Ek het dit seker baie eenvoudig gestel. Ons kan natuurlik nie vergeet van
die kommunistiese beleid van die ANC nie. Maar die wêreld en SA het dit
uitsluitelik as 'n oorlog van wit teen swart gemaak. Of daar nou natuurlik
dieper dinge betrokke was, maak nie aan die res saak nie. Wat saak maak is
dat wit polisiemanne swartes aangerand het vir geen rede, antie gloudina
noem Vlakplaas, ek kan dit nie onthou nie, maar het 'n vae idee van wat daar
gebeur het...
Die 70's was die grootste klug wat nog ooit die mensdom getref het...almal
was "uitgespace" Dit was 'n goeie dekade vir dwelms, 'n vrot een vir musiek
en 'n goeie een vir maskers verf.
Slegte grappie :)
Elaine
"Jonas" skryf in boodskap news:3b753d4a$0$234@hades.is.co.za...
> Elaine - ongelukkig is die feit(e) bloot dat Nelson die leier van die ANC
> is/was. Hulle, die ANC het saam met die Soviet Unie (sien die "Dwarsklap" -
> onderhoud van Van Zyl Slabbert met FW in die afgelope weekop KYKNET.) 'n
> oorlog teen Suid-Afrika gemaak. Dit was in die laaste jare, toe die NP
> eerlik probeer het om die euwels van apartheid oorboord te gooi, onmoontlik
> vanweë die beleid van die ANC - "making this country ungouvernable".
> Enige persoon (Antie Tottie) ingeslote wat hierdie probleme as bloot wit
> teen swart sien kan gerus weer die media argiewe vanaf begin 1970 nagaan. Ek
> het dit onlangs gedoen. Apartheid se einde het nie in 1992 begin nie. Vanaf
> ongeveer die begin 70's was daar baie duidelike en ernstige pogings om die
> bevolking te laat afsien van apartheid. Gaan lees gerus ..
Het hierdie gekry tussen die trekgoed, en dit hang nou in die kombuis:
De Drank.
Brengt in Armoede,
Maakt twistgierig,
Onbekwaam voor werk,
Stoort den Huis-vrede,
Vernielt het Ligchaam,
Berooft van't Verstand,
Verhardt het Hart,
Leidt de Ziel in de hel!
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Is daar 'n manier dat 'n mens kan keer dat mense onsmaaklike of baie
offensiewe goed se op hierdie forum? Ek glo vas in die reg van vrye
spraak maar dit maak my erg hartseer om te sien dat die hele wereld
kan sien hoe bod en 'insular' ( skuus vir die Engels ek kon nie dink
aan 'n soortgelyke Afrikaanse woord nie)'n sekere persentasie van ons
Suid-Afrikaners kan wees.
Ek is seker dat as hulle 'n bietjie meer aandag gee aan die res van
die wereld en geskiedenis wat nie net deur propaganda makers geskryf
is nie, sal dit makliker wees om ordentlike gesprekke met hulle te
voer. Niemand is so gebore nie. Die soort van strooi word in 'n mens
ingedwing van kleins af. Veral as jy nooit enige iets anders ervaar
nie. Ek bedoel nie om enige iemand hiermee af te kraak nie. Dis net
kommentaar op wat ek sien en ek was nog altyd 'n optimis. So ek is
seker as almal hard werk kan ons ontslae raak van hierdie soort van
onopgevoede uitlatings.
Weet iemand hoe oud 'n mens moet word om die les van die drink te
leer.
Ek het gisteraand net vir een of twee saam met 'n spulletjie van die
werk af gegaan en voor ek weer my oe uitvee was dit na twaalf en ek
loop in goed vas in die donker in my eie huis!
Ek dink ek bly dalk maar vanaand by die huis. Dis ten minste nie so
ver om bed toe te slinger nie. (Hoe slinger 'n mens teen trappe op?)
Ek slat my twee oge op
my kyk vang die verste kop:
waarvandaan sal my hulp nou kom?
My hulp is vannie Jirre, van Hom:
Hy't nou die die jimmel an Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klippers raak,
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikeit dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt:
Hy's oor jou vi ewig an vi altyd.
Uit 'Die Griekwapsalms en annerlike goeters yt die Woord yt'
1783 - Voortrekkerleier Louis Trichardt gebore. Louis Tregardt is op
Oudtshoorn, in die distrik Swellendam, gebore. Later het hy op verskillende
plekke in die Graaff-Reinetse distrik geboer, en teen 1834 was hy in die
omgewing van die Wit Kei gevestig. Hy neem deel aan die Groot Trek in 1835.
