De kwaliteit van zwarte scholen staat vaak ter discussie. Maar of allochtone
kinderen beter onderwijs kunnen krijgen op witte scholen is ook nog maar de
vraag. Trouw volgt de discussie op de voet.
---------------------------------------------------
Miskien kom emmy nou weer terug om die saak te verklaar :-))
Ek het haar al gesien op 'n Nederlandse NG, wie het haar hier gelos????
Seenat kom sit ek
op jou everysunlyf
sonbesekermingsfaktor vyf
losarm skuitery ek
die boggel
van jou fratsgolf
terwyl jy sonvoos proteseer
deinend
tussen lus en rus.
Kriewel kietel kielie
langs jou lende
af
gomlastiek my tong
onder die spanrek van jou speedo
totdat die preutse klein
vaginatjie van jou vleesfluit
oopbek
sopbek
son toe lag.
Jou bulsak peul pers
toe my groen oë
jou ruigtes binnesluip
en kop in die vlei
dors ek bolwang
aan my
purper liefdestuit
oorvloedige kosspuit
onder T-hemp en sonhoed:
bewakers van die sede.
Jy pluk my
sonwit slierte maanhaar
en ek stop die galop
want daar's mense daar
the coast, my dear, is not clear
en jy runnik
en ek gryp die stang
en hol die doltes in!
Agterna prut ek
saad-en-sand-pasta
op die louwarm
van jou naeltjieplato
roer luivinger
tekstuur in die borrels
proe en knik tevree.
Maar -
die gedagte tref my
en ek vra, angstig:
Dink jy
ek is ...
ek is ...
w-w-wellustig?
Ek wil graag tog uitvind of daar ook ander Afrikaanse mense hulle hier
in Edinburgh, Skotland bevind. Mense met wie mens 'n bietjie kan sit
en klets as die vreemdheid vir mens so nou en dan vasdruk. Stuur tog
vir my 'n sein deur as daar sulke siele hier rond is!
Ek was 'n tydjie weg.
Het julle antwoorde gepos wat ek gemis het?
Ek sal dit graag wil lees.
Annette - daar was 'n aantal vrae wat ek gevra het wat jy gese het jy
gaan antwoord. Oor jou beginsels ens.
Riaan - jy het gese jy sal se wat jou politieke beginsels is.
Davie - eki weet teen die tyd al jy wil nie se wat jou politieke
beginsels is nie - maar ek het laas gevra waar ek jou kan kontak. Dis
nou nadat jy gepraat het van hoe dit jou gegrief het dat ek nie vir
iemand wou kontak nie, onthou?
1 Koppie gesnipperde dadels
3/4 koppie kookwater
1 teelepel koeksode
2 eetlepels botter ( Nie margarine nie)
1 koppie suiker ( los bruin of geel)
1 eier
1 1/4 koppie meelblom
4 teelepels bakpoeier
1/4 teelepel sout
1/2 koppie vars okkerneute ( opsioneel) grof gekap.
.
Gooi koeksoda en kookwater oor die dadels en laat afkoel.
Room botter, suiker en eier.
Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Meng suikermengsel en meelmengsel om die beurt met dadelmengsel.
Meng deeglik maak liggies.
Voeg neute by.
Bak 20 minute by 180C
Kook water en suiker vir 5 minute en verwyder van stoof.
Voeg smaakmiddels ( vanilla en brandewyn) en botter by.
Sodra sous effens dik word.. giet oor die afgekoelde tert.
Die idee is om fondse in te samel om Gloudina hier te kry vir 'n vakansie,
sodat sy nie so afhanklik is van tweedehandse inligting nie.
Ons vra vir Danielle om al die gifgeskrifte op te diep, dan maak ons 'n
pamflet/boek ding.
Ons kan dan die geskrif verkoop en mense uitnooi om te betaal om haar
persoonlik te ontmoet -die celebrity ding wat nou so gewild is hier.
Gloudina kan gaan bly waar sy wil, en praat met wie sy wil, maar aangesien
die idee van my kant af kom, en ek verantwoordelik sal wees vir die
logistiek van die besoek, sal ek net 2 goed graag wil vra.
1)Die eerste besoekpunt is Kaapstad, en vir die eerste week sal ek sal reel
dat sy in 'n B&B in Kayelitsha gaan bly en met die gewilde vervoer van daar
vervoer word.
Die fonds sal nie versekering voorsien nie - maar dit behoort nie 'n
probleem te wees nie.
