Nou net op die nuus: Vryheidsvegters het glo die dorpie Victoria Falls
ingeval.
Dit is die plek waar die paar toeriste, die wat dit nog waag om Zimbabwe te
besoek, gaan.
Ek neem aan die Rand gaan vannag tot 'n nuwe rekordhoogte ( laagte?) daal,
en onse Prez sal nog steeds nie 'n dooie woord rep nie, en daar sal ook geen
versterkings aan ons kant van die grens aangebring word nie.
Staak die staatsdienswerkers glo.
En dit was juis die dag wat ek 'n klomp navrae by die Ontvanger wou gaan
oplos het:)))
Stupid van hulle om op 'n Maandag te staak - nou gaan die BTW tjeks 'n dag
later in die bank gesit word.
Annette
Van die mense in Tanzania wat by lake Victoria (lake of the flies) bly van
dei vlieë met sulke gaas-nette en pers dit saam en maak dan hulle eie
delikatesse naamlik vlieg-keokkies. Die swerms vlieë lyk soos wolke wat
aankom en kan 'n hele paar honderd meter groot wees. Dit is gelukkig nie
dieselfde soort vlieë as waaraan ons gewoond is nie.(vet groenes)
Groete
"Danielle" skryf in boodskap news:rfd6otcfdcmsb7pgud5f5jcoubitdltoa3@4ax.com...
> On Wed, 22 Aug 2001 06:19:23 +0200, "Krokkie"
> wrote:
>
>> Hierdie stamme se werk is om rotte in die landerye te vang. Elke familie
>> werk as 'n span saam om die burrows om te dolwe en die rotte te vang. Aan
>> die einde van die dag maak hulle 'n groot vuur en gooi die rotte daarop. Die
>> hare skroei dan af en dit word so half-brand gaar gemaak. Geen ingewande
>> word uitgehaal nie en hulle eet dit net so.
>
> Een aand kom ek terloops op 'n CIV (Civilization channel) uitsending
> af waar hulle ook een of ander land en sy mense en eetgewoontes
> bespreek het. Dit was vreeslik interessant, maar ek kan nou gladnie
> onthou waar dit was nie. :-( Elkgeval, die mense het hamsters in
> hulle kombuise aangehou. Die hamsters was/word beskou as 'n
> delikatesse. Ek onthou hoe hulle verduidelik het dat die temperatuur
> van die olie net reg moes wees, en hoe kuns dit was om hierdie
> hamsters perfek gaar te maak. Die ding is - die hamsters word ook
> lewendig in die olie gegooi, nes jy beskryf met die rotte. En toe wys
> hulle hoe die ou nog die kop so heel afbyt ook - blykbaar word die kop
> beskou as die lekkerste deel van die hele hamster. Ai, ek gril my tot
> in my tone terwyl ek daaroor skryf!! :-)
>
>> Eintlik erger as enige iets in
>> Afrika. (Behalwe vir die vlieg-koekkie eters)
>
> Wat is 'n vlieg-koekie eter?
>
"Friends" is my gunsteling TV program van alle tye! Oor die algemeen
geniet ek nogal baie van die Amerikaanse Sit-coms.
My enigste probleem is dat dit soms te lank aangaan... Nie Friends nie,
natuurlik! En daai gruwelike "flash back" episodes wat hulle tussenin
druk om die reeks uit te rek. Oor Nederland se herhalings sal ek my nie
uitspreek nie...
Maar soms is 'n herhaling lekker... So kon ons die gemiste "Wonder
years" episodes ook sien. 3rd Rock from the sun was ook baie goed...
Maar ja, Birds of a feather was absolutely faboulous!
>> pop: Amerikaanse sitcoms is sielsvervelig. (En dan het my vriende en
>> familie nog die cheek om vir my te vertel hoe sleg die Amerikaanse
>> TV programme is. Hello!! a) Moet dit nie invoer nie, en b) moet nie
>> daarna kyk nie. :-)
>>
>> Pop op haar agterpote aan't blaas vir julle.
>
> Danielle: RODVELMGA!!!! :-)))))))))))
Nou net 'n artikel gelees oor winkelwoede - mense wat ander klante en selfs
winkelassistente en kassiere aanrand.
Wat interessant is, is dat al die gevalle wat genoem word in Gauteng
voorkom.
( Ek sê mos nog altyd dit is beter om by die see te bly:)) )
Elk geval - die irritasies is oral dieselfde - dis net dat ons mense hier by
die see nie sommer oorgaan tot geweld nie:))
Wat maak jou moerig in 'n supermark?
Ek weet van 'n klomp goed - maar laat ons maar elkeen net 1 rede gee, dan
kyk ons hoeveel daar is.
Die ding wat my die gouste na 'n boek laat gryp om te lees om af te koel is
dat die helfte van die beskikbare kasregisters nie beman word in spitstyd
nie.
Annette