Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

RASSISME FINALE SPYKER IN DOODKIS VAN SA KRIEKET

Wo., 02 Januarie 2002 18:52

RASSISME FINALE SPYKER IN DOODKIS VAN SA KRIEKET

2 Januarie 2002

Die naakte rassisme van mnr Percy Sonn, vorrsitter van SA Krieket, wat sy
vetoreg gebruik het om te verseker dat 'n tweede speler van kleur in die SA
krieketspan vir die derde toets teen Australië opgeneem word, is laakbaar.
Op hierdie wyse word 'n reeds-beleërde SA span nog verder verswak, aangesien
sowel Ntini as Ontong tans hoegenaamd nie krieket van toetsgehalte speel
nie. Die besluit is ook geensins tot voordeel van Ntini of Ontong nie,
aangesien hulle die stryd moet aanknoop in die wete dat hulle bloot as
"tokens" gebruik word.

Hierdie onbesonne stap gaan gewis 'n demoraliserende uitwerking op die span
as geheel hê, aangesien hulle die wêreldkampioene moet aandurf in die wete
dat politici en beamptes se eie agendas hulle merieteloos tot 'n verswakte
span degradeer.

Hierdie tipe besluite het 'n vernietigende uitwerking op nasiebou in
Suid-Afrika, en sal eerder lei tot wrewel en frustrasie wat geensins
bevorderlik is vir goeie verhoudinge tussen die bevolkingsgroepe in
Suid-Afrika nie. Die rol wat die minister van Sport, Nconde Balfour speel
deur sy voortdurende inmengery en gesanik oor swart spelers wat kwansuis
benadeel word, moet ook nie misgekyk word nie.

Soos in die staatsadministrasie en die ekonomie, is prestasie en sukses op
die sportveld ook die beste waarborg vir ontwikkeling en groter geleenthede
vir almal. Deur meriete oorboord te gooi word groei, vooruitgang en
effektiwiteit benadeel, ten koste juis van die sogenaamde benadeeldes.

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Vakansie?

Wo., 02 Januarie 2002 07:30

Hou al die gelukkige duiwels nog vakansie? Ek mis vir DD en om nie eers van
die Pompdonkie te praat nie!

Reis & vakansie | 7 kommentare

Nuwejaarswens vir julle!

Wo., 02 Januarie 2002 07:12

In n wêreld wat ons nie aldag verstaan
mag geluk en vrede die weg baan

Mag die pyn van hierdie jaar
en die konflik wat ons soms ervaar
ons sterk maak om die lewe te daag
met optimisme en sonder verdere klaag

Mag ons genoeg goed in ander vind
om in mekaar te glo soos n kind
n sagte anwoord keer die grimmigeheid af
al raak ons soms ook tog erg laf

My wens is n vreugde wens vir jou -
Mag 2002 een wees waaraan jy sal klou
Mag jy sommer baie goeie daaruit haal
sonder om een enkele keer te mag faal!

Dankie vir jou wat my lewe raak
dit maak tog vir my baie saak.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hi honey, I'm home!

Wo., 02 Januarie 2002 07:07

hoop almal het `n baie lekker kersfees gehad en dat `n jaar vol
voorspoed voorle.

ry hom bloots!

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

'n Wonderlike Nuwejaar aan Almal

Ma., 31 Desember 2001 04:10

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

emmy even off-line

So., 30 Desember 2001 19:26

Vanaf 1 januari 2002 stopt mijn provider met de service
en mijn nieuwe provider heeft deze nieuwsgroep niet op zijn lijstje
staan...
Ik zoek nog een oplossing....

Aan alle deelnemers van deze nieuwsgroep een heel mooie jaarwisseling
en alle goede wensen voor 2002....

Morgen ben ik er nog ;-))
grt emmy

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die Mishoop-vergadering

So., 30 Desember 2001 09:36

Die maand Desember is gewoonlik 'n rustige tyd in die politiek. Die jaar
1912 was egter 'n uitsondering en dan sommer 'n uitsonderlike uitsondering.
Dit was 'n woelige, spannende maand omdat Gen JBM Hertzog, die groot
kampvegter vir die Afrikaner na die Engelse Oorlog, die konsiliasie-politiek
van Gen Louis Botha aangeval en verwerp het as lid van die Botha-kabinet. So
skep Gen Hertzog 'n nuwe polarisasie in die politiek - Afrikanernasionalisme
téénoor Gen Louis Botha se verengelsingsbeleid.

