Suid-Afrika en die wêreld kon die afgelope dae sien hoe dat die rand tuimel
van die een laagtepunt tot die volgende laagtepunt.
Aangesien die waarde van 'n land se geldeenheid gesien word as 'n barometer
vir die vertroue wat daar in die land bestaan, is dit duidelik dat
Suid-Afrika nie juis veel vertroue by die wêreld inboesem nie.
Telkens word daar die een of ander rede aangevoer vir die dalende rand.
Zimbabwe bly steeds 'n gerieflike verskoning. Die krisis wat in Argentinië
ontstaan het, het ook 'n geweldige invloed uitgeoefen, en die nuus dat die
adjunk-president van die Reserwebank nie weer sy kontrak gaan hernu nie, het
ook skokgolwe veroorsaak. Met sy vertrek is daar nog 'n bron kundigheid wat
vertrek, en ingevolge die ANC-bewind se affirmative action-program kan 'n
mens maar net asem ophou oor wie sy pos gaan inneem, en wat die nuwe
aanstelling se kwalifikasies, agtergrond en vermoëns gaan wees.
Die werklike rede vir die gebrek aan vertroue moet egter by die ANC-bewind
self gesoek word. As hy nie self bereid is om die dalende rand te ondersteun
nie, waarom sal iemand anders dit dan wil doen? Intussen is daar steeds
onsekerheid oor hoe die ANC werklik staan teenoor Robert Mugabe van
Zimbabwe. Aanvanklik was dit 'n sogenaamde stille diplomasie wat gevolg is,
later 'n sterker standpunt van afkeur, maar intussen blyk dit dat daar
steeds goeie vriendskapsbande bestaan.
Watter belegger het ook lus om sy geld te pomp in 'n land waar daar steeds
dreigemente is van herverdeling van grond? As basiese eiendomsreg nie eers
verseker kan word nie, gaan niemand wat by sy volle verstand is, sy risiko's
verhoog nie. Die feit dat bekende Suid-Afrikaanse maatskappye soos Anglo
American en selfs SA Brouerye op ander beurse noteee en hoofkantore
buiteland toe skuif, stuur ook 'n boodskap van wantroue na die buitewêreld
uit. Dit is algemeen bekend dat groot maatskappye gewoonlik meer weet wat
agter die skerms aangaan omdat hulle 'n bepaalde vermoë tot manipulasie
besit. Dit is dus duidelik dat hierdie groot geldinstellings iets weet wat
die gewone publiek nie weet nie.
Daarbenewens het die ANC-bewind net na sy oorname die land se ekonomiese
status vrywillig verlaag. Die een dag was ons nog 'n ontwikkelde land, en
die volgende dag kondig die ANC aan dat ons nou 'n ontwikkelende land is,
skynbaar in die hoop dat hy ook hier en daar sy hand kan hou vir 'n
aalmoesie van die ryker lande in die wêreld. Die wêreld het dit egter
dadelik vertolk as 'n agteruitgang, en niemand het vertroue in 'n besigheid
of land wat agteruit boer nie. Vandat ons 'n ontwikkelende land is, val ons
in dieselfde kategorie as werklik ontwikkelende lande soos Argentinië.
Vandaar dat die wêreld geen vertroue in ontwikkelende lande het nie, want
skynbaar vorder hierdie lande ook nie juis nie.
Dit is mooi om nou te sê dat die lae randwaarde ons uitvoere bevoordeel.
Maar uiteindelik het die gewone Jan Publiek daar geen voordeel van nie. Dit
is die mynmagnate wat weer die voordeel in hulle sak sit, sonder om dit te
gebruik vir werkskepping of ander welvaartskeppende projekte. Die publiek
voel die teenoorgestelde met brandstofpryse wat styg, wat weer lei tot
verdere stygings op elke terrein.
Die ekonomiese wanbestuur van die ANC-bewind beklemtoon al hoe meer die
noodsaaklikheid van 'n volksekonomie, oftewel 'n ekonomie binne 'n ekonomie.
