Sakkie
> In die Kaap vang die manne hotnot, in die Oos-Kaap blouvis(blue fish) en in
> Natal bronzies of "bream". Dieselfde vis. Ek wonder of hotnot nog gebruik
> word in die kaap. Selfs in visvang is daar rassistiese ondertone :-))))
Danielle
Jaaaa omie....:-)))))) Waarom was dit 'n hotnot genoem? Weet jy
dalk? Maar hoekom noem jy nie van Galjoen wat hulle in die Kaap vang
nie? Humph....:-)))
Rennie
Daardie vis se naam is nie hotnot nie, maar "hottentot" of hotnosvis in die
volksmond. Selfs ook Kaapse Galjoen, as die visventers hom aan blankes
verkoop. Op Engels ken ek hom as "bronze bream"
Die naam kom van die donker kleur van die vis. Meer bruin as brons.
En ja, hy word nog gebruik. Soos een Kleurling al gesê het, hy het nie pyn
dat die whiteys van hotnosvis praat nie, want hulle praat weer van
boerewors. Fair is fair.
Meng meel, klapper, suiker en sout saam en vryf botter met vingerpunte in.
Klits eiers en meng met karringmelk. Voeg by meelmengsel en meng goed.
Skep in panne en bak sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180°C.
Laat afkoel, breek in stukke en droog uit teen 100°C (3-4 uur).
Het die een op die internet raak geloop en sal kyk of my tien duime hom kan
baasraak.
Danielle skryf in boodskap news:pevqot8aff8n2hqrfpnb9lh7oiivopagrk@4ax.com...
> On Wed, 29 Aug 2001 07:52:56 +0200, "Shannon"
> wrote:
>
>> Dit lyk my daar is darem een onderwerp waaroor almal kan saampraat sonder 'n
>> reuse vuisgeveg: kos!
>
> Wanna bet? :-))))
>
>> Ek sukkel egter met 'n resep vir ordentlike karringmelkbeskuit (met klapper)
>
> Met klapper? Dit klink baie interessant! :-)
>
"Danielle" skryf in boodskap news:josqoto2tccmmr6rphdpf9hp72blnc53k4@4ax.com...
>
> LOL! Gaan jy my ooit vergewe? :-)))))
>
Geheue soos 'n olifant. Vergeet nie, vergewe nie :-))))
>
> Ek glo jou. :-) Ek is baie lief vir enige vis - solank dit nie
> "visserig" proe nie ...(dis nou seker my vaalpens onderrok wat
> uithang) :-))
Modderig is nader aan die waarheid. Ek kry nie varswatervis geëet nie en ek
weet hier krap ek nou weer waar dit nie jeuk nie. Klaar my skermpet
opgesit. Ek het al kurpers in glashelder water gevang en dan proe ek nog die
modder. 'n Ernstige kerrie is al wat dit amper verdoesel.
> My man loer hier oor my skouer en vertel vir my dat ek
> al "rock cod" gevang het daar by Port Alfred. Maar toe moes ek weer
> daaraan herinner word dat die vissies wat ek gevang het nou nie juis
> eetbaar was nie, want hulle was blykbaar te klein. Ek het weer gedink
> dit was omdat hulle so vreeslik lelik was. :-)))
>
Katgesig klipkabeljou is die een om te eet as jy hom kan opspoor. Mensig
hoe lus raak ek nou vir 'n lekker stuk gebraaide vis. Hierdie een is donker
grys met strepe in sy gesig soos 'n kat. Ek het ook al een gebraai wat
helder oranje is met blou-pers kolletjies op. Dis 'n pragtige vis. Sy vel
is dik en amper leeragtig.
>
> Ja, dit sal nogal interessant wees. Miskien weet Annette? Maar jy
> het my vraag geantwoord - dankie Sakkie. Ek het net vergeet dat
> kabeljou, salm genoem word. :-) Buitendien dink ek dit is sommer
> simpel om Kanadese Salm in te voer as daar so baie en lekkerder
> inheemse visse in SA is.
