Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Melktert #3

Di., 07 Augustus 2001 07:45

Met 'n skilferkorslaag.

Kors:
Plaas skilferkorsdeeg ( die gekooptes) in 'n tertpan.
Gooi melkvulsel in.

Melkvulsel:
Plaas 500ml melk,
1 kaneelstokkie
2 stukkies naartjie/lemoenskil in 'n pan/pot en verhit saggies totdat daar
stoom van die melk uitkom.
Verwyder van hitte, en haal die kaneel en skil uit.
Meng saam 65g suiker,
40g koekmeelblom ( ek sal Maizena gebruik) en 'n bietjie van die warm melk
in 'n houer tot glad.
Voeg die mengsel by die melkmengsel en roer goed om klonte te voorkom.
Plaas die melkmengsel terug op die stoof en kook dit totdat die mengsel dik
is. Roer gereeld.
Verwyder die mengsel van die hitte en roer 15g botter by.
Laat die mengsel afkoel, en roer dan 2 groot eiers, effens geklits, by.

Nadat die melkvulsel in die kors gegooi is, besprinkel met kaneel en bak dan
in 'n voorverhitte oond ( 240C) vir 10 minute.
Verminder die hitte na 180C en bak 'n verdere 10 - 15 minute - totdat die
vulsel geset is, en die kors bros en goudkleurig is.

Ek sal vanaand na kooroefening die bobotieresepte doen.
Dit is my goeie daad vir hierdie jaar:))
Annette

Kos & resepte | 5 kommentare

Melktertresep #2:

Di., 07 Augustus 2001 07:21

Besonderse Melktert - met 'n klapperlaaag.

Kors:
Sif 275g ( 500ml) bruismeel,
15ml vlapoeier en 'n knypie sout saam.
Vryf 125g botter/margarien liggies met die vingertoppe in die meelmengsel
in.
Klits 2 eiers,
100 g ( 125 ml) suiker en
5ml vanieljegeursel saam, en voeg dit by die meelmengsel en meng tot 'n
deeg.
Bedek die deeg en verkoel 'n uur in die koelkas.

Voorverhit die oond tot 200C ( 400F). Smeer of spuit 2 x 1l volume
tertborde

Druk die deeg ewe dik teen die wand en op die boom van die tertborde. Sny
die rande netjies en maak riffies met die tande van 'n vurk.
Bedek die boom van elke kors met 'n sirkel waspapier en plaas 'n laag
droëbome daarop.
Bak die korse 10 minute lank op die middelste oondrak. Verwyder die
waspapier en droëbone en bak die korse 'n verdere 2 minute. Hou eenkant tot
benodig.

Klapperlaag:
Meng 100g ( 125ml) suiker,
80g ( 250ml) klapper,
50g ( 60ml) botter/margarien
50ml melk en
10ml vanieljegeursel in 'n kastrol.
Verhit die mengsel tot kookpunt en smeer dit dan op die bome van die gaar
korse.

Melkvulsel:
Kook 1l melk,
125g botter/margarien en
5ml vanieljegeursel saam.
Meng 4 eiers, geklits
100g ( 125ml) suiker en
40g ( 75ml) mielieblom ( Maizena) en
'n bietjie van die melkmengsel saam.
Roer dan hierdie eiermengsel vinnig by die res van die melkmengsel in die
kastrol.
Oppas vir klonte.
Kook die vulsel ongeveer 5 minute lank oor lae hitte tot 'n pap.
Gooi die vulsel in die tertkorse.
Laat die terte afkoel en strooi dan kaneelsuiker oor.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Melktertresep #1

Di., 07 Augustus 2001 07:02

Hierdie resep kan ook korsloos gemaak word.
Die kors is bros.
Resep lewer 2 middelslagterte.

Voorverhit die oond tot 200C ( 400F). Smeer of spuit 2 x 1l volume
tertborde.

Kors: Meng 125 botter/margarien ( by kamertemperatuur) en
100g ( 125ml) suiker deeglik.
Voeg 1 eier, geklits, by en meng.
Sif 275g ( 500ml) (ongesif afgemeet) koekmeelblom,
10ml bakpoeier en 'n knypie sout saam.
Meng die meelmengsel met die eiermengsel tot 'n deeg..
Druk die deeg so dun as moontlik teeendie wand en op die boom van die
tertborde. Sny die rande netjies en kartel dit met die vingers.
Bak die korse 10 - 20 minute totdat die rande begin verbruin.
Berei intussen die vulsel.

Vulsel:
Verhit 1l melk en
25g( 30ml) botter/margarien in ;n groot kastrol tot kookpunt.
Skei 2 eiers.
Klits verdere 125ml melk, verdere heel eier, 2 eiergele,
150g ( 200ml) suiker
20g (40ml) koekmeelblom
20g ( 40 ml) mielieblom ( Maizena)
en 'n knypie sout saam tot 'n pasta.
Klits 'n bietjie van die kookmelk geleidelik hierby.
Klits hierdie mengsel nou geleidelik by die oorblywende kookmelk en roer
fluks, verkieslik met 'n draadklopper, om die vorming van klonte te voorkom.
Verhit die mengsel tot kookpunt en roer gereeld.
Klits die eierwitte tot sagte punte en vou dit in die warm melkpap in.
Gooi die vulsel in die gaar tertkorse, strooi kaneel oor en laat afkoel tot
die vulsel styf is.
Annette

Kos & resepte | 4 kommentare

Hallo uit Skotland. Blerrie ver en gewoonlik blerrie koud!

