit het 'n hele string gedagtes by my laat ontstaan, waaroor
ek (indien dit moontlik is op hierdie NG) bespreking sou wou sien sonder
moddergooiery. Wat hieronder volg is 'n redelik lang relaas waarvoor ek by
voorbaat verskoning maak, maar ek dink dit is netelige sake hierdie, en nie
net vir Zimbabwe en SA nie, maar regdeur die wêreld. Sommige vrae is direk
aan Gloudina gerig, siende dat sy die stellings gemaak het, maar dit is
sekerlik oop vir enige iemand om kommentaar te lewer.
1) Gloudina, staan jy werklikwaar moord voor as 'n oplossing vir die
'probleem'? In baie lande (Kanada? Ek weet nie) sou jy aangekla kon word
van moord, sou slegs een persoon sterf op so 'n manier, en die moordenaar
wys daarop dat hy sy inspirasie gekry het toe hy jou stelling gelees het.
Jy het al voorheen aangetoon dat jy uit 'n Christelike agtergrond kom, maar
tans meer na die Oosterse godsdienste neig (dis soos ek jou verstaan het uit
daardie thread lank gelede wat oor godsdiens gegaan het) Geen van di'e
godsdienste staan moord en doodslag voor nie. Hoe vereenselwig jy dit met
jou stelling?
2) Watse lyding dink jy gaan die familie en vriende deur van mense wat s'o
vermoor word? Ek verwys nou eintlik meer spesifiek na wat in SA gebeur.
Jyself het nog heelwat familie hier in SA. As een van hulle nou so op hulle
plaas of in die dorp vermoor word, hoe sal jy dan oor die saak voel?
3) Ek het gehoor dat die Zimbabwe-regering alreeds sowat 8 miljoen hektaar
opgekoop/onteien het van blanke boere. Hiervan het Mugabe blykbaar terstond
6Mha aan sy politieke vriende (LW, ni'e die eks-vegters ni'e!) uitgedeel,
totdat sy eie kabinet 'n stokkie daarvoor getseek het. Hierdie 6Mha l^e
noufeitli onbenut. Hoekom deel hy nie nou die ander 2Mha onder die
vryheidsvegters uit nie? Ek vermoed dit was bloot politieke opportunisme
wat hom laat besluit het om die eks-vryheidsvegters aan te por tot die
besetting. Een ou (Zimbawi"er) wat saam met my werk reken dit was eintlik
'n set om die land so onregeerbaar te maak dat Mugabe 'n noodtoestand kon
afkondig, om sodoende die verkiesing wat nou eersdaags moet kom, uit te
stel. Hierdie selfde ou reken ook dat Mugabe totaal oorhoeks is met sy eie
kabinet, hulle wil hê hy moet uittree.
4) Ek het ook gehoor dat die meeste blanke boere nie onwillig is om hulle
plase te ontruim nie, maar hulle wil redelikerwys vergoed word.
5) Gloudina het die stelling gemaak dat die plase gesteel is. Van wie?
Deur wie? Volgens die geskiedenisbronne wat ek kon vind, het die (blanke)
setlaars die plase by Cecil John Rhodes se BSA gekoop vir etlike miljoen
pond. Siende dat die BSA 'n 'Chartered' company was, het hulle met die
volle goedkeuring van die Britse regering opgetree - hulle WAS die regering
aldaar. Sou dit dan beteken dat die grond inderwaarheid van die Britse
regering gekoop is? Waar het hulle dit gekry? Dieselfde bronne maak
melding van 'n ooreenkoms met Lobengula. Nou kan 'n mens seker sê dat dit
'steel' was, ek dink egter dat daar waarskynlik 'n misverstaan of uitbuitery
van die swartes se siening oor erfreg en grondbesitreg was.
6) In opvolging van (5): Lobengula was 'n Matabele, en hulle was eintlik
Zoeloes, soos ek dit verstaan, wat deur Sjaka uitgedryf is na Wes- en
Noord-Transvaal, en daarvandaan na Zimbabwe geepad het toe Potgieter hulle
by Mosega die nekslag toegedien het. So hulle was dan ook 'setlaars'. Net
so is die Mashona's, die Sjangaans,Karanga's, Rozvi's en al die ander stamme
in Zimbabwe ook 'setlaars'.