Dit was 'n moeilike tyd. Skaars 12 jaar vroeër is die republikeinse
Afrikaner se geledere verdeel in Bittereinders aan die een kant en
hensoppers en joiners aan die ander kant. Terwyl daardie verdeling nog vars
is, kom daar weer 'n verdeeldheid. Dit gaan wesenlik oor dieselfde saak as
gedurende die oorlog net die rolspelers verskil.

Die vraag nou is of die Afrikaner geestelik, kultureel, polities maar deel
moet word van die Engelse wêreld waarin hy nou staatkundig vasgevang is. Gen
Hertzog se antwoord is Nee ! en daarom hys hy die vaandel van
Afrikanernasionalisme. In die Unie van Suid-Afrika kom dit amper neer op
hoogverraad teen Engeland ! Maar Gen Hertzog se standpunt : Daar kan vir die
Afrikaner net stilswyend en hoflike opgaan in die Engelse leefwêreld wees of
manlike, onaangename stryd vir die handhawing van 'n selfstandige
Afrikaner-Volksbestaan. Dit was 'n moeilike keuse met die oorweldigende
Engelse kulturele en politieke mag teenoor die Afrikaner.

Geen wonder dat Gen Hertzog se toespraak by De Wildt Gen Louis Botha
paniekerig laat reageer om Gen Hertzog uit die kabinet te kry. Hy wou die
Engelse paai en maak dan sy eie mense kwaad. So skryf een van Gen Hertzog se
vriende aan hom : "En so, ou vriend, is jy dan vir tyd en wyl op die altaar
van papbroekigheid gelê."

Op 28 Desember word 'n landswye vergadering in Pretoria gehou om Gen Hertzog
te steun. Ongeveer 5 000 mense woon die vergadering in Prinsespark by waar
die sprekers 'n komposhoop as 'n platform moes gebruik. Een van die
hoofsprekers was Gen Christiaan de Wet wat daar gesê het : " ... dat hij
liever op een mesthoop onder zijn eigen volk was, dan op het schitterendste
spreekgestoelte onder vreemdelingen ..." Hy het sy toespraak ge-eindig om
dat vra dat sy volk : " ... moesten hun nationaliteit niet weggeven ..."

Gen Hertzog het na die Engelse Oorlog die simbool en stem van
Afrikanernasionalisme geword. Hy laat die Afrikaner polities her-rangskik om
sodoende die vlam van Afrikaner-nasionalisme brandende te hou.

Die Mishoop-vergadering word 'n baken in die heroplewing van
Afrikanernasionalisme en help om Afrikanernasionalisme as een van die
invloedrykste strominge in die Suid-Afrikaanse politiek te vestig.

Koeitjies & kalfies | 46 kommentare

KRIEKET !

Sa., 29 Desember 2001 14:17

Uit hierdie moeras kan slegs 'n blanke lelie spruit ...
Keppler is soos 'n moses in hierdie dae ...
Daar is slegs een manier om die arrogante "flyfarmers" (Australianers) se
smoele te sluit ...

**********************************
Agter elke donker wolkie 'n silwer randjie,
kyk vir jou persentjie in die wasgoedmandjie ...
**********************************

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

matriekuitslae

Vr., 28 Desember 2001 03:39

In die geheel is die verbeterde matriekuitslae bemoedigend. 'n Slaagsyfer
van 60% is 'n aansienlike verbetering op syfers van onder die 50% enkele
jare gelede.

'n Sinvolle vergelyking met verlede jaar se syfers is baie moeilik,
aangesien die groter aandeel van jaarpunte in die eindpunt 'n positiewe
uitwerking op die resultate kon hê.