2) Ek sal met een van my kliënte, 'n dokter by Tygerberg, reel dat sy deur
die hospitaal kan loop, en met personeel kan praat.
Elkeen met wie sy praat sal van 'n kopie van die pamflet voorsien word,
sodat hulle weet met wie hulle te doen gehad het, en hulle kan haar kontak
te alle tye terwyl sy hier op besoek is.
'n Selfoon sal voorsien word.
Gloudina kan self bepaal in watter volgorde daarna en hoe lank sy die ander
provinsies wil besoek.
Dus - insette asseblief - van Gloudina ten eerste of sy gewillig is om te
kom .
Sy kan ontmoet en praat met wie sy wil, maar ons wil graag die lys van die
name hê, sodat ons terugvoering kan kry, om miskien ander besoeke te kan
reel.
Die gala-aande is natuurlik 'n ander storie - maar ons hou dit formeel, en
niemand met sakkies tamaties of lemoene sal toegelaat word nie - maar daar
sal 'n vraag en antwoord sessie wees.
Van die kant af kan ons in elke provinsie 'n gasheer/vrou van hierdie ng kry
om te sorg dat dinge in hulle omgewing glad verloop.
Ons kan dan bepaal hoeveel fondse ons moet bymekaarmaak vir hierdie
uitreikingsprogram.
Annette
The Centers for Disease Control and Prevention (CDC) has recently received
several inquiries concerning an e-mail message about people who have been
infected with "Klingerman virus" after opening gift packages delivered to
them in the mail. According to the e-mail message, a number of people became
ill with a viral infection after handling a sponge contained in a package
marked, "A gift for you from the Klingerman Foundation."
The e-mail is a hoax. There is no "Klingerman virus," and the information in
the e-mail notice is untrue. If you receive an e-mail message about
"Klingerman virus," please do not forward it to others.
Annette skryf in boodskap news:9qkoqt$nfsjp$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nou al twee gekry - ek dink dit is alweer 'n gekskeerdery.
>
> Vir wat sal hulle sulke duur groot koeverte gebruik?
>
> Subject: Fwd: FW: Police warning--please read
>
>
>
>> Warning received from Police...please read and pass
>> along
>>
>> A t t e n t i o n :
>>
>>
>> This is very scary and is not a joke. Please read - it definitely is a
>> serious threat to our lives and health. This is an alert about a virus in
>> the original sense of the word...... one that affects your body.....not
>> your hard drive. There have been 23 confirmed cases of people attacked by
>> the Klingerman Virus, a virus that arrives in your real mailbox,not in
> your
>> e-mail inbox.
>>
>> Someone has been mailing large blue envelopes, seemingly at random, to
>> people in the U.S. and Canada. On the front of the envelope in bold black
>> letters is printed " A Gift For You From The Klingerman Foundation". When
>> the envelopes are opened, there is a small sponge
>> sealed in plastic.This sponge carries what has come to be known as the
>> Klingerman
>> Virus and public health officials state this is a strain of virus they
> have
>> not reviously encountered. Those who have come in contact with the
>> Klingerman Virus have been hospitalized with severe dysentery.
>>
>> So far seven of the twenty-three victims have died.There is no legimitate
>> Klingerman Foundation, mailing unsolicited gifts. If you receive an
>> oversized blue envelope in the mail marked "A Gift For You From The
>> Klingerman Foundation".
>>
>> Do not open it !!!!!
>> Place it in a strong plastic bag or container & call the police
>> immediately. The "gift" is one you defiinitely do not want to open.
>>
>> PLEASE PASS THIS ON TO EVERYONE THAT YOU CARE ABOUT
>>
>
>
> Annette
>
Dis 'n slegte gewoonte om altyd oor kultuur te praat
Erfgoed! Watter morbiede onderwerp!
Dit omvat breedweg feitlik alles  van wat in die lyn van besittings
geërf word tot omgewing wat geskiedenis, opvoeding, kultuur, ens
insluit tot by die karakteristieke eienskappe wat geneties oorgeërf
word. Al wat 'n mens met sekerheid kan sê is dat niemand dit kan
ontsnap nie.