Naby Bethulie het hy oor die Oranjerivier getrek, en daarna het hy die
Caledonrivier bereik, waar die trek van Johannes J. Janse van Rensburg by
hom aangesluit het. Gesamentlik, maar afsonderlik, het die twee geselskappe
noordwaarts getrek tot by die Strydpoort-berge, waar hulle geskei het.
Tregardt het in die omgewing vir meer as 'n jaar vertoef. Sy trekgeselskap
vertrek in Augustus 1837 op die moeisame en rampspoedige tog deur die
Laeveld en oor die Drakensberg na Lourenco Marques. Geteister deur malaria,
bereik die gehawende geskelskap Lourenco Marques in April 1838, waar eers
Tregardt se vrou, en daarna hyself op 25 Oktober 1838,
beswyk. Tregardt se dagboek is 'n belangrike historiese bron terwyl hy deur
sy trek nie net die noordwaartse roete vir die Voortrekkers gebaan het nie,
maar die begeerte geprikkel het by sommige om hulle in die oor-Vaalse gebied
te vestig.
1920 - Suid-Afrikaanse Reserwebank word gestig in Pretoria.
1991 - Slag van Ventersdorp: Die AWB en NP-regering bots geweldadig by
uitlokkende de Klerk vergadering. Boerseuns Bardenhorst en Conradie
sneuwel.
1706 - Die Kaapstadse geregshof verban nege burgers weens opstandigheid na
Mauritius.
1861 - Charl Theodorus Muller Wilcocks, voormalige Administrateur van die
OVS, is op Graaff-Reinet gebore. In die Engelse Oorlog was hy saam met die
Vrystaters op kommando, is hy gevange geneem en na Ceylon verban. Hy het
enkele jare na die oorlog Volksraadslid geword en in 1929 Administrateur van
die OVS. Hy is op 14 November 1936 is Bloemfontein oorlede.
1920 - Ds Marius Goddefroy oorlede. - Mari'e Joseph (Marius) Goddefroy is
op 30 Oktober 1848 in Brussel, Belgi"e, gebore.
As predikant, skrywer, volksman, kommandoprediker en krygsgevangene, verwerf
hy sedert 1887 bekendheid as kampvegter vir die belange van die NH Kerk, en
die behoud van vryheidsideale onder die Transvalers. Hy is in 1920 in
Pretoria oorlede.
1945 - 'n Tweede atoombom binne 'n week vernietig meer as die helfte van
die Japanse stad Nagasaki.
1968 - Gewese Eerste Minister John Voster kondig sy eerste groot
kabinetskommeling aan. - Die begin van ons moeilikheid.
1858 - Mathinus Wessels Pretorius word te Rustenburg gekies as Kommandant
generaal. Hy word op 6 Februarie 1857 be"ediging as die eerste President
van die Suid-Afrikaanse Republiek.
1873 - Eeerste uitgawe van De Volkstem verskyn. Die eerste
Afrikaans-Hollandse dagblad.
1881 - Die einde van Britse besetting van Transvaal. Vierkleur word in
Pretoria gehys.
1938 - Begin van die simboliese Ossewatrek uit Kaapstad na Pretoria.
Dit was die 100ste herdenking.
1881 - Dr. E.G. Jansen gebore. Na voltooiing van sy skoolloopbaan studeer
hy verder in die regte aan die Universiteit Kaap die Goeie Hoop. Later 'n
prokureur in Pietermaritzburg. Die in die Voortrekkermuseumkomitee ,
stigterslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In
Oktober 1920 tot Natalse hoofleier van die Nasionale Pary verkies. Speaker
van die Volksraad , Minister van Naturellesake , redakteur en voorsitter van
verskillende komitees. Uit erkenning vir sy grootse bydrae wat hy tot die
Afrikanervolk gelewer het , is hy in die Heldeakker in Pretoria begrawe.
1863 - Seegeveg in Tafelbaai tussen die *Alabama* en die *Sea Bride*. Die
stoomskip *Alabama* het sonder moeite met netjiese seemansvernuf sy prooi
van Tafelbaai afgesny en dit binne sig van 'n groot groep Kapenaars , wat
geesdriftig van die hawe se kant af toegekyk het , oorrompel. Daar is sy
naam mettertyd verewig in die volksliedjie *Daar kom die Alabama*.
1876 - Annie Visser gebore op Lokshoek , distrik Jagersfontein , was een
van die eerste Afrikaanse sangeresse wat plate van Afrikaanse liedere gemaak
het.
1883 - Stigting van die Republiek Stellaland. As gevolg van inboorlingonrus
by die Transvaalse suidwestelike en westelike grens het Paul Kruger , en
Rhodes in Kaapland namens Brittanje , bekommerd geraak dat sake sodanig kan
vertroebel dat groot ellende kan uitbreek. Die Boere het van Massouw 'n
grondstreek ontvang en onder Gerrit van Niekerk 'n republiek gestig.