Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Slegs vir ons Hollandse vriende.

Wo., 17 Oktober 2001 18:23

Thomas Hemerken van Kempen, of, Thomas Ŕ Kempis soos hy nou
bekend is. [1] Wie was die kêrel, en [2] vir wat was hy bekend?
en [3] watter taal het hy gepraat?
........... hehehehe .............
--

------------------------------------------------------------ -----
Atheism is the result of ignorance and pride, of strong sense and
feeble reasons, of good eating and ill living.�
JEREMY COLLIER.
------------------------------------------------------------ -----

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Slegs vir ons Hollandse vriende.

Wo., 17 Oktober 2001 17:54

"Tobie" schreef...
> Thomas Hemerken van Kempen, of, Thomas Ŕ Kempis soos hy nou
> bekend is. [1] Wie was die kêrel, en [2] vir wat was hy bekend?
> en [3] watter taal het hy gepraat?

1. 'n geestlike uit Zwolle.
2. hy het 'De Imitatione Christi' geskrewe in 1471. Volgens my was hy 'n
soort humanist avant la lettre.
3. Tuis waarskynlik Nederlands (of 'n middeleeuse variant daarvan) en op sy
werk Latyn.

Kry ek nou 'n prys? :)

Groete,
Arthur

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

tipsytert

Wo., 17 Oktober 2001 16:31

Annette,
ek loer hier nou al vir 'n paar dae in en hou dop wat jy almal sê.
Maar ek wag vir jou tipsytert resep.
Dit klink so lekker, dat ek dit al kan geniet, sonder dit te het ge-eet
:-)))))

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ons LoerBoet

Wo., 17 Oktober 2001 10:17

Ek het toe gisteraand weer vir 'n slag LoerBoet gesien - hoekom sit die
klomp so eenkant-eenkant?
Wie is vies/kwaad vir wie en hoekom?
Die koerante skryf net van onse Pietertjie Marais - en ek sien nie wat
aangaan nie.
Het die psigiaters moed opgegee? - Daar was gereeld kommentaar van hulle in
die koerant - maar nou nie meer nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die (holruggeryde) oorlog.

Wo., 17 Oktober 2001 09:23

Het julle nou meer respek vir Amerika na die aanvalle?

En vir Bush? (Die cocky klein mannetjie is in sy element)
__________________________________________

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nuus 16/10

Wo., 17 Oktober 2001 04:43

Dieretuin. Pretoria.
Ou tannie wat ewe onskuldig na die sjimpanzee gaan kyk het, word onverwags
tussen die oë gepot met 'n komkommer deur die dier. Neus af.
Annette

Nuus | 11 kommentare

Net vir Gloudina

Di., 16 Oktober 2001 20:53

Jy weet Gloudina, ek het baie dinge in die verlede agter my gesit en kyk met
geloof vorentoe. Niks van die verlede kan ongedaan gemaak word nie en
daarom leef ek myself uit in die hede. Sekerlik my grootste bron van
lewensgeluk is my vermoë om nie mense te veroordeel nie, afgesien van wat
hulle
foute is. Ek het reeds hier my beperkinge geoortree deur te probeer
standpunte te stel wat klaarblyklik in hierdie Nuwe Suid-Afrika uitgedien
is. Dit besef ek terdeë. (Lord, give me the grace to accept the things I
cannot
change, etc.) Ek het dit meesal met die tong in die kies gedoen
om jou opsetlik te ontstel. Volgens die trant jou antwoorde het ek
uitmuntent daarin geslaag, maar ek is nie trots daarop nie.

Ek is nie bereid om verder met jou te redekawel nie want dit dien geen doel
nie. Ons sal mekaar nooit kan andersins oortuig nie. Ek belowe jou dat ek
voortaan my van grappe oor ras sal weerhou net vir jou onthalwe. Ek hoop om
jou spesiaal te laat voel.

(Kan ek nog praat van die Engelse Tannie? Weet jy ek het haar geleer
Afrikaans praat en sy het my geleer skoene dra.)

Totsiens

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

carpool

Di., 16 Oktober 2001 15:25

Ek wil net vra, watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Re: Lisa GangBang 7587

Di., 16 Oktober 2001 13:03

Kyk as Lisa dan bang is vir die gang moet sy maar die lig aan skakel, ek
wonder of dit nie dalk 'n gang fobia die kan wees. Of is Lisa net gang sku.

Groete
Spook

Beauty is only skin deep, but ugly goes clear to the bone.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bless America!!

Di., 16 Oktober 2001 08:08

Die sterwende Amerikaanse soldaat in Afghanistan het een laaste versoek.
"Verpleegster, kan jy vir my die Amerikaanse vlag bring sodat ek dit kan
soen".

Diep geraak deur sy matelose patriotisme antwoord sy: "Ons het nie 'n vlag
hier nie maar daar is een op my boud getatoeëer as jy dit wil soen." Hy stem
toe in en soen die tatoo.

"Nou," sê die sterwende soldaat, "Sal jy omgee om om te draai sodat ek vir
Bush ook kan soen?"

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    841  842  843  844  845  846  847  848  849  850  851  852  853  854  855  856    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 02:29:06 UTC 2025