Die onderwerp bevat dus al die elemente van 'n tragi-komedie. Gun my
dus 'n mate van liriese sinisme. In my boekrak is meer as 'n 100
moordverhale. Die motief vir minstens 'n helfte van die moorde was
erfgoed. Geld, besittings, eiendom. In die geskiedenis self ken die
haat, geweld, venyn en jaloesie geen perke wanneer stoflike erfgoed in
die gedrang is nie. Besittings is dikwels 'n statement van mag  mag
om beheer uit te oefen oor ander, mag om tropleierskap van 'n groep te
bekom en mag om te manupileer. Maar, aan die ander kant, mag laat my
so onverskillig soos sommige familielede se voorhuise met hulle rye en
rye portrette van die voorgeslagte; wrede Afrikaners, mense wat van
die vervelige dinge van die lewe gehou het. In hulle onderskeie
woonbuurte was hulle die kerk se beste vriende. Hulle teorieë is dit
wat deur dom ordentlikes bewonder word: God sit op die dak en Christus
vermeerder brood en sardiens. Feitekennis bedreig, want dit kon mag
laat tuimel.
Kyk na die portrette: Daardie 'n ouma! 'n Stuk sleg opgestopte wors
met 'n hamburger onder haar ken vir 'n borsspeld; 'n home perm, 'n
stel ontwerperstande en 'n verloofring. Op sewentien was die ou girl
slaggereed om van die lewe 'n moerse sukses te maak.
Hierdie portrette van voorgeslagte met hulle oë wat jou oral volg en
tot in aller ewigheid, maak 'n mens bang vir vryheid. Maar oor
erfgoed, dit wat regstreeks of onregstreeks gesluk moet word, kan ek
net uit eie ervaring praat, my eie waarneming, my (on)sekerheid en
vermoedens.
Ek kom byvoorbeeld nie oor die weg met mense wat 'n gulsigheid
openbaar oor erfgoed nie, hulle eie óf die wat hulle van ander
afgebedel het. Ek ervaar hulle in die algemeen as 'n siek spesie wat
opgevreet is deur komplekse en gevoelens van minderwaardigheid. Daar
is 'n beheptheid met die verlede, maar verdag omdat ek dikwels
agtergekom het die sogenaamde liefde vir die erfgoed hoofsaaklik gaan
om die uiteindelike geldwaarde daarvan. In die algemeen is dié spesie
verslaaf aan begrafnisse, familie-uitlê en 'n alles oorheersende drang
om die dood lewend te hou. Sluit dit dalk aan by erotiek? Georges
Bataille sou kon sê.
Maar, wat het die sterkste invloed op 'n mens se lewe? Oorerwing of
omgewing? Dit is die miljoendollarvraag waarmee elke tweede
salonfilosoof sy tyd abstrak verdryf. Omgewing eis die onmoontlike.
Reeds in die wieg vind die konfrontasie plaas. Daar is voorafbeplande
riglyne. Dit is 'n erfdeel en heet opvoeding. Dit is gebaseer op jou
ouers se goeie bedoelings. Hulle meen hulle het alle dinge ondersoek
en die goeie behou. Wat hulle besluit die Âgoeie is, word reeds vir
jou as suigeling met 'n lepel gevoer. Dit word ook dissipline genoem.
Hierdie dosisse goeie bedoelings moet dien as 'n fondament waarop 'n
toekoms uiteindelik gebou moet word. Alles is vooraf besluit, die
opvoeding tuis en ook dié van formele instansies later. Wat jy hier
erf, moet van wieg tot graf duur. Is jy wederstrewig, is daar altyd
die tien gebooie, God se oordeel, onterwing en nog 'n klomp giftige
vreesaanjaende dreigemente en jazz.
Die toets wat geslaag moet word, is die aanvaarding en aanhang van die
Freudiaanse en Calvinistiese eksegese. Tussenin is daar eksamenlokale:
Leë akademiese formules wat min of niks bydra tot die eksistensiële
nood waarin die mens hom bevind nie. En uiteindelik word die doel
bereik deurdat jy voldoende gesosialiseer is, wat beteken jy kan nou
volwaardig en saamklonterig voortwoeker in 'n gemeenskap. En hoera as
jy dit (kan) maak.
Kultuur kom kitsgereed,'n erfporsie wat meer as enigiets anders bloed
oor die planeet laat vloei het. Dit is 'n koue, blink parade van
woorde met primitiewe en emotiewe magte. Op sy beste kan dit vergelyk
word met 'n swak afgietsel van 'n stuk estetika wat ten alle koste
moet bly voortleef  afarms en vrot neus ten spyt.
Die gekerm oor kultuur en om te behoort hou nooit op nie, ook nie die
nimmereindigende familiesagas wat gereeld deur skrywers geplunder word
nie. Kultuur, nes Christendom, bied seker op die ou einde beskerming
en troos, maar eers nadat dit daardie mense vernietig het.
