| kuifkop [boodskap #151373] |
Vr., 01 Mei 2026 09:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25002 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kuifkop
Afbreking: kuif•kop
Samestelling: kuif + kop
Selfstandige naamwoord: kuifkop
Meervoud: kuifkoppe
Verkleinwoord: kuifkoppie
Meervoud van verkleining: kuifkoppies
Betekenis:
• 'n Kop met 'n kuif ('n opstaande haarlok).
• 'n Mens of dier met so 'n kop.
Gebruik:
• Sy hou van die outjie met die blonde kuifkop.
• Tarentale kom oor die hele land voor, maar die kuifkoppe word net in die sentraal- en noordoostelike dele van Suider-Afrika aangetref.
Hiponiem:
• kuifkophoender
• kuifkophoutkapper
• kuifkoptarentaal
• kuifkoptoekan
• kuifkopvalk
• kuifkopvoël
Vertaling:
Engels: crested head, fringed head
Nederlands: gekuifde kop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|