Hierdie eie ekonomie kan 'n baie magtige wapen wees in ons uiteindelike
algehele volksvryheid.
Op Sondag 20 Desember 1914, vandag sewe en tagtig jaar gelede, het 'n
vuurpeloton van Jan Smuts Jopie Fourie koelbloedig in die agterplaas van die
tronk in Pretoria vermoor.
Hierdie moord was die gevolg van Jan Smuts en Louis Botha se besluit om die
Boerevolk op die offertafel van die Eerste Wêreldoorlog te plaas in hulle
drang om persoonlike aansien by die vyand van die Boerevolk te wen. Selfs
jongmanne wat die Britse moordkampe oorleef het, maar broers, susters en
moeders daar verloor het, is sinies opgevorder om as kanonkos vir Engeland
te dien en Duitswes-Afrika op 'n laakbare wyse binne te val.
Teen hierdie besluit het Jopie Fourie en ander rebelle in opstand gekom. Die
uiteinde van die saak is dat Jopie Fourie voor 'n vuurpeloton vermoor is.
Daarmee het Jopie Fourie en Jan Smuts na vore getree as twee uiterste tipes
in die bestaan van die Boerevolk: Die kolonialer, Smuts, wat enigiets sou
doen om tog maar net 'n kloppie op die skouer by die Engelse veroweraar te
verdien; wat vernederend voor sy vreemde base kruip; en wat die Boerevolk
sinies uitbuit en selfs laat vermoor om sy dienstigheid aan die vyand te
toon.
Daarteenoor die beginselvaste Jopie Fourie wat pal staan by God, volk en
vaderland; Jopie Fourie wat nie soos 'n banggeslaande hond die hand lek wat
die sweep vashou nie. En vandag, soveel jaar na sy dood, dien Jopie Fourie
nog steeds vir elke ware Boer as voorbeeld van onwankelbare trou.
Vandag kan elkeen van ons bepaal of ons op koers is deur onsself af te vra:
Tree ek soos Jopie Fourie op of soos Jan Smuts? Is ek getrou aan God, volk
en vaderland, of doen ek maar soos die vyand vir my voorskryf?
Praat ek Afrikaans, of papegaai ek maar die vyand se terme agterna? Praat ek
ook in die taal van die veroweraar van 'n siedie of seedee in plaas van
straalplaat of straalskyf, wat my Vlaamse neefs my bied? Of het die ou
Transvaal ook al vir my so 'n verleentheid geword dat ek van die vyand se
veroweringsnaam Gauteng of Mpumulanga praat? Is ek nog trots genoeg om my
eie simbole te vertoon, of leef ek al saam met die veroweraar se vlag en
volkslied?
Jopie Fourie het sonder huiwering die hoogste opoffering gemaak. Sou iemand
vir wie dit te veel van 'n opoffering is om 'n Afrikaanse woord of volkseie
simbool te gebruik, 'n Jopie Fourie genoem kon word? Daar is geen
inspanning, geen straf, geen geldverlies, geen gevaar vir iemand wat sy eie
respekteer en bevorder nie. Hoe sou iemand wat so maklik kapituleer en sy
eie taal en simbole prysgee, optree wanneer daar regtig gevaar is en regtig
opofferings vereis word?
Vir sy verraad en verengelsing het Jan Smuts 'n mooi uniform en die rang van
veldmaarskalk gekry. Hy is na vergaderings, onthale en konferensies genooi
en selfs die kans gegee om kruiperig om die Britse koningsgesin te kloek.
Diegene wat vandag Afrikaans versaak om ewe dienstig Engelse terme na te
praat kry niks! Hulle doen dit gratis! Ver van Jopie Fouries, kan hulle nie
eers Jan Smutse genoem word nie, want hy kon darem nog die verskoning van
vergoeding vir sy verraad aanvoor!
Mag die Boerevolk weer 'n volk van Jopie Fouries word! Jopie Fourie het sy
lewe gegee - mag die geskiedenis nie nodig hê om van ons geslag aan te teken
dat ons te pap en te pateties was om uit te staan vir ons eie nie.
