Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Sonde van die Vaders

Vr., 19 Oktober 2001 20:52

On Fri, 19 Oct 2001 17:52:39 +0200, "Grahame" wrote:

>
Chantel is lieflik Grahame - jy wat daar by haar sit?
(indien nie, waarom sktyf jy in HTML?)

DD

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

kyk wat wil die staat maak

Vr., 19 Oktober 2001 20:05

http://www.btimes.co.za/99/1003/btmoney/btmoney.htm

net so kort stukkie waaroor dit gaan
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
The idea behind the proposal is that all citizens contribute a
portion of their income to the national retirement fund during
their working years.

All citizens would be entitled to withdraw a minimum pension from
the fund at a set retirement age whether they contributed to the
fund or not.
--

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

.

Vr., 19 Oktober 2001 15:18

K pluk een van die snare, die hele skaakbord tril. "Grappie" sê sy, en
sit G se pion weer regop. Die swart koningin kyk dadelik in die rigting
van die oorsprong, of daar 'n vliegie vassit. Met haar agt pote sal sy
voor K daar kan wees...
___________________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

apartheid in Nederland

Vr., 19 Oktober 2001 09:16

De kwaliteit van zwarte scholen staat vaak ter discussie. Maar of allochtone
kinderen beter onderwijs kunnen krijgen op witte scholen is ook nog maar de
vraag. Trouw volgt de discussie op de voet.
---------------------------------------------------
Miskien kom emmy nou weer terug om die saak te verklaar :-))
Ek het haar al gesien op 'n Nederlandse NG, wie het haar hier gelos????

Gr.Rico
---------------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Vir jou wat weet

Vr., 19 Oktober 2001 06:44

Seenat kom sit ek
op jou everysunlyf
sonbesekermingsfaktor vyf
losarm skuitery ek
die boggel
van jou fratsgolf
terwyl jy sonvoos proteseer
deinend
tussen lus en rus.

Kriewel kietel kielie
langs jou lende
af
gomlastiek my tong
onder die spanrek van jou speedo
totdat die preutse klein
vaginatjie van jou vleesfluit
oopbek
sopbek
son toe lag.

Jou bulsak peul pers
toe my groen oë
jou ruigtes binnesluip
en kop in die vlei
dors ek bolwang
aan my
purper liefdestuit
oorvloedige kosspuit
onder T-hemp en sonhoed:
bewakers van die sede.

Jy pluk my
sonwit slierte maanhaar
en ek stop die galop
want daar's mense daar
the coast, my dear, is not clear
en jy runnik
en ek gryp die stang
en hol die doltes in!

Agterna prut ek
saad-en-sand-pasta
op die louwarm
van jou naeltjieplato
roer luivinger
tekstuur in die borrels
proe en knik tevree.

Maar -
die gedagte tref my
en ek vra, angstig:
Dink jy
ek is ...
ek is ...
w-w-wellustig?

Jelleke Wierenga

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Geselskap in Edinburgh, Skotland

Do., 18 Oktober 2001 15:37

Ek wil graag tog uitvind of daar ook ander Afrikaanse mense hulle hier
in Edinburgh, Skotland bevind. Mense met wie mens 'n bietjie kan sit
en klets as die vreemdheid vir mens so nou en dan vasdruk. Stuur tog
vir my 'n sein deur as daar sulke siele hier rond is!

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Annette, Riaan, Davie

Do., 18 Oktober 2001 13:23

Ek was 'n tydjie weg.
Het julle antwoorde gepos wat ek gemis het?

Ek sal dit graag wil lees.

Annette - daar was 'n aantal vrae wat ek gevra het wat jy gese het jy
gaan antwoord. Oor jou beginsels ens.
Riaan - jy het gese jy sal se wat jou politieke beginsels is.
Davie - eki weet teen die tyd al jy wil nie se wat jou politieke
beginsels is nie - maar ek het laas gevra waar ek jou kan kontak. Dis
nou nadat jy gepraat het van hoe dit jou gegrief het dat ek nie vir
iemand wou kontak nie, onthou?

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Resep:Tipsytert

Do., 18 Oktober 2001 08:30

1 Koppie gesnipperde dadels
3/4 koppie kookwater
1 teelepel koeksode
2 eetlepels botter ( Nie margarine nie)
1 koppie suiker ( los bruin of geel)
1 eier
1 1/4 koppie meelblom
4 teelepels bakpoeier
1/4 teelepel sout
1/2 koppie vars okkerneute ( opsioneel) grof gekap.
.
Gooi koeksoda en kookwater oor die dadels en laat afkoel.
Room botter, suiker en eier.
Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Meng suikermengsel en meelmengsel om die beurt met dadelmengsel.
Meng deeglik maak liggies.
Voeg neute by.
Bak 20 minute by 180C

Stroop:
1 1/2 koppie wit suiker
3/4 koppie water
1 teelepel vanilla essens
1 eetlepel botter
1/4 koppie brandewyn

Kook water en suiker vir 5 minute en verwyder van stoof.
Voeg smaakmiddels ( vanilla en brandewyn) en botter by.
Sodra sous effens dik word.. giet oor die afgekoelde tert.

