| swik [boodskap #151369] |
Do., 30 April 2026 19:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24996 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swik
Afbreking: swik
Werkwoord: swik
Verlede tyd: het geswik
Teenwoordige deelwoord: swikkend, swikkende
Verlede deelwoord: geswikte
Betekenis:
• Om skeef te draai of onverwags mee te gee; liggies verstuit.
Gebruik:
• Sy voet swik onder hom, maar hy slaag daarin om sy balans te behou.
• U het my ruim vastrapplek gegee, my enkels het nie geswik nie. [Psalms 18:37]
Sinoniem:
• verstuit
Hiponiem:
• omswik
• verswik
Afgelei:
• swikkerig
• swikking
Vertaling:
Engels: to give way, sprain, wrench
Nederlands: zwikken
Selfstandige naamwoord: swik
Meervoud: swikke
Betekenis:
• 'n Houtpen wat die luggat van 'n vat afsluit.
Gebruik:
• Hy trek die wynvat se swik uit.
Afgelei:
• swikboor
• swikgat
Vertaling:
Engels: wooden pin, vent-peg, plug, bung
Nederlands: zwik
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 30 April 2026 19:43] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|