Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Soek 'n lys ("text file") van algemene Afrikaanse woorde.

Di., 23 Oktober 2001 13:17

Dag mense.

Hierdie rooinek skryf maar min Afrikaans. Om die aantal spelfoute te
verminder wil ek 'n "custom dictionary" opstel vir MS Word met die
mees algemene Afrikaanse woorde. Nou wil ek ook nie 'n ander honderd
rand uithaal vir die beskikbare sagteware. Is daar 'n plek waar ek
net 'n text file kan kry met sowat 5000 algemene Afrikaanse woorde?
Dis dan mos maklik om so lys te "import" in 'n MS Word "custom
dictionary".

Dankie,
AlanC.

Afrikaans, ons taal | 9 kommentare

Resep: Slaaisous.

Di., 23 Oktober 2001 13:15

English Salad Cream: ( die alternatiewe mayonaise)
Druk 2 hardgekookte eiergele fyn.
Meng met 'n houtlepel by die eiergeel:
'n knippie sout, knippie rooipeper ( cayenne), 5ml Engelse mostert. en 5ml
strooisuiker.
Voeg 5ml wit asyn by
Voeg 150ml dik room geleidelik by - roer gedurig
Meng 'n verdere 25ml wit asyn by.
Annette

Kos & resepte | 5 kommentare

Vir Grahame

Di., 23 Oktober 2001 09:43

Grahame,

Jy stuur virusse uit. Ek weet nie of jy bewus is daarvan nie?


Received: from Grahame (vic-dial-196-30-220-221.mweb.co.za
[196.30.220.221]) by tweeter.eldosales.com with SMTP id f9D8vF303464
for ; Sat, 13 Oct 2001 01:57:17 -0700
Date: Sat, 13 Oct 2001 01:57:17 -0700
Posted-Date: Sat, 13 Oct 2001 01:57:17 -0700
Message-Id:
From: Hahaha

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Annette resep asb!

Di., 23 Oktober 2001 06:07

Annette

het jy nie 'n resep vir die sous wat saam met koolslaai gaan nie?

dankie

Shannon

Kos & resepte | 3 kommentare

Davie!!!

Ma., 22 Oktober 2001 06:12

As ek wil reply op iets wat Frikkie geskryf het, kerm my rekenaar oor HTML
en plain text. Volgens my rekenaar is my "news sending format" wel "plain
text". Waar lê die probleem? ...en geen lae houe nie asb. ;) My rekenaar
is so rukkie terug weer oorgelaai en alles is nie soos dit voorheen was nie.

Dankie

Shannon

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Nigerian Letters

So., 21 Oktober 2001 18:57

On Sun, 21 Oct 2001 08:16:16 +0200, "Frikkie Potgieter"
wrote:

>
Ja ou Frikkie, hulle het my ook reeds probeer.
Ek het hulle net geignoreer en later eers gesien
dat hulle redelik uitgebrei werk.

DD

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Was nie 'n Rooikop nie.

So., 21 Oktober 2001 18:38

Kliek my uit as julle hierdie een gehoor het.

'n Besigheidsman koop sy vrou 'n selfoon vir 'n verjaardag geskenk en na
vele gesukkel kry hy dit reg om haar te leer om die ding te werk.

Die volgende dag skakel hy haar van die kantoor om uit te vind of sy die
foon baasgeraak het,

"Ja," sê sy opgewonde, "maar daar is een ding wat ek nie verstaan nie. Hoe
het jy geweet ek is by Pick 'n Pay?"

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Oud stryders

So., 21 Oktober 2001 17:29

Graag wil ek weet of hier ook oud stryders is wat nou gaan, gaan vir
Universiteits opleiding. Sien die regering gaan dit borg. Wonder hoeveel die
stryders wat sê hulle het net St.8 gaan dit maak. Ek leer my gat af om om
kop en stert uit te maak in my IT kursus deur die pos. Sien die regering wou
my nie geborg het die dag toe ek klaar gemaak het met skool. Ek moes maar
loop werk het en hard gespaar om my eerste paar jaar te doen.

Groete
Spook

"Hoesit?" "Nhy sweet soos lemons my broe."

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Antie Skat

So., 21 Oktober 2001 07:13

Tannie jag net tweegatjakkalse, tweegesig-draadsitters,
kewademanne en mense wat op 'n mishoop wil probeer
koning kraai. En mense wat vir tannie sê "jou gat, my
skat."

Tant Hessie, terroris en guerillavegter in
die Derde Vryheidsoorlog.

~~~~~~

En dit na ek my so mooi ingehou het na jou onderrok
reg bo-oor Khayelitsha uitgehang uit? Jou gat, my skat.

Wouter, die onnutsige plaasvarkie, sê tannie moet begin
wharrie. Want hy oorweeg om die skat-deel weg te laat ;-)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

stilte na die storm

Sa., 20 Oktober 2001 19:45

daar's die storm verby. 'n Tipiese Hoëveld storm. Die tipe elektriese
strorm wat die Annette's en ander Kapenaars oornag hulle tasse laat
pak en die lang pad terug Kaap toe aandurf.
Vinnig en fel. Soos Pieter Marais se Burgemeesterskap. Ek hoor die
storm nou nog in die verte. Maar ver genoeg dat daar geen gevaar
vir my modem is meer nie. Ek hoor Pieter Marais ook nog in die verte.
Op die ver horisonne - en dan weer klink dit nog verder weg.
Eintlik is dit vreeslik vermetel om 'n mens se naam in dieselfde asem
te noem as die van so 'n vreemde en felle natuurkrag.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    839  840  841  842  843  844  845  846  847  848  849  850  851  852  853  854    »]
Tyd nou: Do. Apr. 30 08:28:48 UTC 2026