As twee miljoen Gautengers gedurende die Kersvakansie uitwyk na die kus en
ander binnelandse vakansieoorde, maak dit klaarblyklik nie 'n duit verskil
aan die populasie hier nie. Totaal teen ons jaarlikse tradisie van wegbly
van enige opeenhoping van die mensdom die laaste Saterdag voor Kersfees, het
ons vanoggend (Saterdag) besluit om te gaan inkopies doen. (Almal is mos in
Durban en die Kaap op die oomblik).
Die Goue Myl van Boksburg Noord is by uitstek ons geliefkoosde uithangplek,
met die East Rand Mall, restaurante en elke ander denkbare inkopiesplek, kan
mens maklik die hele dag daar deurbring. Ongelukkig dink 'n miljoen ander
mense dieselfde as ons. Tientalle restaurante, 'n string bioskope
insluitende een Imax wat nou tradisioneel orals ingepas word, en die
grootste vlooimark in die land, was almal tjokvol van 'n malende massa mense
wat onwetend seker gemaak het dat Gauteng se geld in Gauteng bly.
Ofskoon ons vroeg gery het om parkeerplek te kry, het niks ons voorberei
vir die toestroming van geldblasers soos ons hier ondervind het nie. Dit het
ons teen 12 namiddag, 'n driekwart uur geneem om UIT die parkeerterrein te
kom.
Maar iets het my en die Tannie mateloos gehinner. Daar was deurgaans 'n
totale afwesigheid van ongeduld, onvriendelikheid en ongenaakbaarheid wat
altoos saam met so 'n massa samedromming van mense gaan. Dit was nie die
Kersfeesgees nie. Dit was nie die bykans totale afwesigheid van Swartes
nie - Gauteng het 'n soort van vrywillige apartheid wat geen ander plek het
nie. Daar was iets anders "missing", iets wat ander Kersfese geirriteer
het, en ek kon nie my vinger daarop lê nie. Eers teen laat vanmiddag het dit
my getref soos 'n bom. Dit kon net een ding wees. In nie 'n enkele winkel
het ons Bony M se Little Drummer Boy gehoor nie. Dink jouself dit in:
Kersfees sonder The Little Drummer Boy! Wat 'n deurbraak!!! Halleluja!!!!
Gebruik jou rekenaar om lekker baie geld te maak.
Vir meer inligting stuur n E-mail aan: sbo...@writeme.com.
Gebruik die woort SAMONEY in die vaklyn en plaas jou naam en E-Pos address
in die Hooftext.
Ons praat weer iewers in Januarie. Ek gaan my foon vér wegsteek waar ek hom
nie kan hoor nie. Ek gaan die rekenaar se kragdraad in die kluis toesluit.
Ek gaan ophou skeer. Ek gaan by al Butcher Boys se baie mooi asters aanlê.
Oulike restaurant met baie lekker rooiwyn. Ek gaan tuinmaak lat dit bars.
Ek en die kinders gaan rondhardloop op die strand tot ons tonge uithang en
as dit nie my tong laat uithang nie, gaan ek vir die mooi meisies kyk. Dit
wen elke keer!!
Ek wens een en elk van julle 'n Geseënde Kersfees.
Leuce:
Ek is die nuwe redigeerder by die Open Directory vir die kategorie
"Afrikaans/Nuus". Ek nooi dus enige iemand uit om hul werwe of werwe
waarmee hulle geaffilieer is, daar aan te meld by http://dmoz.org/World/Afrikaans/Nuus/. Die Nuus-kategorie bevat werwe
wat gaan oor nuus, media, radio, tydskrifte, koerante, e-tydskrifte,
aanlyn-nuus, daaglikse nuus, skoolkoerante, ens.
Die Open Directory se data word in verskeie soekstasies gebruik, onder
andere Google. Lysing in die ODP is dus nie te versmaai nie, IMHO.