Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Ou Kerel

So., 31 Desember 2000 02:18

By die skadu's van die ou skaduwee,
En die vlaktes van die ou Berge,

'Antwoord my', skree ou kerel,
He skree soo hard, dat hy baars,

Daar buite in die kleinhuis,
sit hy en kak,
Een twee drie - kaboooom!

En nou, sit hey en huil ...
daar is nie nou a plek om te kak.

(... uit die vehaal van Die Ossawa).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Amplike sterfte syfer

Sa., 30 Desember 2000 17:20

Vandag, 30 Desember 2000 staan die amptlike pad stefte syfer vir die
2000 Kers vakansie op 741.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ag dis lekker by die huis

Vr., 29 Desember 2000 22:24

Wel, na 9 dae van hel, is ek uiteindelik terug by die huis. Ek kuier nog
tot so na nuwejaar by my ouers, maar my man het besluit hy's nou uitgekuier
aan die "agterlike" dorpie en is terug stad toe.
Vakansie was dit nou regtig nie, want hoe gemaak as skoonma en skoonpa
sommer elke dag "inval" vir 'n kuiertjie? En dan word daar nie aan die
huisie (wat nie van binne kon sluit nie) se deur geklop nie, nee ons loop
sommer in en gaan kyk waar's die kinders. Oukersdag vertel skoonma vir my
ons, beter ordentelik aantrek vir die ete want dis HAAR kersfees, wel ja ons
sê maar niks nie. En om alles te kroon was een van manlief se werkers vir
'n hele week daar. Nie dat ek mind nie die outjie is heel nice, maar hy
strei oor alles of hy nou die ware feite ken of nie - soos dat hy vir my
vertel 'n gewone stokstert meerkat kan tot 1.2m lank word as hy op sy
agterpote staan :) Dit help nie eers jy gaan haal vir hom boeke en bewys hom
verkeerd nie......want ALMAL lieg, net hy weet hoe 'n meerkat regtig lyk. :)
Anyway ek babbel sommer - ek's seker verveeld.
Ek hoop almal het 'n baie "jollie" nuwejaar.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Goeie site om te besoek???

Vr., 29 Desember 2000 17:59

http://home.global.co.za/~koerier/

Groete
ApartheidsVARK
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Naam van digter?

Vr., 29 Desember 2000 17:02

Wie kan asseblief vir my sê wie die dsigter van die volgende lyne is:

"Ek was op die vlaktes
waar mense moed verloor
Daar het ek in my siel gebewe
En bitter smart deurlewe
Maar nou's ek uit die vlaktes
en bo die skadu's oor.."

Antwoord net as jy weet, asseblief.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

KapitaalWins Belasting

Vr., 29 Desember 2000 12:06

Kan iemand dalk meer inligting gee oor die voorgenome nuwe
belastingwetgewing in Suid-Afrika?

Wat is die implikasies?

Watter webtuistes verwys hierna?

Dankie vir die hulp...

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel

Do., 28 Desember 2000 20:50

Op Donderdag, 28 Dec 2000, het Danielle dit gese:

> Geskryf deur: Ilda Jacobs
>
> Washington D.C. - Ek kan skaars skryf vanoggend. Die trane lê sommer
> baie vlak. Vanoggend bel my liefste ouma met haar bietjie geldjies uit
> 'n klein dorpie in die Transvaal uit om vir my geseënde Kersfees te
> sê.

Baie dankie vir jou moeite om Kytie se weeklikse brief ook na hierdie
nuusgroep te pos, Danielle.

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

Re: Amerikaanse when_we Afro's

Do., 28 Desember 2000 18:00

Daar is 'n ng met die naam:
soc.culture.south-africa.afrikaans.when_we

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

hengel

Wo., 27 Desember 2000 21:47

Besoek my webblad oor Hengel en de West Kaap in Suid-Afrika.
http://home.intekom.com/fishingsafari/default.htm

E-pos angelf...@intekom.co.za

Jan van den Berg
Jean Welzstraat 2 Langerug
Worcester 6850

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Re: Amerikaanse Politiek

Di., 26 Desember 2000 06:04

I want to see more discussion of US politics on this group. Bring it on.

"Danielle" skryf in boodskap news:sggc4tgfsv4rk54fk3onaaur3t9fcsfakk@4ax.com...
> Vir Johan en maatjies,
>
> As julle so graag oor Amerikaanse politiek wil gesels, dan sal ek van
> nou af al daardie boodskappe na die regte forum(s) kruispos, en sal
> met liefde daar met julle gesels/flame.
> O, dit is heeltemal in orde om dit te doen, en ek sal geen reels breek
> nie, en ek dink dit sal baie pret wees. So, doen dit seblief gou
> hoor!
>
> Ons sien mekaar hopelik binnekort dan in ALT.POLITICS.BUSH,
> ALT.POLITICS. DEMOCRAT, ALT.POLITICS.REPUBLICAN of waarokal ek dink
> dit sal die beste inpas. Ek sal selfs julle woorde vertaal in Engels,
> as julle nie maklik Engels kan praat nie.
>
> I am sure there are people lurking/reading that will gladly help with
> the translations, so that we can keep American politics out of this
> forum.
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    979  980  981  982  983  984  985  986  987  988  989  990  991  992  993  994    »]
Tyd nou: So. Mei 31 19:04:50 UTC 2026