Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kaapstad - ons is besig:)))

Vr., 21 Desember 2001 09:32

In Engels - omdat ek vandag te lui is om te vertaal:
Die telefoonnommmers is inligting onder die Casino het ek bygesit vir SA
inligting.

Since we are stuck here with the weak rand, we can now entertain ourselves
and the tourists who takes advantage of the situation:))

1: Brass band parade over lunchtime
2: Face paintings on Green Market Square
3) Cavendish Magic Castle - skowing the musical the Elves and the Shoemaker
4) MTN Science centre - different projects each day.
5) Adderley Street becomes a market each day from 5pm. Now we cannot drive
through to see the light - we got to walk it.
6) Christmas Carols at Oude Libertas by the CT Philharmonic Choir
7) Spier Amphitheatre stage a Boland pantomine called RooiKoppitjie
8) Big Stakes & Slap Chips - comedy show at the Baxter
9) Carols and nativity Play at the Gardens
10) Night Market in St Georges Mall.

Strange thing is that we always have a Shakespeare play this time of the
year at Maynardville and concerts at Kirstenbosch - both open air- but they
are not mentioned - I am sure they are still on - it is tradition:))

Herewith more info for you guys to make up your minds, get on the plane and
come and sit in the sun:))

Cape Town Tourism: www.cape-town.org - 021-4260
Table Mountain Cableway: www.tablemountain.co.za - 021-4248181
V&A Waterfront: www.waterfront.co.za - 021-4087600
Kirstenbosch National Botanical Garden: www.nbi.ac.za
021-7998783
Cape Peninsula National Park: www..cpnp.co.za 021- 7018682
Winelands Regional Tourism: www.capewinelands.org 021-8720686
West Coast Tourism: www.capewestcoast.org- 022-24332380
Stellenbosch Tourism: www.istellenbosch.org,za -021-8839584
Helderberg Tourism: www.helderbergtourism.co.za - 021-8514002
Canal Walk: www.canalwalk.co.za- 021-5553377
Grand West Casino: http://www.grandwest.co.za
021-505777
Sea Rescue - 021-4493500
Mountain resque - 021-3489900
CT Weerkantoor - 021-082162

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

scsa

Vr., 21 Desember 2001 07:56

Nêrens anders 'n plek soos scsa nie. Dis soos 'n sepie... Jy kan maande nie
lees nie, en as jy dan weer kom inloer is dit maar net weer dieselfde ou
bullshit. Tog kan mens nie hier wegbly nie...

Wou eintlik net kom sê dat julle bittereinders, wat nie (kan bekostig om)
met vakansie (te kan) gaan nie, 'n lekker Kersfees moet hê. Moenie dronk
bestuur nie.

Geniet die somer, dis fokken koud hier...
__________________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Plaasvark is by die see

Vr., 21 Desember 2001 03:41

Ek is met vakansie by die see en groet tot volgende jaar - dis moeilik om
die nuusgroep van hier te volg. Maar ek kan privaat boodskappe ontvang by
plaa...@hotmail.com

'n Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige 2002 vir julle almal!

Wouter

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Kaap

Do., 20 Desember 2001 17:24

Hoe lyk dinge daarin die Kaap met diefstal en al daai walglike dinge deesdae
Annette? Ek wil so 'n bietjie oor Krismis die karoo verlaat en afkom Kaap
toe. Ek behoort darem die stad te oorleef as ek nog na al die jare die
droogtes en donderstorms van die karoo oorleef het. En waar is goeie plekke
teen die see om verblyf te soek. Ek hoor Gordonsbaai en die Strand is glo
darem nie te bad nie.

Groetnis
Spook
"Nou nie jou grootste stads aanhanger nie."

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

SA Nuus?

Do., 20 Desember 2001 12:35

Annette jy het ons hier ver afgeskeep hierdie week, jy het nie vir ons 'n
kort opsomming van SA nuus gegee nie! :-)