Ek sien jy skryf dit salm, wat natuurlik heeltemal reg is. In hierdie
geweste praat niemand van salm nie, dis salmon, uitgespreek sa-min. Die sa
gedeelte soos die engelse "sack"
Rennie
> As jy (= swart Zimbewoner) verstand het, sal jy besef dat jy die
> besigheidsmense nodig het. Soos die meeste swart leiers in SA wel deeglik
> besef. En dat jy ekonomiese selfmoord pleeg as jou land nie besigheid kan
> doen nie. Jy sal dus sommer baie omgee. As jy verstand het, en ek glo daar
> is meer breinkrag as wat die meeste mense dink.
Gloudina
Jy is te kapitalisties-gefokusd wanneer jy sê dat mens altyd "die
besigheidsmense nodig het." Daar is 'n groot skool van
denke wat glo dat dit juis die probleem vandag in Afrika is.
Rennie
Ja, dis 'n probleem vir Afrika. Hulle wil die geld hê, maar nie die
dissipline om dit ooit hoef terug te betaal nie. Die lande wat besigheid en
die internasionale ekonomie ignoreer is ook dié wat deurlopend om hulp bedel
en/of hongersnoodbystand ontvang. Bestaansekonomieë val plat tydens droogtes
en natuurrampe, dan het jy 'n nywerheidsektor en beleggings nodig om te
oorleef.
Jy sê ek is te kapitalisties-gefokusd - ek dink weer jy is naief dat 'n land
welvaart kan opbou sonder 'n stewige dosis kapitalisme. Is daar in ons
wêreld sulke suksesverhale? Daar is heelwat kapitalistiese suksesmodelle...
Gloudina
sommige Wes-Afrikaanse state wat totaal staatmaak op die
produksie van cocoa ( wat is die Afrikaans nou weer.) Of
[kakao]
Nigerië met sy olie-produksie. Dink ook hoeveel verwoesting
die myn van diamante veral aan die weste van Afrika bring,
waar die onwettige produksie en smokkel van diamante
lokale oorloggies aan die gang hou. Dink hoe ver hierdie
ding al teruggaan - na die tyd van die slawehandel, toe die
mark vir slawe buite Afrika 'n lokale slawevangery en
handel laat ontstaan het.
Rennie
Baie van hierdie aktiwiteite het geld en hulpbronne na Afrika gebring. Ek sê
nie dis alles goed en reg nie, maar daarsonder sou daar beswaarlik enige
infrastruktuur (paaie, telefone, ens.) in die lande gewees het. En meer
Afrika-lande wat internasionaal bedel.
Gloudina
Daar is dan ook nog die heerskappy van die World
Monetary Fund en die World Bank, wat soos 'n tweede
koloniale mag funksioneer. Dis 'n permanente tou om die
hals van baie Afrika-state. Hulle dink hulle is onafhanklik,
maar hulle is nie.
Rennie
'n Land het hierdie instellings net nodig as hy sy finansies so opgemors het
dat hy nie kan oorleef nie. Dus bedelaarstatus bereik het. En dan huil en
kla die armsalige bedelaars omdat die instansies aandring dat hulle gesonde
finansiële bestuur toepas sodat daar nie permanent geld in 'n bodemlose
korrupsieput gegooi word nie. Dus voor hulle nog mag leen.
Was daar maar meer fokus op kapitalisme en minder selfbelang en korrupsie
onder Afrika-leiers, dan sou hierdie sieklike geween oor 'n voorskriftelike
IMF en Wêreldbank nie nodig gewees het nie.
Gloudina
Nee! Dis eers wanneer die mense van Afrika hulle
grootliks losmaak van die finansiële bande wat hulle aan
die geldmagte oorsee bind dat hulle hul eie siel sal vind.
Dis die crux van die boodskap wat die African Renaissance-
beweging wil stuur. "Die Weste" se heerskappy moet tot
'n einde gebring word. En daar is alle tekens dat daar
selfs in die Weste 'n beweging in daardie rigting besig is
om te groei.