7) Feitlik die enigste mense wat nie setlaars in Zimbabwe was nie (altans
sover vasgestel kan word) is die Boesmans. Hulle legendes (a la vd Post?)
dui egter ook op 'n herkoms van elders. Hoever terug moet die 'stelery'
geneem word, maw wie moet nou eintlik die grond kry?
9) 'n Vraag aan Gloudina: Wat is julle status in Kanada? Ek neem aan julle
is Kanadese burgers, maar is julle, saam met *AL* die blankes in Kanada, en
die VSA, nie ook maar setlaars nie? Wat sou jou reaksie wees as 'n sg
'First Nation'-boorling 'n eis op daardie stukkie grond waar julle woon
instel? Sal jy dit sondermeer aan hom gee? Sou jy kompensasie verwag?
10) Iemand (Gloudina?) het ook opgemerk dat daar studies is wat toon dat al
die eks-vegters wat 'n stukkie grond van sy eie sou kry, 'n lewe as
bestaansboer sou kon maak. Wat van al die mense in die stede wat deur die
kommersi"ele boere gevoed en geklee is? Wat word ook van die buitelandse
valuta wat deur sulke boere verdien is? En dit help nie om te redeneer dat
hulle meesal tabakboere is nie, en dus verdien om gekelder te word nie -
tabak is tans nie 'n verbode produk nie, en kan dus vryelik gekweek en
verkoop word, dit is dus nog steeds 'n geldige valutaverdiener! Die
tabakboee kan relatief maklik na ander gewasse oorskakel soos mielies of
sorghum of beeste, ens.
Infoza, werkgroep van de v.z.w. "Vrienden van Zuid-Afrika"nodigt U uit op
haar:
Vlaams - Zuid-Afrikaanse cantus
Iedereen met een hart voor Vlaanderen en Zuid-Afrika is van harte
welkom op zaterdag 8 april 2000. om 20 u in zaal " 't Apostelken ".
Te vinden aan de APOSTELSTRAAT 1 in AALST
De cantus wordt geleid door dhr. Paul Beheyt, oud-praeses van de Protea
Studenten en nu verantwoordelijke voor de verkoopdienst van de V.Z.A.
Met begeleiding op trekzak door Jan Janssens.
Wij houden het op Vlaamse en natuurlijk Zuid-Afrikaanse studenten- en
drinkliederen, met naast bier en frisdrank lekkere Kaapse wijn om de kelen
te smeren.
Voor INFOZA,
Jan Neukermans, Hoogstraat 173 bus 3, 9470 Iddergem Tel. 053 68 51 54
Guy Van Londersele, Oudenaardsestw. 631, 9420 Bambrugge Tel. 053 62 25 09
Wegwijzer
Via E 40 : Neem de afrit Aalst - 19 maar volg onmiddellijk richting
Dendermonde (Wijngaardveld). Je komt op een viervaksbaan die je volgt tot
aan het derde stoplicht. Daar steek je over. Je blijft steeds deze baan
volgen.
Opeenvolgend ga je over de viaduct, rond de H. Hartkerk (1e kerk) tot aan de
kerk van Mijlbeek (2e kerk). Daar kun je parkeren.
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
van jou sal net 'n bloedkol bly
hier op my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery
deur jou gebyt en plaery
kon ek nie slaap vir ure
Mag ek my voorstel eers ons skei
eer jy die doodslag van my kry -
My naam is Van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie-
wees ook nie so kieskeurig nie
Jy moet tog éendag sterwe!
Verwekker van malaria
sing maar jou laaste aria -
Mog een minuut vir grasie
al soebat jy nou nog so lang
al sê jy ook: ek is nie bang -
Nooit weer sien jy jou nasie!
Hoe sedig sit hy, o die kring!
Sy kinders kan maar kranse bring
Nou gaan die vabond sterwe ...
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer
My naam is Van deeer Merwe!
(naskrif: Ek had dit ook dat dit "o die kreng" was, maar aldus die
Afrikaanse Verse van DF Malherbe is dit "o die kring")
Thys de Wet op Somerset-Wes waar die 'sedoos' mens die afgelope twee dae mal
gewaai het!
