Ek het per ongeluk nou die dag 'n "CIS" ( amerikaanse service provider) "1/2
pad geinstaleer" by die huis. Nou kan ek nie van die lot ontslae raak
nie....elke keer as ek wil opkoppel dan kom hulle simpel "dailer" te
voorskyn en ek kan nie meer ons normale "Internet explorer" kry nie?
Ek het al windows 98 weer oor geinstaleer en ook outlook express, maar niks
help nie?
Kan iemand my asb help,
Groete
Ronnie Lancaster
Ons sit hier, in die middel van die winter en julle gaan almal lekker see
toe! Dis nie fair nie!!!
Geniet dit!
Skunk
Davie Davis schreef in berichtnieuws
3a2ea58e.1041343@news.intekom.co.za...
>
>
> Oor enkele ure ry ek kus toe. Julle gaan vir ten minste twee weke nie
> van my hoor nie en indien ek oor twee weke van nou af besluit om dit
> 'n maan te maak, hoor julle eers volgende jaar weer my stem.
>
> Baie Geseënde kersfees aan julle almal. Aan my vriende op dié
> nuusgroep 'n aan elke mede geselser hier, mag julle die wind van agter
> hê. Mag God se rykste seën deel van julle lewens wees.
>
> Tot Later
>
> Davie Davis
>
Maandag bel my man my van die werk af - baie ongelukkig. "Wat het jy met
die telefoon gedoen?" vra hy my. "Niks nie, hoekom?" vra ek ewe onskuldig.
"Nee" sê hy "die rekening is R3000" Ek dog ek kry oppie spot
hartverlamming. Gister kry hy 'n volledige staat met al die nommers wat
deur die maand gebel is. Op die 8ste November is daar amper 100 oproepe
gemaak na Nigerië, Switserland, Austria, (weetie wat dit in Afrikaans is
nie) Australia en VSA. Ons telefoon was af, so dood soos 'n mossie daai
dag.
Ons telefoon was ook die afgelope Sondag en weer gister net dood. Gister
het hy sommer net doodgegaan terwyl ons op die net was (ons werk deur 'n
netwerk) Vanoggend 4:00 was die telefoon weer reg. Die telefoon gaan elke
keer laatnag, so 22:00 tot 23:00 dood en kom eers die volgende oggend vroeg
sommer net so weer aan.
Nou wonder ek net of daar êrens 'n Telkom "tekkie" is wat op ons telefoon
rekening bel, en dan eenvoudig ons telefoon afsit, sodat ons niks agterkom
nie.
Telkom het 'n saak van bedrog oopgemaak en ons word nie aanspreeklik gehou
vir die rekening nie. Die eindelike bedrag was net so onder die R600.
Ek wonder net hoe gereeld gebeur dit, en kom ons dit eenvoudig nie agter
nie, want baie mense (soos my man) bel sommer net Telkom en kry die bedrag
wat ons moet betaal, betaal die rekening oor die internet en vergeet
daarvan.
Ek's op soek na 'n liedjie oor Cindy. Dit het omtrent twintig jaar gelede
uitgekom. Ek kan nie eers 'n sinnetjie uit die liedjie onthou nie. Ek het
Napster deurgesoek maar kan hom nie kry nie. As iemand dalk weet, sê my asb.
Wie was die kunstenaar? (Dankie vir jou vinnige antwoord!!!
Krokkie schreef in berichtnieuws
3a2f7af3$0$228@helios.is.co.za...
> Dit was op POP SHOP 5. Ongelukkig het ek dit net op Tape.
>
> Krokkie
>
> Skunk wrote in message ...
>> Ek's op soek na 'n liedjie oor Cindy. Dit het omtrent twintig jaar gelede
>> uitgekom. Ek kan nie eers 'n sinnetjie uit die liedjie onthou nie. Ek het
>> Napster deurgesoek maar kan hom nie kry nie. As iemand dalk weet, sê my
> asb.
>>
>> 'n Dankbare
>> Skunk
>>
>
help my asb - ek soek afrikaaners wat nou ook hier Switzerland by
Naarby Zurich
Dit sou baie oulik wees as hulle omtrent in my ouderdom is (27) sodat
ons
kan ontmoet.
Ek voel baie eensaam in hierdie kultuur!
Julle is almal welkom om vir my net te skryf,
lekker dag!
Beste voorbeeld wat ek gesien het, was in die Arlanda-lughawe naby
Stockholm: die grondpersoneel ry in die gebou rond met hulle skopfietsies!
Dit lyk nogal snaaks om so 'n ultra-verfynde Sweedse grondwaardin met haar
netjiese blou uniformpie (romp, bloes en baadjie) kiertsregop op haar
fietsie (hulle kry seker opleiding oor die korrekte houding!),en so elke
tien meter gee sy so 'n elegante skoppie, sonder om haar rug te buig, net
die knie van die been wat op die fiets is, buig so effentjies.
Dries
"Skunk" skryf in boodskap news:90oiv2$iq4$2@azure.nl.gxn.net...
> Is dié goedjies ook so gewild in SA? Ek wou vir myself een koop, maar
> die goed is te &^%$ duur!!! Lyk my handig vir groot winkelsentrums en
> stasies! Op sypaadjies sal ek my bek breek! Enigste probleem is dat jy
> geen los hande vir pakkies het nie - maksimaal 'n rugsakkie.
"Makoto" skryf in boodskap news:90m5gq$fga$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Besoek gerus my nuwe midiblad
> www.midiboer.co.za
> Behoort binnekort te werk.
I love you... cunt... :-)
--
-------------- www.AdderleyStreet.co.za ---------------
This is a South African community site, but all are welcome.
This site is about meeting people, making friends, and having fun!
NEW! Community profiles with pics of members (hot babe there!)
We have freemail, active forums, and lots of attitude.
Week's theme: "Flirt outrageously!"
The Weekly Chirp - The mystery of Summer Love!
Ultra fun-loving Mel's new supersonic design
|
---oo-O-oo---
(Crash and burn!)
-------------------------------------------------------