Rennie die kapitalistiese renoster:
Mooi ideale, Gloudina. Maar jy kan nie jou siel vind as jy nie kos vir jou
maag het nie. En ja, die Weste sal maar te graag van Afrika se finansiële
las ontslae wil wees. Maar ek reken sommige Afrikalande sal nooit die punt
op hulle eie kan bereik nie.
Dit enigste manier hoe Afrika as kontinent dit wel sal kan doen is deur
sterk ekonomiese groeipunte te hê waardeur welvaart (op die beproefde
kapitalistiese manier) deur die kontinent kan verprei. Dit is grootliks wat
Thabo Mbeki in gedagte het vir sy renaissance en dit is beslis haalbaar, wel
slegs oor 'n lang termyn. Op 'n Afrika-manier, sonder die Weste se
voorskrifte. Maar nie sonder kapitaal of kapitalisme nie.
Sosialiste en kommuniste skep nie welvaart nie, kapitaliste wel. Jy hoef nie
van kapitaliste te hou om te besef dat jy nie sonder hulle kan oorleef nie.
Rennie Oster wrote:
> Maar die beginsel van grondsoewereiniteit is vir baie mense
> heilig, die skaal is eintlik onbelangrik, want niemand is seker oor wat
> volgende is nie en sulke onsekerheid maak besigheidsbesluite onmoontlik.
Gloudina
"Sommige mense" vir wie "grondsoewereiniteit heilig" is, is natuurlikamper
uitsluitlik die wit koloniste ( en besigheidsmense wat net aan
geldmaak dink.) As ek 'n swart Zimbabwe-inwoner is, van wie
die voorouers gemeenskaplike en dus kommunistiese grond-
besit geken het, en wat daarna van sy voorvaderlike blyplekke
afgestoot is deur wit koloniste, wat sou ek omgee vir die "heilig-
heid van grondsoewereiniteit" ?
Rennie
As jy (= swart Zimbewoner) verstand het, sal jy besef dat jy die
besigheidsmense nodig het. Soos die meeste swart leiers in SA wel deeglik
besef. En dat jy ekonomiese selfmoord pleeg as jou land nie besigheid kan
doen nie. Jy sal dus sommer baie omgee. As jy verstand het, en ek glo daar
is meer breinkrag as wat die meeste mense dink.
Gloudina
Een van die eerste tekens van 'n ou wit omie is
dat hy die woord "pienk" gebruik. Dit breek my
hart om te sien jy is ook van daardie persuasie
Rennie
Pienk anties val weer mense sonder dat hulle vasstel en/of probeer verstaan
wat die feite is. Hulle kategoriseer ander, maar voel seergemaak as hulle
ook 'n etiket kry.
Ek het geen begeerte om op hierdie vlak met jou woorde te wissel nie,
Gloudina. Maar jou optrede was die van 'n regte bleading heart pienke. Jy
hoef nie saam te stem nie, nes ek nie met jou wit omie etiket saamstem nie.
Kom ons kom ooreen om daaroor te verskil en dan gaan ons aan. Ek pos hierdie
nie op nl.politiek nie.
Maak net volgende keer seker waaroor daar gepraat word voor jy met jou
etikettering indons, asseblief.
Met die plan om na bestaansboerdery terug te keer, het ek geen pyn nie.
Trouens ek was al indirek betrokke by so 'n projek in die Oos-Kaap. In
Zimbabwe gaan langdurige droogtes die groot probleem met so iets wees, dis
moeilik om dit met sulke klein eenhede te hanteer.
Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
tannie-met-die-kappie se woordeboek?
Danielle skryf in boodskap news:4rjoot8qjucb6silv28kt1o90gds0h41id@4ax.com...
> On Tue, 28 Aug 2001 22:08:49 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> 'top up' of ook genoem 'coversure' word verskaf deur die mense wat jou
>> finansiering doen en nie deur die korttermynversekeringsmaatskappy nie
>
> korttermynversekeringsmaatskappy? Dis darem 'n vreeslike lang woord.
> :-) Is dit rerig een woord? Wat is die "top up" goed waarvan julle
> praat? Wat doen dit? Is dit soos Aflac die eend, se "supplemental
> insurance" hier by ons?
> Het mens rerig so iets nodig?
