Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » PC Help?
PC Help? [boodskap #37639] Do, 07 Desember 2000 15:08 na volgende boodskap
saxcpt  is tans af-lyn  saxcpt
Boodskappe: 10
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek soek PC raad asb,

Ek het per ongeluk nou die dag 'n "CIS" ( amerikaanse service provider) "1/2
pad geinstaleer" by die huis. Nou kan ek nie van die lot ontslae raak
nie....elke keer as ek wil opkoppel dan kom hulle simpel "dailer" te
voorskyn en ek kan nie meer ons normale "Internet explorer" kry nie?
Ek het al windows 98 weer oor geinstaleer en ook outlook express, maar niks
help nie?
Kan iemand my asb help,
Groete
Ronnie Lancaster
Re: PC Help? [boodskap #37640 is 'n antwoord op boodskap #37639] Do, 07 Desember 2000 16:05 Na vorige boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou onder "Connections" kyk onder "Properties" van Internet Explorer.
Haal CIS s'n uit, want hy staan tien teen een as "default" daarin.
Miskien!!!

As dit nie jou probleem is nie, kan jy jou registry deursoek. Daarin
behoort jy reg te kom. (Weet nie hoe "PC-geletterd jy is nie)

Ek sou eerder Internet Explorer oor installeer as Win 98. Tensy jy
natuurlik die skyf eers formatteer en dán Win 98 weer installeer.
Onthou, as jy formatteer is jy al jou "Pirate software" kwyt! Sorg dat
jy backups van al jou dokumente het. (Dink ook aan adresboeke ens!)

As hierdie jou nie help nie, sal jy meer moet vertel van jou probleem,
dan probeer ek weer. Dit sal ook handig wees as jy sê hoeveel jy van
PC's weet. Miskien meer as ek :-) Ek sukkel ook soms dae lank om 'n
klein probleempie op te los!

Hoop jy surf sommer vinnig weer!

Hoekom lol jy met Amerikaanse Service Providers, as jy in SA sit? Ek
vra, omdat ek nog nie van hulle gehoor het nie. Is hulle beter
(goedkoper) as SA s'n? Hoe koppel jy?

Sukses!
Skunk

"saxcpt" skryf in boodskap news:3a2fa8b0$0$234@hades.is.co.za...
> Ek soek PC raad asb,
>
> Ek het per ongeluk nou die dag 'n "CIS" ( amerikaanse service provider) "1/2
> pad geinstaleer" by die huis. Nou kan ek nie van die lot ontslae raak
> nie....elke keer as ek wil opkoppel dan kom hulle simpel "dailer" te
> voorskyn en ek kan nie meer ons normale "Internet explorer" kry nie?
> Ek het al windows 98 weer oor geinstaleer en ook outlook express, maar niks
> help nie?
> Kan iemand my asb help,
> Groete
> Ronnie Lancaster
>
Vorige onderwerp: Afrikaans en die Rekenaar
Volgende onderwerp: Re: boot cd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:51:28 MGT 2024