Die situasie in Mpumalanga, waar die slaagsyfer van 53% na 46% gedaal het,
is uiters kommerwekkend. Dit is veral opvallend dat Mpumalanga juis die
provinsie is waar die onderwysowerhede 'n vendetta voer teen voormalige
model C skole. Mpumalanga se rassitiese onderwysagenda het hom nou gewreek
op die gehalte van sy onderwys. Die AEB doen 'n beroep op die minister van
Onderwys, Kader Asmal, om spesiale maatreëls te tref wat Mpumalanga se
onderwysowerhede sal dwing om van eie agendas af te sien, presterende skole
met rus te laat en te konsentreer op hul basiese taak.

Die slaagsyfer van 99% onder die 5 414 kandidate van onafhanklike skole,
moet spesiaal vermeld word. Hierdie prestasie moet dien as 'n wekroep tot
die minister om privaatskole met rus te laat en dit as 'n belangrike bate in
die onderwysopset van Suid-Afrika te beskou. Pogings tot inmenging in die
leerplanne wat deur hierdie skole gevolg word, moet onmiddellik laat vaar
word, aangesien die uitslae 'n bewys is daarvan dat die verbesondering van
hul leerplanne die beste resultate oplewer.

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Zimbabwe: Suid-Afrika se regering steun Mugabe se vernietigende beleidsrigtings

Vr., 28 Desember 2001 03:37

Zimbabwe: Suid-Afrika se regering steun Mugabe se vernietigende
beleidsrigtings

In...@groep63.org.za

Niks het Suider-Afrika die afgelope jare soveel skade berokken as pres.
Robert Mugabe se skending van die demokrasie in Zimbabwe en die steun van
die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) vir hierdie noodlottige
beleidsrigtings nie.

Wat die situasie vererger, is Suid-Afrika se steun aan pres. Mugabe. Die
Suid-Afrikaanse regering het byvoorbeeld op 11 Desember 2001 as lid van 'n
afvaardiging van ministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
(SAOG) sy volmondige steun aan pres. Mugabe toegesê.

Daarmee is die ideaal van 'n Afrika-Renaissance en die ekonomiese opbou van
Suider-Afrika waarskynlik die ergste terugslag in jare toegedien. Die
Suid-Afrikaanse rand het onder andere as gevolg hiervan in wat genoem word
in 'n "vryval" gegaan met verreikende ekonomiese gevolge vir alle
Suid-Afrikaners. Op een stadium het dit 40% van sy waarde sedert die begin
van die jaar verloor.

Met sy optrede van 11 Desember en in die weke daarna het die Suid-Afrikaanse
regering vir die eerste keer amptelik en openlik sy gewig op hierdie hoë
vlak by die despotiese pres. Mugabe ingegooi wat elke denkbare beginsel van
die demokrasie in sy land ondermyn het en nou besig is om 'n eens florerende
ekonomie ten gronde te rig.

Veral fataal was die Suid-Afrikaanse regering se instemming met pres. Mugabe
se wanvertolking dat die Zimbabwiese kwessie oor grond gaan - terwyl dit
duidelik is dat grond bloot misbruik word as instrument vir sy
herverkiesingsveldtog.

Suid-Afrika se steun aan Zimbabwe is daarna bevestig met 'n besoek van die
ANC aan Zanu-PF en 'n verklaring deur die ANC wat ontken het dat daar enige
verdeeldheid tussen hulle bestaan. "Pres. Mbeki is 'n vriend van pres.
Mugabe en sal dit bly," het die ANC gesê.

Veral belangrik is dat die SA Regering hiermee volledig bevestig het dat die
Groep van 63 gelyk gehad het toe hy op 5 Mei vanjaar in 'n omvattende
strandpuntinname verklaar het:

"Die Suid-Afrikaanse regering verleen, volgens alle aanduidings, steun aan
die regering van Zimbabwe, en oefen geen 'stille diplomasie' uit om die
bewind van pres. Robert Mugabe tot ander insigte te bring nie."

Die Groep was vir 'n baie lang tyd die enigste wat die oënskynlik weifelende
en lukrake optrede van pres. Thabo Mbeki korrek vertolk het as steun aan die
Zimbabwiese regering.

In teenstelling hiermee het 'n groot groep Suid-Afrikaanse waarnemers
volgehou dat pres. Mbeki met sogenaamde "stille diplomasie" probeer om pres.
Mugabe tot ander insigte te bring. Selfs die Minister van Justisie, dr.
Penuell Maduna, se uitlating op 7 Maart vanjaar dat Zimbabwe die oppergesag
van die reg in ere hou - wat heeltemal onwaar was - het hulle nie van
standpunt laat verander nie.