Bedien met styfgeklopte room.

Annette

Kos & resepte | 38 kommentare

Bleddiehola Trust

Do., 18 Oktober 2001 07:03

Die idee is om fondse in te samel om Gloudina hier te kry vir 'n vakansie,
sodat sy nie so afhanklik is van tweedehandse inligting nie.
Ons vra vir Danielle om al die gifgeskrifte op te diep, dan maak ons 'n
pamflet/boek ding.
Ons kan dan die geskrif verkoop en mense uitnooi om te betaal om haar
persoonlik te ontmoet -die celebrity ding wat nou so gewild is hier.
Gloudina kan gaan bly waar sy wil, en praat met wie sy wil, maar aangesien
die idee van my kant af kom, en ek verantwoordelik sal wees vir die
logistiek van die besoek, sal ek net 2 goed graag wil vra.
1)Die eerste besoekpunt is Kaapstad, en vir die eerste week sal ek sal reel
dat sy in 'n B&B in Kayelitsha gaan bly en met die gewilde vervoer van daar
vervoer word.
Die fonds sal nie versekering voorsien nie - maar dit behoort nie 'n
probleem te wees nie.
2) Ek sal met een van my kliënte, 'n dokter by Tygerberg, reel dat sy deur
die hospitaal kan loop, en met personeel kan praat.
Elkeen met wie sy praat sal van 'n kopie van die pamflet voorsien word,
sodat hulle weet met wie hulle te doen gehad het, en hulle kan haar kontak
te alle tye terwyl sy hier op besoek is.
'n Selfoon sal voorsien word.
Gloudina kan self bepaal in watter volgorde daarna en hoe lank sy die ander
provinsies wil besoek.
Dus - insette asseblief - van Gloudina ten eerste of sy gewillig is om te
kom .
Sy kan ontmoet en praat met wie sy wil, maar ons wil graag die lys van die
name hê, sodat ons terugvoering kan kry, om miskien ander besoeke te kan
reel.
Die gala-aande is natuurlik 'n ander storie - maar ons hou dit formeel, en
niemand met sakkies tamaties of lemoene sal toegelaat word nie - maar daar
sal 'n vraag en antwoord sessie wees.

Van die kant af kan ons in elke provinsie 'n gasheer/vrou van hierdie ng kry
om te sorg dat dinge in hulle omgewing glad verloop.
Ons kan dan bepaal hoeveel fondse ons moet bymekaarmaak vir hierdie
uitreikingsprogram.
Annette

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Re: Iemand ook dit gekry? Ja van Annette!

Do., 18 Oktober 2001 06:55

http://www.cdc.gov/ncidod/klingerman_hoax.htm

The Centers for Disease Control and Prevention (CDC) has recently received
several inquiries concerning an e-mail message about people who have been
infected with "Klingerman virus" after opening gift packages delivered to
them in the mail. According to the e-mail message, a number of people became
ill with a viral infection after handling a sponge contained in a package
marked, "A gift for you from the Klingerman Foundation."

The e-mail is a hoax. There is no "Klingerman virus," and the information in
the e-mail notice is untrue. If you receive an e-mail message about
"Klingerman virus," please do not forward it to others.

Annette skryf in boodskap news:9qkoqt$nfsjp$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nou al twee gekry - ek dink dit is alweer 'n gekskeerdery.
>
> Vir wat sal hulle sulke duur groot koeverte gebruik?
>
> Subject: Fwd: FW: Police warning--please read
>
>
>
>> Warning received from Police...please read and pass
>> along
>>
>> A t t e n t i o n :
>>
>>
>> This is very scary and is not a joke. Please read - it definitely is a
>> serious threat to our lives and health. This is an alert about a virus in
>> the original sense of the word...... one that affects your body.....not
>> your hard drive. There have been 23 confirmed cases of people attacked by
>> the Klingerman Virus, a virus that arrives in your real mailbox,not in
> your
>> e-mail inbox.
>>
>> Someone has been mailing large blue envelopes, seemingly at random, to
>> people in the U.S. and Canada. On the front of the envelope in bold black
>> letters is printed " A Gift For You From The Klingerman Foundation". When
>> the envelopes are opened, there is a small sponge
>> sealed in plastic.This sponge carries what has come to be known as the
>> Klingerman
>> Virus and public health officials state this is a strain of virus they
> have
>> not reviously encountered. Those who have come in contact with the
>> Klingerman Virus have been hospitalized with severe dysentery.
>>
>> So far seven of the twenty-three victims have died.There is no legimitate
>> Klingerman Foundation, mailing unsolicited gifts. If you receive an
>> oversized blue envelope in the mail marked "A Gift For You From The
>> Klingerman Foundation".
>>
>> Do not open it !!!!!
>> Place it in a strong plastic bag or container & call the police
>> immediately. The "gift" is one you defiinitely do not want to open.
>>
>> PLEASE PASS THIS ON TO EVERYONE THAT YOU CARE ABOUT
>>
>
>
> Annette
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    840  841  842  843  844  845  846  847  848  849  850  851  852  853  854  855    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 21:57:39 UTC 2026