Groete
Patricia

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Homoseksualiteit

Do., 20 Desember 2001 06:53

Vir Hilda, Emmy en Gerhard

Ek is regtig jammer vir homos('skuus vir die afkorting) Dit is nie hulle
skuld nie en ek aanvaar dit. Die feit dat nie hulle skuld is nie maak dit
nie reg nie. Om homoseksualiteit te aanvaar as reg en natuurlik sien ek as
geweldige agteruitgang van ons samelewing. Dit is asof die wêreld wil sê:
"Dit is niemand se skuld nie, dit het vanself gebeur so ons moet dit aanvaar
vir wat dit is."
Dit is absolute snert. Geslag word geneties bepaal. Om meer spesifiek te
wees, X en Y kromosome. Sover bekend is daar geen genetiese afwyking wat
homoseksualitiet veroorsaak nie. Dit beteken dat die natuur die persoon
ontwikkel het as 'n spesifieke seks. Enige afwyking daarvan moet dan in
sy/haar denkwyse wees. As dit die geval is, moes iets/iemand dit veroorsaak
het. Ek sê nog as ouers oplettend genoeg is, sal hulle dit vroeg genoeg
optel sodat so 'n kind betyds die regte behandeling kan kry en daarby bedoel
ek sielkundige behandeling. Die oorsaak moet vasgestel word en iets omtrent
gedoen word. Ouers en die samelewing moet ophou om hul hande te probeer was
in onskuld. Homoseksualiteit word veroorsaak. Die blote feit dat homos
self ongemaklik voel oor hul situasie moet tog al klaar sê dat iets nie reg
is nie. Dit is nie 'n natuurlike verskynsel nie. Om dit nou te begin
goedpraat steek net die oorsake nog verder weg en nog meer kinders word
geaffekteer.
Dit is my opinie, my standpunt en deel van my lewenswaardes.
Sakkie

Koeitjies & kalfies | 71 kommentare

Geloofs Poslys

Do., 20 Desember 2001 02:40

Goeiemore Boere Manne en Vroue,
Soos baie van U alreeds weet het ek weer `n probeerslag gegee en die Geloofs Poslys aanmekaargesit, eintlik net aangaan.

Baie bekendes onder oud Boere is alreeds daar en ek wil graag `n beroep doen op elke Boer daarbuite om deel te raak van hierdie Groep.

Ons het vooraf besluit dat ALLE (Boere) Gelowe welkon sal wees onder die Boere en dan gaan ons praat oor menings en verskille.
Ons gaan nie persoonlike aanvalle toelaat nie en as iemand Bv. sê dit klink nie lekker nie dan moet hy ten minste met iets kom wat dan wel lekker klink anders moet daar maar eerder stil gebly word.

Ek het met die paar op die oomblik alreeds baie waardevolle inligting bekom.
Kom saam met ons,ons Bid vir mekaar, probeer mekaar help waar ons kan, Geestelik sowel as finansieël.
(Niemand betaal geld in of per maand nie, so dis def. nie `n "Baalkerk) wat met foefies aan die gang is vir hulle eie sakke nie. Indien iemand hulp vra sal dit uit mede Boere se sakke kom en nie "korrupte" koffers nie.

Slegs deur gebed op ons knieë en voor die Almagtige sal ons wees saam soos die Boere te Bloedrivier `n verskil kan maak aan hierdie chaotiese land van ons.

Groete
Frikkie
Stuur slegs `n Lee boodskap aan:
Geloof-s...@topica.com

ESé 034:31 En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense,
, Ek is julle God, spreek die Here HERE.
MAT 007:06 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle
pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle
pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
NEH 013:25 Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek, en sommige
van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer:
Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van
hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!

Stuur slegs `n Lee boodskap aan:

Geloof-s...@topica.com


Geloof & kerksake | 0 kommentare

musiek

Wo., 19 Desember 2001 23:55

waar kan ek afrikaanse musiek download op die internet (napster is dood

Musiek & liriek | 2 kommentare

Eerstedagkoeverte - wie stel belang?

Wo., 19 Desember 2001 18:38

Ongeveer die volle reeks van Transkei vanaf onafhanklikheid geteken duer
Matanzima ens.

Weet enigiemand wat dit werd is en waar mens dit kan bemark?

Dankie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Medikasie of nie?

Wo., 19 Desember 2001 17:06

Vandag na Sê Wie geluister oor die hofsaak en die kwessie dat die staat nie
wil nie, maar almal ander wil dat vrouens wat Vigs het en swanger raak
behandeling moet kry sodat die virus nie op die baba oorgedra kan word nie.
Ek het geen probleem daarmee nie - maar ek sou graag wil hê dat daar een
voorwaarde gestel word - dat alle vroue wat met vigs gediagnoseer word
gesteriliseer behoort te word - en diegene wat wel geboorte gee na
behandeling, net na geboorte gesteriliseer word.
In Natal is daar 'n werklose ouma wat na 19 vigswesies omsien van
familielede wat gesterf het. Ek is seker daar is boeties en sussies - hulle
is nie almal enkelinge nie.
Die kinders is nog nie een getoets nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1834): [ «    810  811  812  813  814  815  816  817  818  819  820  821  822  823  824  825    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 27 02:23:36 UTC 2026