Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verwelk
verwelk [boodskap #151332] So., 26 April 2026 10:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24963
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwelk
Afbreking: ver•welk


Werkwoord: verwelk
Verlede tyd: het verwelk
Teenwoordige deelwoord: verwelkend, verwelkende
Verlede deelwoord: verwelkte

Betekenis:
• Om te verlep en pap te word (soos 'n plant wat nie water kry nie).
• (figuurlik) Om lewenskrag of varsheid te verloor.

Gebruik:
• Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig. [Jesaja 40:8]
• Hulle liefde het oor die jare verwelk.

Sinoniem:
• opdroog
• uitdroog
• verdroog
• verdor
• vergaan
• verlep
• verslap
• wegkwyn

Afgelei:
• verwelking
• verwelksiekte

Vertaling:
Engels: to wither, wilt; to fade
Nederlands: verwelk


Byvoeglike naamwoord: verwelk
Attributief: verwelkte

Betekenis:
• Wat verdor of sy oorspronklike varsheid verloor.

Gebruik:
• Die boom se verwelkte blare verkleur eers geel en dan bruin.

Antoniem:
• onverwelk

Afgelei:
• verwelkbaar
• verwelklik

Vertaling:
Engels: withered, faded
Nederlands: verwelkt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 26 April 2026 10:20]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: volksdans
Volgende onderwerp: wapad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Apr. 26 11:36:07 UTC 2026