Om verstaanbare redes wil veral 'n minderheid soos die Afrikaners maar graag
glo dat pres. Mbeki gekant is teen pres. Mugabe se beleid.

Na die jongste gebeure kan die Groep van 63 se vertolking egter nie meer
weerlê word nie. Die ondertekening deur die Suid-Afrikaanse lid van die
SAOG-afvaardiging, mnr. Membathisi Mdladlana, van 'n SAOG-verklaring van
vier bladsye waarin al die versekeringe van die Zimbabwiese regering sonder
meer aanvaar is, is die verdoemendste getuienis tot dusver en geheel en al
oortuigend.

In die verklaring word geen kritiek teen die Mugabe-regime uitgespreek nie,
maar eerder "besorgdheid" oor die "verwronge" en "negatiewe" persepsies wat
deur die internasionale en streeksmesia uitgedra word" - 'n dag voordat die
Zimbabwiese opposisieleier, mnr. Morgan Tsvangirai, deur pres. Mugabe se
polisie gearresteer is op 'n klaarblyklik kunsmatige klag.

As vernaamste streeksmoondheid het Suid-Afrika met sy steun sodoende
meegehelp om die Abuja-ooreenkoms van 6 September, waarvolgens die
Zimbabwiese regering wet en orde moet herstel en die demokrasie moet
handhaaf, verder te ondermyn.

Die SAOG-verklaring en die ANC se besoek aan Zanu-PF is opgevolg met 'n
waarskuwing deur die Statebond dat dit sal oorweeg om Zimbabwe te skors as
gewelddadige plaasbesettings en politieke viktimisasie nie gestop word nie.

Hierdie verklaring toon maar net weer hoe uit pas Suid-Afrika is met die
siening van die Statebond, waarvan hy 'n lid is.

In plaas daarvan om die stem van rede en 'n baken vir die demokrasie in die
streek te wees, het die Suid-Afrikaanse regering hom gevoeg by diegene wat
met hulle optrede besig is om die demokrasie en alle vooruitsigte van
ekonomiese herstel te vernietig.

Hiervoor gaan alle Suid-Afrikaners, maar veral die armes, in die volgende
maande 'n duur prys betaal.

Soos tydens die apartheidsjare, het Suid-Afrika met sy houding standpunt
ingeneem teen die fatsoenlike demokratiese internasionale mening. Die
volgende instellings het byvoorbeeld die Mugabe-regime oor die afgelope
maande veroordeel:

Die VN se kommissaris vir menseregte, mev. Mary Robinson

die Internasionale Balieraad

die Statebond

die Internasionale Kommissie vir Juriste (ICJ)

die president van Suid-Afrika se Konstitusionele Hof en die waarnemende
Hoofregter van Suid-Afrika

die Zimbabwiese Balieraad

die Zimbabwiese Prokureursorde

die Amerikaanse Kongres

die Europese Unie

'n groot aantal menseregtegroepe soos Amnesty International, Human Rights
Watch en soortgelyke organisasies binne Zimbabwe en

die International Crises Group.

Veral insiggewend is dat die Amerikaanse president, pres. George W. Bush, op
Vrydag, 21 Desember 2001 die Zimbabwe Democracy and Economy Recovery Bill
onderteken en dit gevolglik 'n Amerikaanse wet gemaak het. In die betrokke
wet word voorsiening gemaak vir sanksies teen Zimbabwiese leiers.

In die SAOG-verklaring het Suid-Afrika egter die betrokke strafmaatreël
gekritiseer!

Die Europese Unie is ook in 'n gevorderde stadium om sanksies teen Zimbabwe
in te stel. 'n Vergadering tussen die EU en die Zimbabwiese regering word
binnekort in Brussel, België, gehou volgens 'n EU-meganisme wat voorsiening
vir laaste gesprekke maak voordat sanksies ingestel word.

Die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, asook etlike
individuele Europese regerings, het reeds opgehou om Zimbabwe geldelik te
help.

