Komt in oktober naar Nederland en treed in oktober 2001 op in
wo 03 AMSTERDAM Nieuwe de la Mar 020-5305302
do 04 AMSTERDAM Nieuwe de la Mar 020-5305302
vr 05 AMSTERDAM Nieuwe de la Mar 020-5305302
za 06 AMSTERDAM Nieuwe de la Mar 020-5305302
zo 07 HAARLEM Stadsschouwburg 023-5121212
ma 08 EINDHOVEN Stadsschouwburg 040-2111122
di 09 GRONINGEN Stadsschouwburg 050-3125645
do 11 DEN HAAG Theater Aan Het Spui 070-3465272
vr 12 UTRECHT Stadsschouwburg 030-2302023
En hier kom my man toe van Micha (kort vir Michael) se "going away" party
af - so dronk soos 'n tor. Nee dronker - want die sit toe in die bad
(terwyl ek sy kar gaan haal) en speel in die water soos 'n klein kindjie;
kan bly wees die man het nie versuip nie.
"Waar's my watertjies... waar's my watertjies?" sing hy terwyl ek die water
uit die bad tap om te keer dat hy verdrink. En hy vertel met 'n lag en sing
in sy stem hoe lief hy vir sy "vrou" is - dis nou hoekom hy nie aan een van
die "danseressies" gevat het nie.
Kaalgat val hy neer op die bed; en dit kos my hom optel en pajamas aantrek -
gelukkig slaap hy net in 'n broek. Nadat ek hom aangetrek het begin hy
bitterlik huil; "jy's nie lief vir my nie, want jy is kwaai" ween hy. Net
om weer te begin lag en te sê "sjjjjt, Elaine gaan met ons baklei as ons so
raas", net om weer te begin huil. Hoekom sal iemand hom so te pletter wil
suip? Ek gaan tog te lekker kry more wanneer hy met sy babbelas kop en
omgekrapte magie rondloop - more is hy op sy eie.
Uiteindelik raak hy aan die slaap en kan ek rustig kom sit; my rug is seer
en my arms gaan more hard praat - want ek moes hom nog uit die bad ook help
:) Maar dis okay - dis my man, en ek's lief vir hom.... al gaan hy more op
sy hel kry.
Ek lees vandag in die nuwe Rooi Rose dat mens ten minste 500ml rooiwyn per
dag moet drink om die aanvang van Alzheimers teen te werk.
Hulle praat ook van genoeg oefening - maar ek sal maar dubbel die
hoeveelheid rooiwyn drink om op te maak vir die oefening:)))
Annette
( wat kan sê dat alhoewel sy nie eintlik van Shiraz hou nie, 'n bottel 1984
Shiraz werklik vorentoe smaak!!)
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Wat het geword van die Stigting van Afrikaans? Hulle staan nou bekend as
die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Wat voer hulle in die mou?
Gaan loer gerus by die nuwe webwerf, te http://www.afrikaans.com/. Oop vir
kommentaar :)).
Gloudina
Thys, ek sien nou jy het Kanada op die brein, die "lekker"
Kanada. Die onderwerp wat jy probeer help bespreek,
is Zimbabwe en grondsoewereintiteit. Ek dink nie jy besef
dat Kanada, amper soos die ou Sowjet Unie, in die proses
van "opbreek" is nie. Groot dele van Kanada, wat 'n eeu
of so gelede gesien is as deel van ou-wit-omie Kanada, word
nou teruggegee in die hande van hulle oorspronklike bewoners.
Sakkie
....wat as my geskiedenis my nie in die steek laat nie eintlik aan die
Indiane behoort. Net soos die res van Noord-Amerika en Suid-Amerika. As 'n
ou nou vér genoeg wil teruggaan, mag niemand nêrens wees nie want dit is
altyd van iemand/iets anders afgevat. Dit is deel van die mensdom se
geskiedenis. Kyk nou net hoe verontskuldig ek myself. Gelukkig weet almal
al dat ek 'n ou wit omie is en ons sê sulke dinge om ons aksies te
regverdig.
Rennie
Gloudina, vertel ons van Nunavut en julle nuwe tuislandbeleid.
Hoe meer dinge verander........ gie gie gie
Ik is van Holland en ek wil wat skrij in een beetje Afrikaans, als het goe
klink?? Ik vroeg me af hoeveel procent van de bevolking in SA nog Afrikaans
spreek? Wordt het niet een uitgestorven taal of valt dat nog mee
tegenwoordig? Hoeveel mensen geven nog de voorkeur om Afrikaans te spreek in
plaats van Engels?? En spreken de meeste mense eigenlijk Engels in SA?? Ik
vind het wel interessant, omdat ik het Afrikaans goed kan volgen als
Hollander en dat vind ik wel heel leuk!! Maar gaat het nog goed met de
Afrikaanse taal in 2001?? Ok, ik heb wat probeer te spreek Afrikaans, maar
ik weet niet of het correct is de spelling van AFrikaans!! Ok, misschien
hebben jullie antwoorden op deze vragen??
Nie alles wat gepos word naar hierdie nuusgroep kom ook daatwerklyk op die
groep uit nie.
Ek kan redelyk Afrikaans besig, maar het nog nooit een van my bootskappe op
die groep gesien nie, die snaakse ding is ek sien wel antwoorde wat duidelyk
gerig is op my skrywe.
Hoe werk dit ?
Word hier dalk gedisk.../
net gewonder
moderatie is ook diskriminatie
of hoe sê ek
Verbeel ek my of is dit hoe meer die ouens in Zimbabwe hulle self skuldig
maak aan rassisme ( swart teen wit hierdie keer) hoe stiller is ons vriendin
Gloudina en oom Ferdi.
Moet seker iest uit te maak het met die "feit" dat swartes mos nooit in
hulle lewens rassisties kan wees nie.
Of wat se ek ou tannie wat net soos wat oom Eugene van sy perd afgeval het,
ook van haar anti-rassistiese perd afgeval het.