Ma., 06 Augustus 2001 21:57

Dag se neefs en niggies!

Ek sweer ek kan nie meer hierdie taal ordentlik tik nie. Ek bly nou al
6 jaar hier en ek reken ek praat net so een keer in twee maande
Afrikaans met my sussie in Nederland en so nou en dan met my ma-hulle
in die Kaap.

Ek is vreeslik opgewonde om te sien hier is so baie mense wat die Taal
in ander lande leer sommer net vir die sports! Dit is seker effens
makliker as sommige van die Europese tale, maar dis nogsteeds
wonderlik om te sien hoe uitlanders 'n effort maak.

Is daar enige iemand hier wat in S.A. bly? Of is ons almal ver van die
huis af?

Dis nou my eerste kuiertjie in die nuusgroep en ek kan nie wag dat
iemand my terug groet in my Taal nie!

Groete
Liezl

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

Onse Vader

Ma., 06 Augustus 2001 19:22

Onse Vader

"Onse Vader wat innie jimmel in sit,
ons wil nou vandag hier vir U kom bid:
Lat U se naam tog by ons geprysig raak,
lat U se Kapteinskap hier staningse maak,
en lat U se wil gebeure tissen die sterre rond,
net so sos hier oender by ons oppie grond.
Gee vir ons vandag onse koppietjie meel.
Vergewe ons onse gevloek en onse gesteel,
want sos ons nou yt die Woord yt weet:
ons moet dies wat ons vloek ok vergeet.
Lat ons onse rigte gee virrie versoekinge,
en maak los die rieme vannie Dywel se dinge.
Niemand sal nou U se Kapteinskap kan wen,
of U se kragte of nou U se heerlikheid,
van hier af tot doer oorkant innie ewigheid.
Nou dan sê ons dan maar eers weer: Amen"

Uit 'Die Griekwapsalms en annerlike goeters yt die Woord yt'

nog?

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Ek is Pollie - HULLE is nie Pollie nie - jy zultkop !

Ma., 06 Augustus 2001 16:29

Baie eenvoudiglik gese deur

Pollie (wat Gloudina waarneem)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n optree van UYS in Nederland ?

Ma., 06 Augustus 2001 16:00

Weet wellicht een van de Nederlandse
lezers de data van het optreden van
PIETER DIRK UYS in Nederland ?
Ik las in de Volkskrant dat hij nu
in Engeland zou zou zijn en naar
Nederland zou komen.
Bij voorbaat dank,
Patrick

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afleiding?

Ma., 06 Augustus 2001 07:31

Was so 'n rukkie weg - en noudat ek terug is, merk ek Antie G is glo met
vakansie, en nie een van haar hanslammers neem hier deel in haar afwesigheid
nie.
Ek dink ons het nou 'n gulde geleentheid hier om lekker oor alles en nog wat
te kan gesels - op 'n heel beskaafde wyse - en humoristies ook - sonder die
wanklanke tussenin van daardie uitgelese groepie.
Het enigiemand van julle The Scorched Earth program gesien?
Was enigiemand voorheen bewus van die konsentrasiekampe vir die swart
plaaswerkers?
Annette

--

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Regte geskiedenis?

Ma., 06 Augustus 2001 07:29

Ek weet dit al lankal - maar gaan ons ooit eendag die regte en volle
geskiedenis van ons land weet of van leer?
Ek wil weet van die Voortrekkers wat die kat in die donker geknyp het - as
hulle dit nie gedoen het nie, was hulle nie regte warmbloedige mense nie,
maar mitologiese gode;))
Ek wil weet watter ander swart rasse het na die 1652 Europese inval ook hier
in SA kom ontvlugting soek.
Ek wil weet hoekom die Boere aanhou veg het nadat Kruger die pad gevat het,
en hulle ( die boere) hulle deur hul vrouens laat ompraat het om aan te hou
veg teen die oormag.
Ek wil weet hoekom ons uitgekryt word as die Vaders van Apartheid, terwyl
dit nie ons is wat dit in die eerste plek begin het nie.
Ek wil weet hoekom kinders van alle rasse kan saamspeel as hulle klein is,
en dan skielik verander ( die wit kinders veral) sodra hulle kan verstaan
wat om die tafel na huisgodsdiens gepraat word.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Verinbors??aling vie 'hy het geen inbors?'

Ma., 06 Augustus 2001 06:32

Saterdagmiddag toe ek heel verveeld channel hoping doen op ons vyf
kanale kom ek op sewende laan af - dit is mos die Afrikaanse reeks wat
met ondrskrifte spog - enigste een op SABC ... anyway groot was my
verbasing toe ek sien hulle vertaal
'Hy het geen inbors nie' met 'he has no balls'? So ek dog ek praat
hogere afrikaans en al die tyd vloek ek soos 'n matroos :)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1834): [ «    884  885  886  887  888  889  890  891  892  893  894  895  896  897  898  899    »]
Tyd nou: Vr. Aug. 21 23:47:50 UTC 2026