Kultuur bewapen nie en dit is 'n slegte gewoonte om altyd oor kultuur
te praat. Dit is soos om spys te soek in 'n ou rommelsak vol
moralismes gebaseer op geloftes van die verlede. Dit is aanvaarde
fiksie soos geskiedenis dit ook is. Jy erf dit of jy dit nou wil hê of
nie. Jou blote bestaan maak jou 'n verteenwoordiger van dit waaraan
jou groep vasklou. Dit bring jou velkleur, die taal wat jy praat,
gedrag en alles wat jy of ander dink jy is of nie is nie in gedrang.
Jy moet byvoorbeeld volkome Afrikaner wees of ondergaan. Ter wille van
oorlewing moet jy ook glo jy is daardie ding wat jy eintlik nie is
nie.
Eksistensie is konflik. Vandag se oorloë en rewolusies het 'n duisend
jaar gelede begin en oor nog 'n duisend jaar sal dit bes moontlik nog
aan die gang wees. Die begin het biljoene jare gelede gebeur. Alles
het verander, alles het dieselfde gebly. Plato regeer steeds. Hy stuur
nog op die wêreld af. Jy erf 'n pituêre siel met 'n bol kak vir 'n
derde oog. Die elektroniese brein met sy morele lugleegte spoeg dag na
dag dieselfde boodskap uit: Pas aan of sak uit. Die wêreld verklein.
Dit is 'n universiële hap, die gonswoord is globalisering. Lewe (én
dood) is gereduseer tot 'n advertensie. Die Regop Mens se waarde word
ekonomies bereken. Ook vrede begin op 'n suksesvolle en beklinkte
saketransaksie lyk. Die inligting bombardeer. Inligting is common,
kennis raar. Lewe maak die waarheid onmoontlik. En daar was nooit
genoeg tyd en energie om elke dag te ontleer en om die ou denke te
verban nie. 'n Mens is nie die ding wat jy doen nie.
Die enigste erfenis wat hoegenaamd vir die menslike dilemma waarde kan
hê, is dit wat in die gene ingeskryf is. Die veld is egter nog nie
genoegsaam ontgin nie. 'n Mens weet (nog) nie hoe om dit te benut nie;
waarop die disparate brein gevoed moet word sodat dit tot nut kan wees
nie. Die ontsyfering van 3,1 biljoen biochemiese letters van die
menslike DNS bring mee dat 97 persent van die mens se gene egter nou
gekaart is. Alle belangrike eksistensiële vrae lei na biologie. Met
nuwe kennis en die moontlikhede wat dit skep wat wag op ontginning,
word die ou note dalk nou oplaas vals en kan 'n nuwe wysie ontstaan.
Dogma en wetenskap kan een word: Bestemming kom nie van bo af nie,
maar van die sub-menslike agente van kliere, genes, atome en golwe van
waarskynlikheid. Slegs feitekennis kan intellektuele hunkering stil.
Dit suiwer die siel en neem weg uit 'n wêreld van sinne en korrupsie.
Die matematisering van die menslike ervaring verryk. Die sedelesse en
gelowe wat op ons afgedwing is, is organies verstrooi in die klein
hoekies van die brein. In die reële toestand het dit geen bestaansreg
nie. Werklike realiteit behels matematies berekende bewegings en
meganiese beheer.
Dalk is die DNS-ketting van erflikheid 'n ander realiteit deurdat dit
in die chromosone in volmaakte isolasie in die liggaam leef en
terselfdertyd geskei is van die liggaam. Hulle is immers onsterflike
molekulêre strukture beskerm teen lewe en onaangeraak deur die
elementêre wette van fisika.
Dalk is die kreatiewe daad ook 'n ander realiteit. Die res sou
propaganda kon wees. Dalk behoort verbeelding ook tot 'n ander
realiteit, maar dit is gevaarlik deurdat dit soms te groot is. Dit
vernietig egter die armoede van die dag tot dag bestaan. Daar is soms
'n flits van 'n verlore Utopia in die pre-verbale staat.
Skeppende anargie? Miskien kan elkeen dalk uiteindelik in die toekoms
onbelemmerd by sy eie erf-eiendom, dws sy gene uitkom wanneer dié eers
ontsyfer is. Miskien kan irrasionaliteit en abstraksies hulle uit die
evolusionêre cul de sac vry wring sodat Homo sapiens tot herstel kan
herstel. Dit is soveel genadiger. Dié erfgoed moet werklikheid word.
