| tes [boodskap #151354] |
Wo., 29 April 2026 11:19 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24986 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tes
Afbreking: tes
Selfstandige naamwoord: tes
Meervoud: tesse
Verkleinwoord: tessie
Meervoud van verkleining: tessies
Betekenis:
• (histories) 'n Bak vir warm kole met 'n handvatsel wat in 'n stofie of konfoor kom.
Gebruik:
• Oupa vul die tessie met kole en druk dit in ouma se voetstofie.
Sinoniem:
• kolebak
• kolepan
• vuurpan
• vuurtessie
Vertaling:
Engels: fire pan, coal pan
Nederlands: kolenpan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|