Intussen weier die Mugabe-regering om internasionale waarnemers vir Maart se
presidentsverkiesing toe te laat in stryd met etlike verklarings van die
Statebond en EU wat pres. Mugabe reeds onderteken het.

Terwyl 'n Amerikaanse hof reeds beslis het dat pres. Mugabe se Zanu-PF
verantwoordelik was vir intimidasie en geweld tydens verlede jaar se
parlementêre verkiesing, het menseregte-organisasies soos Human Rigts Watch
duidelik gesê dat die Zimbabwiese regering menseregte skend. Oorgenoeg
getuienis bestaan dat die vlak van geweld, wat politieke moorde,
viktimisasie en geweld insluit, geensins afneem nie.

Die gesaghebbende International Crisis Group (ICG) wat onder leiding van 'n
gewese president van Finland, mnr. Martthi Ahtisaari, staan, het onlangs, na
'n ter plaatse ondersoek, 'n lywige verslag vrygestel waarin hy verklaar het
dat Zimbabwe hom in 'n "baie ernstige krisis" bevind en dat die staat aan
die leiding van die geweld in die land staan.

Die ICG het aanbeveel dat die internasionale gemeenskap sanksies teen
Zimbabwe instel as pres. Mugabe nie tot besinning kom nie.

Suid-Afrika se steun as SAOG-lid aan Zimbabwe het feitlik volledig saamgeval
met 'n uitspraak deur die Amerikaanse onderminister van buitelandse sake,
mnr. Walter Kansteiner, vroeg in Desember in Pretoria dat Amerikaanse
kongres, pres. Thabo Mbeki (sic!), die Europese Unie en die Statebond dit
eens is dat die situasie in Zimbabwe nie goed verloop nie, dat dit nie in
die regte rigting beweeg nie en dat die internasionale gemeenskap en die
streekbure beswaar moet maak.

Intimidasie, regeringsgesteunde geweld en 'n verbod op buitelandse
joernaliste in die land is deel van 'n patroon wat aandui dat ons nié te
doen het met 'n deursigtige, oop proses nie, het hy gesê.

Kort nadat Suid-Afrika as SAOG-lid sy steun aan Zimbabwe se regering
uitgespreek het en voordat die ANC se afvaardiging Harare besoek het, het
Zimbabwe se inflasiekoers tot hoër as 100% gestyg. Pres. Mbeki en die
Suid-Afrikaanse Regering het egter verkies om hieroor te swyg.

Pres. Mbeki het tot op hede elke denkbare geleentheid verspeel om die skade
wat sy Zimbabwiese ampsgenoot die sub-kontinent berokken, te versag of teen
te werk. In plaas daarvan het sy onbeholpe beleidsrigtings die ontwrigtende
en vernietigende gevolge van die beleid vir Suid-Afrika eerder verhoog.

Dit was nog altyd die Groep van 63 se standpunt dat die Zimbabwiese situasie
relevant vir die Afrikaanse minderheid is omdat minderheidsbelange daar
wesenlik ter sprake is. Pres. Thabo Mbeki se optrede sou beslis as
belangrike toets dien om sy houding oor minderhede te probeer peil.

Die Afrikaanse minderheid behoort tot aansienlike ongerustheid gestem te
word as hy waarneem hoe Suid-Afrika se staatshoof 'n beleid van intimidasie
en vervolging teen 'n magtelose klein minderheid in 'n buurland goedkeur.
Nie net gee Suid-Afrika sy steun aan die manipulering van die regbank en die
skending van die oppergesag van die reg nie, maar ook aan die aanhoudende en
stelselmatige rassistiese viktimisering van 'n lojale, maar magtelose klein
minderheid.

Vir die Suid-Afrikaanse Regering is sy standpunt so belangrik dat hy bereid
is om die internasionale mening teen te gaan en oor 'n lang tydperk self 'n
ekonomiese offer te bring met die verlaging in die waarde van sy
geldeenheid.

Dit beloof nie goed vir die toekoms nie.

Werkkomitee van die Groep van 63

Pretoria, 26 Desember 2001.

Navrae: Koos Malan 082 3722 045

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    808  809  810  811  812  813  814  815  816  817  818  819  820  821  822  823    »]
Tyd nou: So. Apr. 26 23:28:44 UTC 2026