Sluk dit. Of verwerp dit. Miskien is alles propaganda. Isaac Balshevis
Singer sê in elk geval as realiteit subjektief is, kan 'n mens seker
vir jou die realiteit kies wat jou die beste pas.
On Wed, 17 Oct 2001 19:17:53 GMT, @home.com wrote:
> Volgens die Groot Verseboek is sy in 1938 gebore, en
> moet sy dus nou in haar vroeg-sestigerjare wees as sy nie alreeds
> oorlede is nie.
Interessant. Dankie!
> As ek die
> gedig "Sonneblom" reg verstaan, klink dit vir my asof dit
> 'n lesbiese verhouding is wat in die gedig beskryf word. Mens
> wonder ook of al die verwysings na "mal wees" in haar
> gedigte outobiografies is.
Ja, ek dink sy is 'n mal, gay feminis wat teveel rook en drink, met
vreeslik baie talent. Ek hoop sy leef nog! :-)
Gedurende die tagtigerjare het die "vreemde liefde" wat die digter
I.D. du Plessis in 1937 besing het, en ook in die werk van Hennie
Aucamp in die sestigerjare aan die bod gekom het, in prominensie
toegeneem. 'n Gay belewingswêreld is met meer openhartigheid beskryf
deur onder andere Koos Prinsloo, Johann de Lange, Jeanne Goossen en
Joan Hambidge. Kontestering van heteroseksualiteit as norm en
problematisering en vervloeiing van seksuele identiteit kom ook aan
die bod in tekste van skrywers soos Riana Scheepers, Antjie Krog
(veral in haar bundel Gedigte 1989-1995), Eben Venter, Mark Behr en
Marlene van Niekerk.
Soos die tekste van Lettie Viljoen is Jeanne Goosen (geb 1940) se
tekste tekenend van wat Hélène Cixous éctriture féminine noem - taal
wat logosentrisme beveg en assosiatief verbande lê en patriargale
waardes rakende identiteit ondermyn.'n Voorbeeld hiervan is Lou-oond
1987 met die motto: "Nóg 'n boek deur 'n vrou. Luister vriende, die
wêreld van die kombuis is van mens en God verlate. Dit is 'n toestand
- een van beheerde histerie."
Die konstruering van gender kom ook aan die bod in die novelle Om 'n
mens na te boots (1975) 'n boek wat André Brink 'n sleutelwerk in die
Afrikaanse prosa noem. Die verhaal handel oor Bres, Brim en Dan wat
afgesonderd op 'n kusdorp leef en deur die dorpenaars as afwykend
beskou word. Die geslag van die personasies word nie genoem nie. Die
verhaal eindig met 'n dronkparty waartydens die hoofpersonasies die
dorpenaars probeer naboots deur in clichés te praat.
Goosen se tekste kan tematies en stilisties vergelyk word met die
kortverhale van die Amerikaanse skrywer, Raymond Carver. Mense uit
laer sosio-ekonomiese groepe word verbeeld, die taalgebruik is
gestroop en eenvoudig, tog besonder poëties gelade. Goossen se romans
Ons is nie almal so nie (1990) en o.a. Daantjie Dromer (1993) handel
oor die Afrikanerwerkersklas waar personasies ook tekenend is van die
hele Afrikanergemeenskap. In hierdie opsig is dié tekste voorlopers
van Marlene van Niekerk se Triomf (1994).
Goosen is ook 'n digter en 'n dramaturg van formaat. Haar drama
Kopstukke word as een van die eerste post-feministiese Afrikaanse
tekste beskou.
----
By Hélène Cixous
On definition of écriture féminine:
It is impossible to define a feminine practice of writing, and this is
an impossibility that will remain, for this practice can never be
theorized, enclosed, encoded, coded -- which doesn't mean that it
doesn't exist. But it will always surpass the discourse that regulates
the phallocentric system: it does and will take place in areas other
than those subordinated to philosophical-theoretical domination. It
will be conceived of only by subjects who are breakers of automatisms,
by peripheral figures that no authority can ever subjugate.2
Thomas Hemerken van Kempen, of, Thomas Ŕ Kempis soos hy nou
bekend is. [1] Wie was die kêrel, en [2] vir wat was hy bekend?
en [3] watter taal het hy gepraat?
........... hehehehe .............
--
------------------------------------------------------------ -----
Atheism is the result of ignorance and pride, of strong sense and
feeble reasons, of good eating and ill living.�
JEREMY COLLIER.
------------------------------------------------------------ -----