'n Vriend het vir my gesê, dat op "ek" ook 'n dakkie (accent circonflex)
geskryf moet word. Ek dink nie, dat hy reg is. Hy sê, dat ook op "ek" 'n
dakkie geskryf word, omdat hy dink dat die e in "ek" lank uitgespreek word.
Wat denk julle?
--
Hans Kamp (Win2000)
in...@hanskamp.com
www.hanskamp.com
ICQ=65694322
"PAT" skryf in boodskap news:01bf9656$2be5d660$ab86aec7@ms660966.mindspring.com...
> Ons "denk" nie Hans, maar "dink" wel. Jou vriend is verkeerd.
Dan sal ek dat aan hom vertel. Ek skryf nie so goed Afrikaans nie, omdat ek
'n Nederlander is.
> Daar is geen
> kappie op die e van ek nie. Dit word in Suid-AFrika op twee
> maniere uitgespreek, in die
> Noordelike gedeeltes is dit "ek" soos die eerste twee letters in
> die stad Akron. In die Kaap spreek mens dit uit soos die e in
> Wellington, minder gerond. Ek hoop dit help, vra gerus meer,
> dis moeilik om uitsprake te beskryf, maar ook nogal n uitdaging
> (challenge).
Ek interesseer my vir uitspraakverskille in Suid-Afrika. Weet jy 'n website?
--
Hans Kamp (Win2000)
in...@hanskamp.com
www.hanskamp.com
ICQ=65694322
Hallo, is daar een 55+ gay man, met een "baie" hare in die gesig. Ek,
een Hollandse gay man ,54 jaar, vet, gesig beharing, Wil graag Epos
stuur en kry, miskien ook fotos wissel.
Ek kan nie goed Afrikaans nie, maar ek wil Afrikaans leer.
In Hollands: Ik hoop iets van iemand te horen ( email te ontvangen ).
En ben je nog een beetje te jong.....email dan toch maar.
Groeten,
Alex. aka greybear.
--
Alex Switzer.
Amsterdam, the Netherlands, Europe
aka..........; Greybear
Born in.....; 1946
Member, Mitglied, Lid van ;
Dikke Maatjes, Amsterdam.
Heavy Teddies, Berlin.
ICQ Nr......; 27499808
Yahoo ID...; switzbear
Wil graag die ANC gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys,
asook elders op die Planeet. Veral vir die deursettings vermoë
en vasberadenheid. Asook inisiatiewe geneem deur President Thabo
Mbeki, Staats departmente en die Private Sektor, ten bate van
miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet.
Asook vir die ondersteuning wat gelewer word aan die menigte
aspekte van die landbou sektor van ons Paradys, en elders op die
Planeet. Veral vir die effektiewe beleids bestuur aangaande die
verskaffing van hulp bystand, en brandstof pryse. Asook om die
ekonomie, en ander aspekte van sosiale lewe te verhoog, om te
kan skyn soos goud in die oggend son. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elder op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie
meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.
Wil ook graag die Britse Regering gelukwens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van
ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die
deursettings vermoë en vasberadenheid. En om die landbou van
Indie te ondersteun om multi-gewas verbouings metodes te
implementeer. En Indie in staat te stel om om voedsel uit te
voer. Terwyl die bevolking vermeerder het op dieselfde tyd. En
om die Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit
word inniglik waardeer.
Wil ook graag Trekkers en Plaas implemente vervaardigers,
Verskaffers en Landbou ondersteunings strukture in ons Paradys,
asook elders op die Planeet, gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die deursettings
vermoë en vasberadenheid. Asook vir verskaffing van groot reekse
produkte en dienste. En om werks geleendhede te verhoog vir die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet. Insluitend
die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en
elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.
'n Saak wat na aan die hart raak, is om die verskaffing van
voedsel te verhoog in ons Paradys, asook SAOG lidlande, en
elders op die Planeet. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die
oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry.
Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid
van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos
dit is, en / of te verander na vrye wil.
Stel voor om multi-gewas verbouings tegnieke te verhoog in ons
Paradys, en elders op die Planeet, bv. SAOG lidlande, die
Fillipyne, ens.