>
Die duiwe wat so vir mekaar gekoer het op hul troue is terug, en die fotos
van die trouerasie is op http://communities.msn.co.za/DeWets/thehithcing.msnw?Page=1 beskikbaar vir
die wat wil weet hoe ons gelyk het as ons nie tekkies aan het nie. Daar is
twee bladsye.
Gloudina,
Due realiteit is daardie tabakboere buitelandse valuta verdien. En hulle
verbou nie net tabak nie, hulle voorsien ook in die binnelandse vraag na
mielies wat soos jy darem seker sal onthou die stapelvoedsel van Afrika is.
Wie gaan nou daardie voedsel (nie net mielies nie) produseer. Die
besettings word gewoonlik soos volg gedoen:
Die "oorlogsveterane" (meestal jonger as 20 jaar) trek met optog van
honderde op die plaas aan. Dan word die boer en sy familie geterroriseer
wat hulle dan dwing om hulle goed te vat en te loop. Meestal net 'n paar
kledingstukke, en soms nie eens hulle persoonlike dokumente nie.
Sodra die boer en familie dan weg is, of sommer nog as deel van die
"distribution" word die trekkers en werktuie aan die brand gesteek, en die
geboue word of afgebrand of afgebreek. en dan steek elkeen sy plotjie grond
af, en nou het hulle die grond. Viva viva!
Waarmee gaan hulle die gewasse verbou om hulle self mee te voed? Laat staan
nog om aan ander te gan voorsien?
Ek stem saam dat elke persoon sy regmatige stukkie grond moet kan besit. Ek
stem egter nie saam daarmee dat dit eenvoudig van mense afgevat word, en dan
doen hulle niks daarmee nie. Laat my dink aan 'n hond wat 'n motorkar
gejaag het, dit toe gevang het, en nou nie weet wat om daarmee te doen nie.
Die gronvattery is nie net van WIT boere nie, daar is ook ander swart boere
wat dieselfde lot getref het, Hulle word verhoed om hulle grond te bewerk,
omdat die "comrades" sy oeste, landerye en wat nog als beskadig het sodat hy
nie met sy boerdery kan voortgaan nie. Wat sal jy doen?
Gloudina sal seker die High-Commisioner gaan sien, of haar informant op
Thabazimbi gaan raadpleeg?
Dit is die realiteite van die saak. En dit kan ons nie wegredeneer nie. Al
wat die wêreld kan doen is om druk op Bob Mugabe te plaas om hom te dwing om
sy gedagtes te verander. Hoe sal jy voel as jy op jy grond aangeval word
wat aan jou behoort het, en jy het geen vertoë om eers jy eiendom:
Masjienerie, vee en ander toerusting te beskerm of te kan verwyder nie. Kom
nou Gloudina, wat sal jy doen as dit met jou gebeur, en as jy jou op die reg
beroep, dan word JY gearresteer as die "aanstigter" van geweld?
En moenie vir my kom sê dit was nie so nie.
Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3B8A5E8D.AC66D8C6@home.com...
> Shannon wrote:
>
>> Die Mail & Guardian het 'n tyd terug berig dat die Zim regering (ek is nie
>> seker van die persentasie nie) ongeveer 45 na 50% van die grond besit.
>>
>> terwyl die miljoene swart mense ingeprop
>>> sit in die ander twee-derdes
>>> Gloudina
>
> So, as die regering, seker in die vorm van kroongrond(wat gewoonlik
> wildreservate ens. is) omtrent twee-
> derdes van die orige grond besit, wat is oor vir die
> man in die straat? Geen wonder dat hulle in opstand
> kom nie. Sover ek kan sien, gee die mense op die
> blanke plase toe dat hulle oorvloed grond het, en
> in sommige gevalle onderhandel hulle om sekere
> dele van die plase oop te stel vir besetting. Ek kan
> egter nie verstaan hoekom die wit boere, wat tog
> omtrent almal tabakboere is, nie al lankal die land
> uit is nie. Watter toekoms is daar vandag vir tabak-
> boere?
>
> Gloudina
>
>
>>
>