Asook om die implementering te verhoog van 'n heel jaar groente
tuin d.m.v. 'n vierkante meter gebied, in afgeleë gebiede in ons
Paradys, asook elders in SAOG lidlande. Waar voldoende voedsel
aanvraag is, indien enige. Dit kan families in afgeleë gebiede
in staat stel om self voorsienend te word. Asook om gewasse te
verkoop aan die gemeenskap waarin hulle leef. Veral aan die oues
van dae, en diegene in nood.
Wil die Regering van ons Paradys, asook SAOG lidlande hoogstens
aanraai om die aantreklikheid om landbou boere te word, te
verhoog, vir alle persone, ongeag ras, geslag, kleur of geloof.
Produksie van trekkers, wat lae onderhoud benodig, kan ook
verhoog word. Asook produksie van landbou implemente. En
treilers, om produkte na markte te vervoer. Trekkers en treilers
behoort gebiede wanneer vloede ondervind word, maklik te kan
hanteer, indien moontlik. Produksie van besproeings implemente
kan ook verhoog word, om ondersteuning te lewer aan landbou.
Beskikbaarheid van Verskaffers kan ook verhoog word, asook
opgeleide personeel, om parte, ondersteuning en onderhoud te
verskaf.
Stel voor die volgende Lande word as uitvoer markte vir trekkers
en landbou toerusting gemerk: Lesotho, Swaziland, enige plek in
Afrika, insluitend Egipte, Sentraal en Suid Amerika. Asook vir
die plaaslike mark, indien genoegsame aanvraag bestaan.
Stel voor aparte trekker word ontwikkel. Laat opgradering van
sekere modelle toe, indien die eienaar dit later verkies. Sluit
voldoende toetsing in aan SABS standaarde, voordat produksie
begin word.
Daarna kan fabrieke opgerig word vir massa produksie op verskeie
plekke, nl. Oos, Wes en Noord Kaap, Kwa-Zoeloe Natal, Vrystaat,
Gauteng. Veral Noordelike Provinsie en Mpumalanga. Asook elders
waar menslike hulp bronne en materiaal beskikbaar is.
Bestudeer verbruikers benodighede plaaslik, asook in bg. Lande,
om uitvoer mark potensiaal en benodigdhede vas te stel. Asook
die dieet benodighede van SAOG lidlande, en die Planeet. Om
plaaslike verbruik, asook uitvoer mark potensiaal vas te stel.
Asook om bestuurs tegnieke te verhoog om tekorte en surplusse te
verminder, indien moontlik en/of nodig. Ook kan surplusse,
indien enige, aan laer inkomste groepe voorsien word teen laer
pryse, indien moontlik. Of uitgevoer word, indien koste
effektief, en 'n aanvraag bestaan.
Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000. President
Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance herhaal
vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En dit
die sukses maak wat dit verdien om te wees.
Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Beter
bestuur van gewasse. :) Trekkers kan gebruik word as vervoer
metode, veral in gebiede wat vloede ondervind. :) Infra
struktuur kan verhoog word in gebiede wat vloede ondervind. :)
Landbou kan asemrowend verhoog word waar toerusting verkoop
word. :) Voedsel verskaffing in ons Paradys, en elders
implementeer, kan asemrowend verhoog word waar aanvraag bestaan,
veral in gebiede met vloede. :) Families kan self voorsienend
word, en gewasse aan die gemeenskap, en elders verskaf waar
benodig word. :) Werk verskaffings geleendhede kan asemrowend
verhoog word in ons Paradys, en elders. :) Enorme uitvoer mark
potensiaal. :) Ekonomiee, en potensiële ekonomiee, kan
asemrowend stimuleer word. :) Landbou produseerende Lande kan
asemrowend verhoog word, veral vir toekomstige aanvraag, waar
bg. tegnieke implementeer word. :) Vrede en voorspoed kan
asemrowend verhoog word. :) Gemeenskaplike belange kan alle
partye geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid Afrika
Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n beter
lewe kan vir almal geskep word. :)
Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.
Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)
P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Kyk ek is nou al 'n stuk of 5 jaar uit Suid-Afrika en het nou die groep van
julli hier gesien en gelees. Boere Afrikaners het my nog geleer om saam te
staan en iets behoorlik te doen nie. Al wat ek nog hier gesien het was
persoonlik aanvale oor en weer.
Kom ons sit onze koppe bymekar en bespreek iets behoorlik.
Wat van die ekonomiese,politieke stand van Suid-Afrika?